FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

’n Klassieke stukkie gruwelgenot

Fritz Mouton

Basket Case
Regisseur: Frank Henenlotter [1982]

Basket CaseDie griller is geskep met ’n mikroskopiese begroting deur ’n eens onbekende reggisseur en obskure groepie akteurs. Toe word Basket Case wraggies ’n klassieke stukkie gruwelgenot!

Waar ek gewoonlik verkies om vaag te bly oor die storielyn vir maksimale effek van die film, word die basiese verhaal bekend gemaak op die agterkant van die video-omslag, so hier volg dit in ’n neutedop:

Die storielyn speel af rondom Duane Bradley en sy siamese tweelingbroer, Belial.

Belial is nie veel meer as ’n misvormde kop, twee belaglike arms en ’n opgevoude stukkie rugstring nie. Basket Case skop af in die hede met Duane wat ’n bo-menslike sterk Belial ronddra in ’n mandjie. In die middel van die prent word die kyker getrakteer op ’n redelike lang agtergrondverhaal wat ons insig gee oor die broers se geboorte tot en met hul eerste afskeid van mekaar. Die boeties se gruweldade is dan ook skielik binne konteks …

Die grootste deel van die fliek is verfilm in die rou agterstrate van New York, wat soos Taxi Driver (1976) en Hardcore (1977) pragtig gebruik maak van dié wanhopige, depressiewe omgewing. Die toneelspel is realisties en melodramaties met ’n magdom onheilspellende tonele wat die kyker in ongemak dompel. Vir mense soos ek wat grafiese elemente in gruwelflieks geniet is daar oorgenoeg om voor te koes. Die gruwel word egter nooit so oordoen dat dit buite konteks raak en dinge bederf vir alle liefhebbers van dié genre nie.

Monstereffekte, alhoewel ’n bietjie oudmodies, is nog uiters effektief. Daar word gebruik gemaak van klei-animasie en rubberpoppe, maar met slim regie, puik kamarawek en eersteklas toneelspel word moderne spesiale effekte geensins gemis nie. Die donker realisme van die prent maak in elk geval staat op die afwesigheid van oorbodige foefies.

Basket Case is ’n blywende, atmosferiese en puik film wat ’n sprekende voorbeeld is van hoe goed dinge kan verloop as ’n prent buite die Hollywood-mikrosisteem vervaardig word. Boonop spog dit met ’n verrassende einde wat Hollywood-filmbase sal haat.

Alhoewel die begroting klein was, is daar tonne entoesiasme en dryfkrag teenwordig.

Die film kry 5 uit 5. Sommige sensitiewe kykers sal deur van die tonele ontstel word — vir die met senuwees van staal is ’n moet.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.