FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Harry Potter and the prisoner of Azkaban

Suzette Myburgh

Spelers: Daniel Radcliffe, Emma Watson, Rupert Grint, Michael Gambon, Maggie Smith, Robbie Coltrane, Alan Rickman, Tom Felton, Emma Thompson, Gary Oldman, David Thewliss
Regisseur: Alfonso Cuarón

Die derde Harry Potter-fliek het enorm gebaat by die nuwe regisseur. Veel is verwag van Alfonso Cuarón, wat oorgeneem het by Chris Columbus en wat 'n paar jaar gelede wyd lof ontvang het vir Y Tu Mama Tambien, en nie verniet nie. Die Mexikaner kom met 'n vars nuwe aanslag wat veral visueel treffend is.

Eerstens het hy die wyse besluit geneem om hom by die sentrale verloop van die intrige te hou en die subtemas (soos byvoorbeeld die verwydering tussen Hermien en Harry-hulle) links te laat. Die regisseur se grootste probleem bly natuurlik hoe om die geleidelike opbou van die intrige, met al die klein leidrade wat in die boek so terloops verskaf word, in 'n veel korter verteltyd ingepas te kry. Cuarón kry dit nie foutloos reg nie, veral aan die begin van die verhaal. Dis byvoorbeeld nie duidelik dat Harry per ongeluk die Ridderbus ontbied het toe hy sy towerstaf in die lug gesteek het nie, sy ontvangs in Die Kokende Pot en gesprek met die Minister vir Towerkuns gebeur sommer so sonder aanloop, asook die aankoms van die Weasleys. Oulik soos dit is, kon die regisseur Die Monsterboek van Monsters eerder hier uitgelaat het en meer tyd aan die logiese verloop van die gebeure bestee het.

Die ander plek waar hy myns insiens kleigetrap het, is Harry-hulle se ontmoeting met Sirius in die Kermende Krot. Eers is Sirius net so aggressief soos Harry, maar dan verander hy soos handomkeer en kort voor lank bewonder hulle saam die maan. En volgens my fliekgesel, wat nie die boek gelees het nie, was hy heeltemal verlore oor waar Pieter Pansegrouw, alias Wurmstert, in die storie inpas.

Aan die positiewe kant is daar egter baie wat 'n verbetering op die vorige fliek is. Die magiese diere is strate beter - veral die hippogrief is waarlik indrukwekkend. (Harry se Titanic-oomblik op sy rug kon egter maar gebly het!) Wat die visuele inkleding betref, het die tipiese glansvoorkoms van Columbus se flieks plek gemaak vir 'n donkerder, amper greinerige atmosfeer met meer natuurlike beligting. Die stilering is uitstekend, en op 'n subtiele manier lyk die kinders se klere en haarstyle werklik hedendaags - en dis 'n verligting dat Hermien nie meer so engelagtig mooi en blink geborsel is nie.

Kollega André Crous het opgemerk dat hierdie Potter-fliek veel meer "volwasse" is, en inderdaad slaag Cuarón daarin om dit nie soos 'n "kinderfliek" te laat voel nie, dieselfde moeilike balans wat JK Rowling so goed handhaaf in haar boeke. Hier en daar sorg hy vir 'n tipiese mooi "kunsfliek-toneel", byvoorbeeld nabyskote van bome of 'n skoot waar die wenteltrappe van bo af gewys word. En die Woelige Wilg wat 'n paar onskuldige voëltjies in die verbyvlieg hap dat die vere spat, het my groot plesier verskaf!

Een aspek waar die fliek vir my werklik uitgestaan het bo die boek - en dit sê veel - is die uitbeelding van die terugbeweeg in tyd met behulp van die Tyddraaier. Deur die fynbeplande plasing van merkers (soos die weerwolf se geroep en Hagrid se pot wat stukkend gegooi word) beleef 'n mens dié tydreis as volkome geloofwaardig.

Daniel Radcliffe se spel as Harry het bevredigend gegroei, en dis duidelik dat hy en sy twee kamerade nou besig is om groot te word. Michael Gambon as professor Dompeldorius is 'n geslaagde opvolger vir Richard Harris, maar my gunsteling onder die nuwe akteurs is Emma Thompson as die eksentrieke professor Trelawney. Ook Gary Oldman as Sirius en David Thewliss as Lupin is goeie keuses - beide pas goed by hul karakters soos 'n mens hulle verder uit die volgende boeke in die reeks leer ken.

Die volgende Harry Potter begin met die opwindende internasionale Kwiddiektoernooi - ek kan nie wag nie!


Koop die boek vandag!
Buy the book today!
In geval jou kennis van Harry Potter nie so goed is nie, koop die lesersgids!
Klik hier vir die amptelike Harry Potter webwerf



LitNet: 24 Junie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.