FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Top 10 flieks vir 2002

André Crous

cinephile2@yahoo.com

1. Y Tu Mamá También (And your mother too)
2. In the bedroom
3. A beautiful mind
4. Amélie
5. Ocean’s 11
6. What to do in case of fire
7. No man’s land
8. The majestic
9. Lord of the rings: The two towers
10. Signs.

Hierdie was ’n goeie jaar vir flieks. Laat ek begin deur te sê dat die filmkyker se lewe onreg aangedoen is deur die besluit om nommer een, Y tu mama, NIE op die sogenaamde “kommersiële” circuit vry te stel nie. Dit het alles gedoen (en meer as) wat ’n fliek veronderstel is om te doen. In die besonder, dit het my weer lewendig laat voel.

Vier buitelandse “nie-Amerikaanse” flieks verskyn op hierdie lys. Ek dink nie dat dit ’n opsetlike aanval op Hollywood-flieks is nie. Die intelligensie van die buitelandse filmmaker is net eenvoudig hoër as die van die Amerikaner.

Die eerste ses maande van 2003 lyk reeds baie belowend, met titels soos About Schmidt, Chicago, Adaptation, Far from heaven, The hours, Scorsese se Gangs of New York, Roman Polanski se The pianist en Pedro Almodóvar se Habla con ella. Dan is daar natuurlik ook Matrix reloaded.

Ongelukkig, soos ek hierdie jaar met sulke gruwelike pogings soos Spider-man en Star wars, episode II: Attack of the clones uitgevind het, kan jy nooit enigiets met sekerheid voorspel wanneer dit kom by die kwaliteit van flieks nie. Die negatiewe van laasgenoemde twee flieks moet weggeneem en verbrand word.

As die fliek sleg is, is dit sleg, en jy moenie toelaat dat die hype jou anders oortuig nie. Net omdat Spielberg die een is wat Minority report gemaak het, of Sam Mendes (van American beauty) die regie van Road to perdition gedoen het, beteken dit nie dat dit noodwendig goeie flieks is nie.

Ek hoop dat 2003 se flieks my meer gaan verras as teleurstel. Flieks behoort ons tog uiteraard te vermaak.

Lekker fliek.


Y Tu Mamá También (And your mother too)
Ek sou nooit kon raai het dat ’n “teen movie” eerste op só ’n lys kan verskyn nie. Dié fliek is volwasse in alle opsigte, met aangrypende insigte wat die kyker beter betrek — en met veel meer intelligensie — as die meerderheid sogenaamde “ernstige” kunsflieks. Die fliek, uit Mexiko, is ’n diamant wat my met uiters eenvoudige tegniek meer vertel as wat ek gedink het moontlik is in ’n fliek. Waarskynlik die beste fliek van die laaste vyf jaar.

In the bedroom
So baie dinge kon so maklik met hierdie fliek foutgeloop het. Maar alles loop reg, die heeltyd reg. Verskeie tonele bestaan uit die minimum dialoog en vertrou slegs op die akteurs. En watter toneelspel! Hierdie fliek het geen haakplekke nie, en ek was verstom om te kyk na ’n fliek wat dit regkry om ons — en ek weet steeds nie heeltemal hoe nie — binne-in die karakters se koppe te plaas. My toekenning vir die beste aktrise van die jaar gaan aan Sissy Spacek.

A beautiful mind
Danksy hierdie fliek weet almal vandag wat die term skisofrenie beteken. Ons beweeg met gemak saam met ’n storie wat oor vyftig jaar strek. Die fliek is nie histories korrek nie, maar hoekom moet dit wees? Wiskunde was nog nooit soveel pret of wiskundiges so interessant nie. My toekennings gaan aan Russell Crowe vir die beste akteur (die feit dat Denzel Washington die Oscar gekry het, bewys net wat ’n bedrogspul die Oscars eintlik is) en aan James Horner vir die beste musiek.

Amélie
Die mees positiewe fliek van die jaar, wat bewys dat ’n fliek nie eers ’n villain nodig het om ons te vermaak nie. Goeie mense word beloon en slegte mense kry die straf wat hulle toekom. Die fliek het my oorrompel met sy verbeelding en kreatiwiteit. Die mees toeganklike Franse film in jare.

Ocean’s 11
Ons ken die meeste akteurs hier by naam. Brad Pitt. Julia Roberts. George Clooney. Matt Damon. Andy Garcia. En tog steel niemand die show nie. Die draaiboek is vol twists, en dis waarskynlik die één fliek op hierdie lys wat jy onmiddellik weer kan kyk. Die beste suiwer “Hollywood”-fliek van die jaar.

What to do in case of fire
Dié fliek herinner ons daaraan dat die kamera werklik enige plek geplaas kan word, en dat regisseurs (neem kennis, Hollywood!) nie behoorlik van hul voorregte gebruik maak nie. ’n Antikonformistiese storie met lekker, opwindende, rewolusionêre karakters, wat die storie dryf met hul humor en eienaardighede.

No man’s land
Bloed hoef nie op die lens te spat om ons daaraan te herinner dat mense in oorloë sterf nie. Epiese stories hoef nie epiese lengtes of epiese budgets te hê nie. ’n Briljante draaiboek wat duidelik uitwys dat oorlogvoering net ’n gejaag na wind is. Niemand wen wanneer die soldate self nie eers behoorlik weet waarvoor hulle veg nie. Alles kulmineer met die laaste shot.

The majestic
’n Fliek oor die towerkrag van flieks. Ek het die fliek as ’n metafoor gesien vir die identiteitsgewende kwaliteit van flieks, en die feit dat ons almal se lewens geaffekteer word deur dit wat ons op die groot skerm sien. Die lewe van Jim Carrey se karakter verkry letterlik nuwe betekenis en die blonde meisie het regte gaan studeer omdat sy The Life of Emile Zola gesien het. Ongelukkig te lank, en verloor sy krag op die klein skerm.

Lord of the rings: The two towers
Die fliek het meer los drade as Fellowship, en dit funksioneer nie op sy eie — dit wil sê, los van die ander flieks in die trilogie — nie. Die fliek is egter ’n bewys van die sterk visie van Peter Jackson en sy vermoë om ons te betrek by die dade van ’n spul karakters wat ons deur die loop van die komplekse storielyn goed leer ken. Die slag by Helm’s Deep word ingeskryf by die bestes in die geskiedenis van flieks.

Signs
’n Kommersiële fliek, met briljante oomblikke van spanning, wat die groot vrae rondom die bestaan van God en die einde van die wêreld vra. Vreemde groen mannetjies uit die buitenste ruimte word gelukkig tot ’n minimum beperk, en Shyamalan vestig homself as een van vandag se top-regisseurs met ’n fliek wat sy ander werk oortref.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.