FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Adaptation

Coenraad Walters

Met: Nicholas Cage; Meryl Streep; Chris Cooper; Tilda Swinton.
Draaiboek: Charlie (en Donald!) Kaufman, gebaseer op Susan Orlean se boek The Orchid Thief.
Regie: Spike Jonze.

John Laroche (Cooper) steel skaars orgideë uit natuurreservate in Florida. Hy word gevang en ’n koerantberiggie oor dié inhegtenisname trek die aandag van Susan Orlean (Streep). Sy is skrywer vir The New Yorker en skryf ’n artikel oor Laroche. Hierdie fassinerende karakter blyk so gewild te wees onder haar redakteurs en lesers dat sy gevra word om die artikel tot boeklengte uit te brei. Die resultaat is The Orchid Thief, ’n boek (roman? reisverslag?) wat opsluit tot rolprentdraaiboek verwerk moet word (en soek dit maar op amazon.com, dis daar!).

Roffel die tromme vir die toetrede van Charlie Kaufman, ’n werklik bestaande persoon (en draaiboekskrywer van die Jonze-treffer Being John Malkovich van 1999). In Adaptation word hy beliggaam deur Nicholas Cage. Kaufman moet die boek verwerk vir die groot skerm, maar selftwyfel, skrywersblok en ander psigologiese probleme verhoed hom om produktief te wees.

Terselfdertyd woon sy tweelingbroer Donald by hom (’n fiksionele karakter, maar tog medegenomineer vir ’n Oscar vir Beste Verwerkte Draaiboek, asook ander toekennings!) en besluit om sy werkloosheid te omskep in die bestaan van ’n draaiboekskrywer. Sy cliché-belaaide riller The 3 word in ’n ommesientjie uitgespyker en vir ’n plaashuis vol geld verkoop. Geen aansporing vir Charlie nie: hy wil die unieke aard van Orlean se prosa vasvang. Die deurbraak kom wanneer hy besluit om homself in die draaiboek in te skryf en die sentrale konflik van die draaiboek te vind in sy stryd om die roman te “adapt”.

Groot gaap. Ten spyte van knap vertolkings deur Cage as die tweeling, Streep as die skrywer en bowenal Cooper as die vreemd obsessionele plantdief met sy ontstellende verlede, gee ’n mens later gewoon nie om oor wat met die karakters gebeur nie. Wat maak dit saak of Kaufman die draaiboek voltooi en ’n meisie kry wat sê sy’s lief vir hom? Wie gee om oor nog ’n gefrustreerde middeljarige New Yorker wat op ’n eksotiese stukkie owerspel vertrek? Wie gee om of ons met waarheid of fiksie te doene het? Die een karakter wat empatie ontlok, is Laroche, en hy’s die enigste een wat deur ’n groot reptiel bygekom word. Kon ’n mens nie die kaaimanne/krokodille/alligators omkoop om meer en groter dele van die draaiboek weg te byt nie? Veral groot dele van die hoofkarakters. Dan had ’n mens opwinding, en ’n korter fliek!

As ek na ’n uur geloop het, was Adaptation ’n interessante fliek met ’n vars idee. As ek die laaste halfuur gemis het, was dit so-so en ’n skewe glimlag werd. Maar nie sedert Magnolia het ’n prent my so mateloos geïrriteer nie. En dis nie die weird aard van die draaiboek wat dit bewerkstellig het nie — ek hou van weird, maar dit moet intelligent weird wees. Die betrokkenes hier begin net te veel van mekaar en hulself hou — hulle het my as kyker nie nodig nie. Oor Magnolia het ek stelselmatig van opinie verander; Adaptation sal dit alleen met groot moeite regkry.

Regverdigheidshalwe moet ek lesers vra om medefliekvlooi André Crous se resensie elders op dié ruimte te lees. Hy is positief oor die prent. Besluit dan maar self of dit die moeite werd klink. Vir my het dit nie gewerk nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.