FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The dish (2000)

Coenraad Walters
Met: Sam Neill (Cliff Buxton); Kevin Harrinton (Mitch Mitchell); Tom Long (Glenn Latham); Roy Billing (burgemeester Bob McIntyre); Genevieve Mooy (May McIntyre).
Draaiboek: Santo Cilauro; Tom Gleisner.
Regie: Rob Sitch.


Min mense op aarde vandag kan hulle daarop roem dat hulle leef sonder enige invloed van die Amerikaanse kultuur. Kyk waar kry ’n mens nie oral Coke- en Mc Donalds-advertensieborde nie, om nou maar twee ikone uit te lig. Soms is hierdie invloed egter besonder positief; en soms word selfs die positiewe invloed só verwerk dat die unieke karakter van ’n verafgeleë plekkie behoue bly.

So ’n plekkie is die dorpie in die enorm-uitgestrekte Australiese platteland waar ’n ambisieuse burgemeester (Billing) ’n groot radio-teleskoop laat oprig het, in die middel van ’n skaapveld, en hierdie installasie blyk van onskatbare waarde te wees vir NASA tydens die maanlanding van 1969.

Te midde van die opwinding van die samewerking tydens hierdie epogmakende okkasie word ’n aantal dorpenaars aan die kyker voorgestel in hul unieke kleindorpsheid. Op ligte wyse word lief en leed uitgebeeld; erns en luim wissel mekaar af. Die grootdoenerigheid waarmee die dorpie die Amerikaanse ambassadeur en die Australiese eerste minister ontvang word gekonstrasteer met die erns wat by die teleskoop heers wanneer hulle ’n onvergeeflike fout moet herstel. Maar, soos ook hier te lande, maak ’n boer ’n plan en ten slotte werk alles goed uit. Selfs al is die hoof van die spannetjie wetenskaplikes, Cliff Buxton (Neill), se vrou nie meer met hom om dié geleentheid te deel nie.

Die natuurlike en eerlike spel is die prent se grootste bate. Die akkurate inkleding van die laat sestigerjare is knap en die draaiboek se dialoog val so natuurlik op die oor dat ’n mens die raamvertelling (waarin Buxton as ou man terugkeer na die teleskoop) maar kan miskyk.

Is dit die snaaksste fliek van die jaar? Stellig nie, hoewel kykers hulle kan verkneukel aan werklike, warm mense. Dis die fliek se groot hart wat dit onthoubaar maak. Nie noodwendig ’n ondubbelsinnige MOET nie, maar ’n aangename verhaal wat gemoedelik en plesierig vertel word. Miskien iets vir die kassie of op video.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.