FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Moulin Rouge

Suzette Kotzé
Spelers: Nicole Kidman, Ewan McGregor, John Leguizamo, Jim Broadbent, Richard Roxbough
Regisseur: Baz Luhrmann

Moulin Rouge kan met een woord beskryf word: skouspelagtig. Wat natuurlik gepas is vir ’n film oor dié berugte Paryse plesierplek van die laat 1800’s en vroeë 1900’s.
      Die storie is eenvoudig: dis die jaar 1900 en Christian (Ewan McGregor), ’n jong Londenaar met ambisies om ’n skrywer te word, begeef hom na die kosmopolitaanse Parys (met sy pa se streng waarskuwings nog klinkend in sy ore). In sy losieshuis maak hy kennis met Henri Toulouse-Lautrec (John Leguizamo) en sy groepie Boheme wat repeteer vir ’n eksperimentele teaterstuk. Maar om “Spectacular, Spectacular” op die planke te kry, het hulle geld nodig. Die oplossing is om Satine (Nicole Kidman), Parys se beroemdste courtisane en hoofdanser in die Moulin Rouge, sover te kry om ’n ryk man te oorreed om die nodige geld beskikbaar te stel. Deur ’n sameloop van omstandighede raak Christian sommer medeskrywer aan die toneelstuk en word hy afgevaardig om Satine met sy klinkende poësie te oorreed vir hulle saak.
      Intussen het die eienaar van die Moulin Rouge ander planne met Satine: hy belowe haar vir die aand aan ’n ryk hertog, ’n man wat betaal met duur juwele — Satine sing dan ook hartstogtelik “Diamonds are a girl’s best friend”. ’n Slapstickagtige verwarring van identiteite volg, maar die uiteinde is dat beide Christian en die hertog dol verlief is op Satine.
     Satine, egter, het ambisies om ’n groot aktrise te word sodat sy vir haar ’n beter lewe kan skep, en sy oorreed dus die hertog om “Spectacular, Spectacular” te laat opvoer, met haar in die hoofrol. Agter hierdie drama lê die groter lewensdrama: Satine is sterwend aan tering. Maar die skouspel moet voortgaan, soos die impresario sê, tot die bitter einde.
     Die Australiese regisseur Baz Luhrmann het sy reputasie as ’n off-beat filmmaker gevestig met Strictly Ballroom en William Shakespeare’s Romeo & Juliet. Met Moulin Rouge word dit vertienvoudig. Hy bied ’n skouspel van dans, kleur, beweging, verskuiwende kamerahoeke, fantasietonele en polsende musiek wat asemrowend is. Soos in A Knight’s Tale word moderne musiek anachronisties gebruik, selfs Madonna se Like a Virgin!
     Oor die somtotaal van hierdie film, wat eintlik ’n musiekblyspel is, sal kykers heel moontlik verskil. Sommige sal mal wees daaroor, ander sal sê dis goedkoop en slonserig, en boonop is die verhaal van gedoemde liefde flou en afgesaag. Wat seker is, is dat Luhrmann se styl nie almal se smaak sal pas nie.
     Na my mening slaag Luhrmann juis daarin om met sy oordadige styl ’n gevoel weer te gee van die skemerige onderwêreld waarin sy karakters lewe. Die Moulin Rouge staan vir ’n hele tradisie, een wat maklik met die afstand van tyd oorgeromantiseer kan word. Maar dit kon beslis nie ’n maklike lewe gewees het om ’n prostituut te wees wat uitgelewer is aan die man wat die meeste betaal nie — as hy jou koop, koop hy ook die reg om met jou te maak wat hy wil. Ja, die groot liefde word half triviaal en klugtig aangebied, maar die waarheid wat bly steek, is een wat net die gehardste sinici sal kan aflag: dat die belangrikste ding in die wêreld is om lief te hê en liefgehê te word.
     Nicole Kidman en Ewan McGregor skitter in hul onderskeie rolle, en hul mooi sangstemme is werklik ’n verrassing. Richard Roxbough is knap as die hertog, en Jim Broadbent voldoen aan die stereotipe van die impresario. Toulouse-Lautrec en sy troep was darem te hansworserig vir my smaak — almal behalwe die Argentyn wat ’n onvergeetlike tango-toneel lei (’n slim manier van Luhrmann om sommer hierdie stukkie dansgeskiedenis ook by te werk).
     Moulin Rouge is beslis een van die grootste gebeurtenisse op vanjaar se fliekfront, so as jy wil saampraat, moet jy maar self gaan kyk!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.