FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Luzhin defence (2000)

Coenraad Walters

Met: Emily Watson; John Turturro; Geraldine James; Mark Tandy; Orla Brady; Christopher Thompson; Stuart Wilson
Draaiboek: Peter Berry (gebaseer op die gelyknamige roman van Vladimir Nabokov)
Regie: Marleen Gorris

Na enkele Nederlandse films het Marleen Gorris onder die wêreld se aandag gekom met die Oscar-wenner Antonia (1995; ter wille van diegene wat net verwerkte Engelse titels van nie-Engelstalige rolprente ken: Antonia’s line). Daarna het sy ’n wonderlik sensitiewe filmweergawe van Virginia Woolf se roman Mrs. Dalloway (1997) geregisseer, en dit opgevolg met hierdie eweneens sensitiewe verwerking van ’n Nabokov-roman, The Luzhin defence.

In ’n klein Italiaanse stadjie trek die wêreld se skaakgeesdriftiges saam om ’n nuwe wêreldkampioen te kroon. Die inkleding suggereer die tydperk voor 1914, maar die stryd tussen die twee top skaakspelers van die dag is emosioneel gesproke net so heftig as wat die oorlog later op die slagvelde sou woed. Hierdie twee sterre is die wêreldwyse, gemoedelike Italianer Turati en die wêreldvreemde gewese Rus Luzhin.

Luzhin (Turturro) ontvang die meeste aandag, aangesien hy die verwikkeldste karakter is. Skaak is so ’n oorheersende obsessie by hom dat hy uiters ongemaklik is tussen ander mense en minimale aandag skenk aan byvoorbeeld sy kleredrag en sy vermoë om met ander mense te kan gesels oor koeitjies en kalfies. Dat hy hoegenaamd ander mense oplet, is ’n wonder; hoe hy daartoe kom om Natalia Katkov (Watson) om haar hand te vra, word wel gesuggereer, maar getuig eerder van bykans dierlike instink as van sosiale grasie.

Natalia is egter sedert haar jong dae lief vir beseerde diere en menslike verskoppelinge. Luzhin interesseer haar eindeloos en sy besluit om haar ouers se weersin en weerstand te ignoreer en wel met hom te trou. Sy is bereid om deur dik en dun by hom te staan — en haar voornemens word deeglik beproef. Die sjarmante Fransman, graaf Jean Stassard (Thompson), haar ma se gunsteling, moet maar die toedrag van sake gelate aanvaar; sy sosiale verfyning voorkom egter dat hy hom suurbek onttrek.

Deur middel van uitgebreide terugflitse word Luzhin se sielkundige agtergrond geskets. Die kyker sien dat skaak reeds ’n jarelange obsessie is, en dat dit ook tydens Luzhin se vorige besoek aan die kampioenskap feitlik sy lewe bedreig het deur die hoë spanningsvlak wat hy ervaar. Sy vader (Tandy) het hom later in die hande van ’n skaakonderwyser, Valentino (Wilson), gelaat, maar dié het hom na etlike jare in die steek gelaat en sy reeds sensitiewe gees verder geknou.

Nou daag Valentino weer by die kampioenskap op, as ondersteuner van Turati. Deur Luzhin se ou spoke op loop te sit, hoop hy om Turati te laat wen.

Liefde, obsessie, wraak, ineenstortings, konkelwerk — dit klink eerder na ’n strooisage of ’n aksiefliek as hierdie delikate rolprent oor skaak. Met fyn inkleding en skitterspel deur veral Watson en Turturro styg The Luzhin defence bo die gemiddelde uit, die effens sentimentele slot ten spyt. Selfs al weet jy bloedmin van skaak, sal jy goed kan byhou en raaksien dat die titel enersyds dui op ’n skaaktaktiek en andersyds op Luzhin se fatale sosiale en psigiese Achilleshiel.

Liefhebbers van periodeprente wat diepsinnig kommentaar lewer oor die menslike aard en nie bloot ’n tydperk uitbeeld nie, en kykers wat ’n prent waardeer oor ’n gekwelde, geobsedeerde genie (vergelyk byvoorbeeld Shine (1996) oor die pianis David Helfgott of Passion (1999) oor die komponis Percy Grainger) moet The Luzhin defence nie misloop nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.