FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Planet of the apes (2001)

Coenraad Walters

Met: Mark Wahlberg, Helena Bonham Carter, Tim Roth, Kris Kristofferson
Draaiboek: William Broyles jr (gebaseer op die roman van Pierre Boulle)
Regie: Tim Burton

Pierre Boulle se roman het lankal klassieke wetenskapfiksie geword: ’n ruimte-ekspedisie wat skeefloop, verplasing in tyd, niemenslike spesies met gevorderde intelligensie — noem maar op. Ek wil my verbeel dat ek hierdie verhaal in my prille(r) jeug in ’n Afrikaanse vertaling gelees het. (Terloops: daar is in die vyftiger-, sestigerjare talle vertalings van Europese letterkunde gepubliseer, tans natuurlik onverkrygbaar. Kan dit nie weer elektronies beskikbaar word nie, met of sonder ’n goeie skrop deur ’n redakteur?)

Hierdie prent is ook nie die eerste verfilming van Boulle se verhaal nie: in 1968 was Charlton Heston die groot held. (Daar was ook — te verwagte — ’n string opvolgprente.)

Want natuurlik is daar (soos in soveel verhale) ’n ongewone held. Kaptein Leo Davidson (Wahlberg) stort neer op ’n planeet waar die ape die oppergesag voer en mense agterlike wesens is. Mense word as slawe benut en geminag. Leo is egter nie van plan om sy lewe as slaaf te slyt nie en werp alles in die stryd om terug te gaan huis toe. In die proses word hy gehelp deur die opstandige dogter van ’n aapsenator (Bonham Carter) en een van haar pa se aapwerkers. As Leo hom weer kom kry, het hy onwillekeurig die mense se leier geword in die veldslag teen die ape, en ’n paar goeie idees gebaseer op tegnologie wat hy kan beheer, lyk of dit die mense die oorhand wil gee. Tog begin dinge skeefloop — en dan vind ’n handboekgeval deus ex machina (die god uit die masjien van die antieke Griekse teater) plaas. Dis egter nie waar die verrassings ophou nie …

Skitterende grimering maak van menslike akteurs oortuigende ape: die skone Helena (Bonham Carter) sal nooit weer dieselfde wees nie! Wahlberg is ’n oortuigende aksieheld, en Roth ’n goeie booswig. Spesiale effekte speel ’n belangrike rol: daardie ape kan darem SPRING, hoor! En die gevegstonele herinner aan prente soos Braveheart en Henry V — ten spyte van die tegnologie kom hierdie soort bakleiery erg Middeleeus voor!

Die draaiboek is spitsvondig en daar is heelwat flonkeringe humor, onder meer in die karakter van die slawehandelaar wat teen wil en dank by die mense geskaar word. (Ek ken egter nie Boulle se roman goed genoeg — en die 1968-prent glad nie — om te weet in hoe ’n mate die verhaal aangepas is nie.) Wanneer die ape die situasie bespreek met die mense wat byna handuit wil ruk, dink ’n mens aan die huidige konferensie oor rassisme in Durban, en dan ervaar jy die gesprekke as ’n satire op rasseverhoudings — nie soseer ’n aangename besef nie.

Tog kan ’n mens ook net agteroor sit en die verhaal geniet, al strek dit ook soms geloofwaardigheid ’n ent ver. Planet of the apes vertel ’n pakkende verhaal op ’n tegnies knap wyse en kan as goeie vermaak aanbeveel word.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.