FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Songcatcher

Suzette Kotzé
Spelers: Janet McTeer, Aidan Quinn, Pat Carroll, Jane Adams, Gregory Cook
Regisseur: Maggie Greenwald
Vertoontyd: Vanaf 3 Augustus

Musiek word deur sommige beskou as die hoogste uitdrukking van die mens se skeppingsvermoë, en die krag van musiek was al die tema van talle rolprente. Onder hulle kan Songcatcher haar plek beskeie maar met trots inneem.

Regisseur Maggie Greenwald (The Ballad of Little Jo, 1993) se belangstelling in die oorsprong van folk- en countrymusiek het gelei tot dié film wat afspeel in die afgeslote berggemeenskappe van Appalachië aan die Amerikaanse Ooskus. (Die naaste wat mens seker in Suid-Afrikaanse terme daaraan kan kom, is Dalene Matthee se karakters in haar beroemde Bos-romans; wat die musiek betref, die Briels!) Haar hoofkarakter is gebaseer op die ware verhaal van Olive Dame Campbell, wat saam met haar predikantman in 1908 na Appalachië gereis het en bekend is as een van die streek se bekendste “songcatchers” (die bergmense het dié term gebruik vir enigeen wat liedjies versamel).

Dr Lily Penleric (Janet McTeer), ’n musiekdosent aan ’n universiteit, word nogmaals oorgesien vir bevordering ten gunste van ’n manlike kandidaat. Sy pak summier haar goed en gaan kuier vir haar suster (Jane Adams), ’n onderwyseres by ’n klein skooltjie in die Appalachiese berge. Daar ontdek sy ’n musiekskat van ou Skots-Ierse ballades wat al van so vroeg as 1746 gesing en gespeel word. Weens die afgesonderde bestaan in die berge is dié weergawes suiwer behou uit die moederland en histories van ontsaglike groot waarde. In ’n poging om tog die universiteitspos te kry, begin Lily haar pynlik noukeurige navorsing om die liedere op te teken en op grammofoonbande te verewig. Dié taak is egter nie so maklik soos wat dit klink nie: die swaar grammofoon moet te voet teen onmoontlike steiltes uitgesleep word en aanvanklik is die bergmense glad nie gretig om hul liedjies vir ’n buitestaander te sing nie.

Lily kry dit uiteindelik reg om die vertroue van die ou matriarg Viney Butler (Pat Carroll) te wen en dit gee haar toegang tot die musiek van die mense. Viney se aantreklike kleinseun, Tom Bledsoe (Aidan Quinn), ’n musikant in eie reg, het egter geen ooghare vir die doktor nie — wat hom betref, wil sy die bergmense se kulturele skatte steel op dieselfde manier wat mense van buite hul grond vir ’n appel en ’n ei opkoop om minerale te myn.

Soos die tyd verbygaan, leer Lily die bergmense in alle omstandighede ken, veral in die manier hoe hul musiek met elke aspek van hul lewe verweef is — kindergeboorte, die kerklewe, partytjies, liefdesintriges, bittere swaarkry, ou vetes, ’n begrafnis — en haar verblyf daar bou op tot ’n verrassende klimaks.

Songcatcher is ’n genotvolle film wat gedra word deur ’n sterk storielyn, goeie karakterisering en interessante subplots. Die aanbieding is eg en onsentimenteel en die armoedige bergmense word nie geromantiseer of in Hollywood-styl opgepolish om hulle “beter” te laat lyk nie. Janet McTeer is perfek in die rol van die sterk, onkonvensionele vrou wat haar nie laat onderkry in ’n manlik gedomineerde wêreld nie, en Aidan Quinn is baie oortuigend as ’n geharde hillbilly. Pat Carroll en Jane Adams gee eweneens stewige vertolkings.

Dis nie ’n “groot” film nie (tegnies het dit enkele foute, soos ’n paar abrupte oorgange aan die begin), maar dis beslis die kyk werd. En vir diegene wat belang stel in musiekgeskiedenis en bewaring (ook die rol wat hoër geleerdheid en die akademie hierin speel) is dit ’n moet.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.