FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The gift

Coenraad Walters

Met: Cate Blanchett, Greg Kinnear, Keanu Reeves, Hillary Swank, Giovanni Ribisi
Draaiboek: Billy Bob Thornton, Tom Epperson
Regie: Sam Raimi

Soos gereelde lesers seker nou al weet, is ek nie lief vir rillers nie. Tog, toe ek onlangs in die ry staan om te gaan fliek, sien ek The gift se plakkaat, bekyk die rolverdeling, en verander net daar van plan. En al hou ek nie daarvan om te skrik nie, was dit tog ’n goeie idee.

Die spelers dra geweldig baie daartoe by om die relatief eenvoudige verhaaltjie (so ’n stukkie X-files sonder die flitse …) te laat oortuig. Maar dis nie verbasend nie:

  • Cate Blanchett was ’n ongelooflike Elizabeth I van Engeland, en is uit ’n Oscar gekroek deur ’n flou Gwyneth Paltrow. Ook in Oscar and Lucinda het sy haar staal getoon.
  • Hillary Swank het verlede jaar twee hoogs verdiende Goue Beeldjies vasgehou vir Boys don’t cry (lees resensie elders in dié ruimte).
  • Greg Kinnear is genomineer as die gay kunstenaar in As good as it gets, en was onlangs in Nurse Betty (lees resensie elders in dié ruimte).
  • Keanu Reeves het ek nog selde in ’n fliek gesien — slegs die uitdagende My own private Idaho van Gus van Sant. Maar hier toon hy dat hy nie net ’n plakkaatgesiggie is nie.

    Eers tydens die openingstitels merk ek dat een van die draaiboekskrywers Billy Bob Thornton is: sy opspraakwekkende Sling blade (1996), waarin hy ster, regisseur en skrywer was, speel ook af in die Amerikaanse Suide soos The gift. Thornton se betrokkenheid is nog ’n rede om die prent ernstig op te neem.

    Blanchett is Anne Wilson, ’n skynbaar doodgewone enkelma van twee seuns in ’n klein dorpie in die Suide van die VSA. Maar sy het ’n gawe: sy kan deur aanvoelings, drome, visioene en spesiale kaarte dinge omtrent die toekoms agterkom. Wanneer die skoolhoof (Kinnear) haar aan sy verloofde voorstel, voel sy iets onaangenaams aan. Kort daarna verdwyn die verloofde en die polisie klop hoogs skepties maar ten einde raad by Anne aan. Sy help hulle om die lyk te kry.

    Haar sukses bring haar egter in nog hewiger konfrontasie met Donnie Barksdale (Reeves), ’n aggressiewe vroueslaner wat Anne ’n heks noem en haar reputasie in die dorpie bedreig. Die belangrikste rede vir sy aggressie is Anne se raad aan sy vrou Valerie (Swank) — dat sy nie die mishandeling moet duld nie. Hierdie element van die verhaal maak dit ook duidelik dat haar gawe in ruim mate gebaseer is op gesonde verstand — haar gesprekke met haar “kliënte” verskil nie veel van wat in ’n sielkundige se spreekkamer sou gebeur nie! Haar kontak met Buddy Cole (’n intense Ribisi) moet teen dié agtergrond gesien word. Anne se getuienis help om Donny in die tronk te laat beland, maar sy dring later daarop aan dat die saak heropen moet word.

    Uitstekende spel, ’n vlot verhaal, goeie en interessante effekte en bespiegeling of Anne se gawe ’n seën of ’n vloek is. Ten slotte is The gift moontlik nie die mees oorspronklike riller nie, maar dis knap aanmekaar gesit en heel genietbaar.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.