FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Hannibal (2001)

Coenraad Walters

Met: Anthony Hopkins; Julianne Moore; Ray Liotta (Paul Krendler); Giancarlo Giannini (Commendatore Rinaldo Pazzi; Gary Oldman
Draaiboek: David Mamet en Steve Zallian, gebaseer op Thomas Harris se roman Regie: Ridley Scott

Kuns is boos, het Grootvader Opperman dekades gelede al vir ons verduidelik, en die feit dat Hannibal die swaartepunt in hierdie rolprent is, bewys weer eens daardie opvatting. Boosheid is nou eenmaal interessanter as goedheid. Daarom wou ons hierdie opvolger van The silence of the lambs op die groot skerm sien, al het ons goed geweet om nie voor die tyd te eet nie.

Ek het Harris se Silence gelees ná ek Jonathan Demme se uitstekende en Oscar-beloonde verfilming gesien het — en ek was enige oomblik net so bang vir die boek as vir die prent. En elke keer wanneer ek weer na die prent kyk, is ek van voor af angsbevange. Toe ek Hannibal egter lees, was ek nooit bang nie. Gegril het ek egter gegril, ja!

Hoekom had die prent my dan bang? Moontlik omdat ek banggemaak wou wees. Moontlik omdat die donkere stelle, die spel met kleure waarvoor Scott bekend is, die redigering en die visuele suggestie ’n kyker kan meesleep (as jy meegesleep wil wees — my twee kykgenote was nie een bang nie!). Tegnies is dit ’n interessante prent, en die pragtige klankbaan van Hans Zimmer dra hiertoe by. Kyk ’n mens egter na die ellelange lys foute in die prent, die sogenaamde “goofs”, wat op die Internet Movie Database aangedui word, skrik jy as jy sien watter lomphede deurgeglip het (en ek het nie een van hulle opgemerk nie …)

Moet ’n mens nog die storie opsom? Wel, Hannibal is na tien jaar nog op vrye voete. Een van sy slagoffers wat ongelukkig genoeg was om te oorleef, is skatryk en wraaksugtig — hy beplan om Hannibal self te laat vang en op ’n baie besondere manier te martel en te laat sterf. Clarice Starling red hom egter, net om sy gevangene te word. Weens die vreemde verhouding tussen die twee doen hy haar geen leed aan nie, maar hy wreek haar loopbaanstruikelblokke op diegene wat haar belemmer (dis hoekom ’n mens nie vooraf moet eet nie …)

Dit was van meet af duidelik dat die roman se slot nie getrou verfilm sou kon word nie: die Amerikaanse kykerspubliek sou nie ’n Starling in die kloue van die kannibaal (hoekom dink ek nou skielik aan King Kong?) aanvaar nie. Is die film se slot meer of minder problematies as die roman s’n? Besluit maar self: ek het gedink hulle sou veel meer besonderhede weglaat in die prent!

Dikwels word ’n nuwe musical afgemaak met: Ag, niemand kan die wysies agterna fluit nie! Dit sê iets van die twee prente dat hoeveel kykers Hannibal se woorde oor die lewer, die boontjies en die “nice Chianti” kan opsê, maar huis toe gaan na die tweede prent met slegs: “Okey dokey, here we go!”

Moet dus nie ’n tweede Silence gaan soek nie. Moet ook nie gaan foute soek nie. Gaan geniet Hopkins se gekultiveerde boosheid, Gary Oldman se skaars herkenbare wraak, Julianne Moore se spel in ’n rol waarin sy nie so baie die f-woord hoef te nuanseer nie, Zimmer se musiek.

Geniet?!? Genugtig, waarvan praat ons hier? ’n Absolute monster — geeneen sal wil erken dat ons 100% dieselfde genetiese materiaal as daardie persoonlikheid kan hê nie. En ons moet vir onsself verduidelik waarom ons so gefassineer is deur sy doen en late.

Slaap lekker, Clarice …

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.