NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Willem de Vries is gebore in Durban. Hy het klas geloop by die Kaapse Technikon en die destydse Blou Okapi-koffiewinkel in die Eikestad. Hy was ’n kort tydjie ’n vryskut in Tafelberg en Human & Rousseau se bemarkingsafdeling. Tans is hy in Die Burger se redaksie. Hy geniet vakansies in Ladismith in die Klein Karoo. Baie.   Willem de Vries

Kort indrukke van twee kroeë twintig minute van mekaar af

011
Baie van die 20somethings in die advertensiewese se heroute was daar met hul selfone wat belangrik kriek in die na-ure. Die kitsch kroegie is nog jonk en die Birkenhead bier droog op halfpad deur die aand. Kaapstad se cutting edgerati suig lang betoë deur die rook van ’n honderd sigarette. Hoe dieper die nag raak, hoe intenser raak die seepboksers se pleidooie te midde van ’n posse stoïsynse meisies wat op al die regte tye lag.

INTERMISSIE
Langstraat word nouwel Kloofstraat, maar dit bly ’n lang straat. Dis al vroeg laataand en die eerste aandeters loop al rooiwang uit die restaurante uit, party nog in hulle werkersklere. Die ding wat my opval van die groepies versadigdes en ingelegtes is dat hoe groter die groep mense is, hoe groter is dié se lagbuie. Alleenlopers mag slegs effens glimlag. Halfpad boontoe, sien ek ’n stillerige plekkie aan my linkerkant, buite is ’n opslaanswartbord met die aankondiging “LIVE CRICCKET”. Die plekkie lyk maar leeg in die verbygaan en ruik die ene Doom. So much vir die live cricket dink ek met ’n smile. Flenters straatkinders smôl chainsh plies of giemmie ’n cigarêt lady, man in groepe van drie en vier. ’n Parkeer-“hulp” beduie en gaan te kere, wanneer hy wys om te draai, lyk dit asof hy vertel hoe die draaikolk sy kleingeld ingesluk het. Verder boontoe waai ek vir twee kennisse wat verby ry. ’n Toet-en-waai drive-by. ’n Ruk lank is my bene op autopilot en my gedagtes elders. Net voor die plek waarna toe ek op pad is, is daar ’n Oosterse restaurant met ’n venstermuur wat halfpad om die eetplek loop. Lekker plek vir ’n James Bond scene ...

BOERETUNES EN DIE FILMWESE(NS)
Oor ’n bier luister ek na Kloofstraatklanke, ’n trekklavier se asmatiese melodie en ’n baskitaar se moddernote wat opborrel.

Die groot houtraamvenster stel die insittende trendybaarde en die levi-lieflings in staat om stomend na mekaar te staar oor tafels en woorde heen. Agter die ruit is daar die stoep: propvol selfone, casual kruisbene en mae wat hard lag. Die Gramadoelas verskaf die klankbaan vir die plek. Hulle is ’n karnaval, met ’n Swellendamse Sinatra wat trompetter en sy trekklavier laat weeklaag van non je regriette rien. Die kitaarspeler se styl is Rage Against The Ghoema Machine. Die tromspeler is stom op die verhoog, hy praat net in perkussie. Halfpad deur die band se tweede sessie verskyn ’n paar van die trance mense uit die newels van die rokerige stoep. “Haai Michelle,” groet ek beleefd.
    Ek praat nie lank met Michelle nie, want sy haal haar kamera te voorskyn. Skuins agter my hoor ek ’n ou hippie dringend fluister: “What’s in a gram of Doela? It sounds very North African.”
    Die antwoord kon ek glad nie hoor nie, want ek het te hard gelag. Die ghoema-note skoffel oor die sypaadjie die naglug in, vergesel deur Michelle se Minolta-discoligte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.