NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Tiens Pretorius
Gebore 1945 in Umtata. Gaan skool op Elliot, Aliwal-Noord en laastens Oos-Londen, waar ek matriek maak in 1963. Werk by verskeie staatsdepartemente in Pretoria en Kaapstad, maar meesal in Port Elizabeth. Woon nog steeds in Port Elizabeth. Nooit getroud nie.
  Tiens Pretorius

Elliot: 1958[1]

Tiens Pretorius

Die dertienjarige seun word stadig wakker. Deur die newels van die vaak kan hy twee vrouestemme sag hoor praat en die geruis van ’n primusstofie dreig om hom weer aan die slaap te sus. Dit is taamlik koud hier vroeg in die oggend in die voorwinter en hy wil hom stywer in die komberse inwikkel en weer slaap. Maar die vaak gaan weg, hy word nou helder wakker en skuif teen die kussings op om te sit, die komberse styf om sy skouers gedraai. Die kombuisie langsaan word dof verlig deur ’n olielamp en deur die oop deur kan hy sy ouma en tante sien sit en gesels by ’n tafeltjie. Dit is sy pa se ma en en haar jongste dogter Rina, nog in die middel twintigs en ongetroud. Sy het pas verlede jaar klaar studeer aan ’n kollege op Wellington, hy weet nie wat sy studeer het nie. Maar sy hou haar taamlik hoog, s sy ma.

Hy het gisteraand hier by sy ouma in haar klein huisie geslaap, op ’n enkelbed in die sitkamer, nadat hy haar die middag laat nog gehelp het om ’n paar stukke hout te kap vir haar swart koolstofie. En om ’n hoender se kop af te kap, val dit hom by. Hy moes die hoender se pote en vlerke vashou teen die groot houtstomp wat daar l, terwyl sy die kop in haar linkerhand vashou en met ’n klein byltjie in haar regterhand deur die nek kap. Hy het die hoender te gou gelos n sy gekap het, sy het ges hy moet dit bly vashou, maar toe los hy en die afkophoender spring rond. Bloed het op sy bene en voete gespat. Hy het geskrik en nie daarvan gehou nie, hy wil dit liewer nie weer doen nie.

Sy ouma staan op en stap uit sy sig uit, maar hy kan sien sy steek nog ’n lamp op, die lig in die kombuis word helderder. Dan verskyn sy met die lamp in die deur en stap die vertrek binne.

“En toe, my kind, het jy lekker geslaap?” vra die lang vrou met die effens gebo rug. Sy glimlag vir hom, soos sy altyd glimlag.

“Ja, Ouma,” kry hy dit uit, nog ietwat lomerig.

“Nou ja, staan dan maar op en gaan sit in die kombuis, die stoof brand al mooi en dit word nou lekker warm daar. Ek sal nou-nou vir jou ’n bietjie koffie maak, daarna kan jy iets eet voor jy loop. Jou pa is seker ook al terug by die huis.” Sy sit die lamp op ’n tafeltjie neer en stap weer terug kombuis toe.

Sy pa is terug! besef hy opgewonde. Dit is skoolvakansie en die skou begin Vrydag, dit is mre, dan gaan hulle kinders saam met hulle ma en pa na die landbouskou buite die dorp op die Barkley-pad. Sy ma het die afgelope paar dae vrugte ingemaak en konfyt gekook vir die skou. Hy hou daarvan om saam met sy pa deur die skougronde te stap, sy pa gaan kyk gewoonlik eerste na die diere in die stalle. En daar sal weer ’n klomp nuwe trekkers wees en splinternuwe implemente. Van sy skoolmaats wat op plase woon sal ook daar wees. Dan is daar die uitstallingsaal met al die goed wat veral die vrouens gemaak het. Ingelegde vrugte en konfyte, brood, stawe boereseep, blommerangskikkings, hekelwerk. Saterdag is daar gymkhana. Mans jaag in ’n ry op perde en elkeen moet met ’n lang spies ’n houtspar in die grond raaksteek en dit oplig. Of met swaarde ’n ring wat op kophoogte van die ruiters hang, afhaak en daarmee aan die swaard voortjaag.

Nou is hy haastig om huis toe te gaan. Hy gooi die komberse eenkant toe en staan op. Hy het sommer in sy kakiekortbroek en kakiehemp geslaap en hoef nie te verklee nie. Hy stap kombuis toe en drink die koffie wat sy ouma hom gee so vinnig as wat hy kan.

“Ek sal by die huis gaan eet, Ouma. Ma maak altyd genoeg pap.”

“Nou goed dan, maar wag eers totdat dit ’n bietjie warmer is, dit is nogal koud buite vanoggend.”

“Ag nee wat, ek kry nie koud nie. Tot siens, Ouma, tot siens, tant Rina,” s hy en is by die deur uit voor sy kan keer.

Buite is dit koud, hy voel dit gou aan toe hy by die warm kombuis uit is, maar hy stap vinnig en word gou warm. Dit word nou vinnig lig, maar dit sal nog ’n rukkie neem voordat dit begin warmer word. Sy ouma bly naby die een kant van die dorp, aan die kant van die groot sloot wat verby die dorp loop. As mens van Indwe se kant af kom, gaan die pad met ’n bruggie oor die sloot. Daar naby is die melkery in ’n agterplaas waar hy soms vir sy ma gaan melk koop. Die melk staan in blink sinkemmers op ’n tafel in ’n buitekamer, met wit doeke oor. In die een hoek staan die separator. Die stalle is aan die een kant van die groot erf, teen die grensdraad. Die melktannie skep die melk met ’n wit emaljebeker uit, dan gooi sy dit met ’n tregter in die bottels. Dit is sommer gewone bottels met ’n kurkprop. Elkeen moet sy eie bring. Die prys is ’n sikspens[2] per bottel.

Die fyn gruis van die grondstraat kielie hom tussen sy tone as hy so vinnig stap. Baie gou is sy voete en tone vaal van die stof. Maar hy is haastig en steur hom nie daaraan nie. Hy is gou agter die stadsaal verby, met die klipkerk van die NG-Gemeente aan sy linkerkant, oor die volgende straat en onder die ou reusedennebome deur wat aan die onderkant van die tennisbane staan. Net om die draai is hulle huis, oorkant die tennisbane. Toe hy om die hoek kom, sien hy sy pa se rooskleurige Opel Rekord onder ’n denneboom langs die tennisbane staan, oorkant die straat van die huis af. Sy pa het seker laat tuisgekom en was te moeg om die motor te gaan bre in die garage, dink hy. Die garage is agter die huis met sy ingang in die volgende straat, hy moet half om die blok ry en n hy die motor gebre het, moet hy in die donker oor die groot erf na die agterdeur loop. Hy sien die motor is vol dro modder en stof. Hy sal dit later was, hy doen dit graag en uit sy eie, sy pa hoef nie eers te vra nie. Hy geniet dit om n die wassery in die motor te sit en met die stuurwiel en ratte te werk. Hy weet presies hoe die koppelaar en alles werk, hy hou sy pa al lankal dop wanneer hy saam met hom ry.

Sy pa is ’n assuransieagent en ry baie rond in die distrik op plaaspaaie en in die omliggende dorpe, selfs tot in die Transkei. Soms ry hy in skoolvakansies saam om die hekke oop te maak. Miskien gaan hy volgende week weer saam, hoewel sy pa hom lanklaas gevra het. Sy pa ken baie mense, boere, amptenare en omtrent almal in die omgewing, voel dit soms vir hom as so baie mense hulle groet as hy saamry. Hy is trots op sy pa en vertel sy maats graag van die baie toekennings wat hy al gekry het vir sy werk. Bekers, grotes en kleintjies, en diplomas. Hy het twee gewere waarmee hy gaan skyfskiet buite die dorp op die Barkley-pad n hy is nou weer gekies vir die kerkraad. Sy ma het juis nou die dag ges hy sal minder in die hotel moet kuier as hy weer op die kerkraad dien. Die mense sal praat as hulle hom daar sien. Nie dat sy pa juis ’n drinker is nie, maar hy neem darem soms ’n doppie.

Dit laat hom nou weer dink aan sy oupa wat by hulle bly. ’n Korterige, stewige man, deels bles op die kop en met wit hare en ’n wit snor. Hy sit meesal en koerant lees en hou soms toesig oor die tuinwerk agter die huis, maar smiddags n ete vat hy dikwels sy hoed en kierie en stap in die straat af, hotel toe. Dan kom hy oor so twee uur weer teruggestap, miskien effens onvas op sy voete, maar rustig en ongestoord gaan l hy dan ’n rukkie en slaap. Oupa was al sewentien jaar oud toe die Boereoorlog begin het, het sy ma hom vertel. Maar hy het nie geveg nie, want hy was ’n Kolonialer. Sy ma se tant Martha, met die gebreklike been, bly ook by hulle. Sy is al diep in die sestig en van jongs af gebreklik, daarom het sy nooit getrou nie, s sy ma. Sy loop met ’n kierie waar sy ook al gaan en help sy ma baie, veral om klere te herstel en rokkies te maak vir die dogters. Sy het ’n groot Singer-naaimasjien met ’n trap onder wat sy met die gesonde been beweeg om die wiel te laat draai. Dan is daar sy suster Emily, twee jaar ouer as hy, en sy suster Letta, wat weer drie jaar jonger as hy is. Die baba is Martie, sy word nou vier. Hulle is eintlik nege kinders, die ander is al uit die huis uit. Die oudstes, sy twee broers, werk albei op Aliwal-Noord. Die oudste dogter is op universiteit in Bloemfontein en die ander twee, sy broer en suster, is op verskillende kosskole in die Vrystaat. Hy is dus die sewende kind, Pieter Jacobus Botha. Almal noem hom sommer Pietie, maar sy ouma s partykeer Pietertjie. Hy hou nie juis daarvan nie, hy is mos nie meer ’n baba nie, hy is nou al in die horskool van di jaar af. Sy ma het juis nou die dag ges hy word nou groot, hy is een van die dae ’n man. Sy ma is nou ses en veertig en nog baie fiks en sterk. Sy pa is drie jaar jonger.

Die huis is stil toe hy die voordeur oopmaak en die sitkamer binnestap. Die meeste mense slaap nog, of l sommer in hul beddens, besef hy, maar sy ma sal op wees. Sy is altyd vroeg op en aan die werk in die kombuis. Hy stap soontoe en sien haar waar sy net klaarmaak met die was van gisteraand se skottelgoed. Sy droog haar hande af aan haar voorskoot terwyl sy na hom toe draai. “Mre, jong, jy is vroeg op!” s sy. “Hoe gaan dit by Ouma-hulle?”

“Mre, Ma. Goed, Ma.”

“Het jy al geet?”

“Nee, nog nie.”

“Nou skep dan maar sommer self vir jou van die pap op die stoof in. Daar is opgesmeerde brood op die tafel in die eetkamer. Die suiker en melk is ook daar. Onthou om die doilies weer oor die melkbeker en suiker te sit, anders is daar netnou ’n vlieg in die melk. Die ander mense moet ook nog eet. As jy klaar geet het, kom na my toe, ek sal jou vandag nodig kry. Ek moet nog ’n klomp koeksisters maak vandag om op die skou te verkoop vir ons vrouegroep.”

Sy ma is aan die kort kant, ’n effense buksie. Haar gesig is ronderig en haar ligte gesigsvel is skoon, sy dra selde grimering. Haar donker hare het al ’n bietjie grys in. Dit hang tot net ’n entjie onder haar ore, onderlangs is dit effens opgekrul. Haar o is blou. Sy is vir hom mooi en hy is lief vir haar en doen graag die werkies wat sy hom gee. Sy stuur hom dikwels na die kafee, melkery en winkels.

“Ja, Ma,” s hy en neem ’n diepbord uit die rak links van hom teen die muur en stap die paar tree na die stoof teen die oorkantste muur, om die groot tafel wat in die middel van die vloer staan. Die koolstoof is roomkleurig, byna geel, met ’n groen rand om die roompanele. Aan die regterkant het dit ’n watertenkie met ’n klein kraantjie voor.

Die pot met die pap staan eenkant, weg van die hitte af. Hy neem die groot skeplepel wat in die pot staan en skep vir hom in. Dit is vanoggend van die swart pap, waarvan hy nie juis hou nie, maar hy is honger. Hy dra die bord versigtig na die eetkamer en gaan sit by die tafel en eet, nadat hy eers suiker en melk oor die pap gegooi het. Hy eet twee snye brood saam met die pap.

Die tafel staan dwars voor ’n kaggel en agter hom, teen die muur, staan ’n buffet van dieselfde soort hout. Bokant die kaggel staan ’n horlosie wat al jare lank in die familie is, s sy pa. Weerskante van die kaggel hang die Botha- en Du Preez-familiewapens, met ’n stukkie geskiedenis van die families onder die prentjie van die wapenskild. Sy ma se nooiensvan was Du Preez. Haar naam is Emily. Sy pa is Dirk Botha. Die vertrek is maar karig gemeubileer, soos die res van die huis ook. Sy ma s hulle is nie ryk mense wat baie goed kan bekostig nie.

Toe hy klaar is, neem hy sy bord en lepel na die kombuis en sit dit in die skottel wat sy ma gebruik vir ’n opwasbak. Sy ma is nog steeds daar besig en sal seker die hele dag bedrywig wees in die kombuis.

“Jou eerste werkie is om vir my hout en steenkool in te dra. Sit ’n klompie hout en steenkool by die kaggel en hier in die kombuis. Dan gaan sit jy ook ’n klompie hout op die vloer in die badkamer vir die geiser. Fyn stukkies ook, dan brand dit makliker.”

Die geiser werk met hout wat jy binne-in sit en aan die brand steek. Dan maak jy die deurtjie toe en gou dreun dit soos die vuur binne brand. Die water kom uit die tenk deur ’n koperpyp wat by die bokant van die bad oor die rand hang, met ’n kraantjie in die pyp.

“Ja, Ma,” s hy net en stap by die kombuisdeur uit. ’n Ent van die kombuis af is die witgeverfde toilet, van die emmerstelsel-soort. Die nagkar kom haal op sekere nagte die vol emmers en sit skones in. Soms sien jy net voor dagbreek die wa met sy rubberwiele, getrek deur ’n span osse, op pad weg uit die dorp. Net duskant die toilet is die plek waar die hout gekap word en daar l stapels klaar gekap. Hy hoef net ’n paar stukkies kleiner te kap om fynhout te kry, dit laat ’n vuur gouer brand.

Die jong het natuurlik gistermiddag die hout gekap toe hy by Ouma was, besef hy.

N hy fynhout gemaak het, begin hy om sy regterarm vol te laai. Hy hou die arm skuins voor hom, krom gebuig by die elmboog en pak hom vol met die linkerhand, soveel as wat hy kan dra, dan kan sy ma sien hoe sterk hy is. Daarna die steenkool, in die kamer heel agter op die erf, langs die garage. Hy neem sommer die kruiwa en gaan laai hom vol met die ou, half stukkende graaf wat altyd in die kamertjie l. Dan stoot hy die kruiwa tot by die agterdeur en dra die steenkool bietjie vir bietjie in met sy oupa se skopgraaf, versigtig om nie op die vloer te mors nie. Hy maak die houtbakke in die kombuis en by die kaggel vol, daar is nog heelwat oor in die kruiwa en hy los dit daarin met die graaf bo-op. Die kruiwa stoot hy dan tot langs die muur buite die kombuis.

Die swart vrou wat sy ma soms kom help, kom van agter aangestap oor die werf. “Molo, kleinbaas,” groet sy hom vriendelik.

“Mre, Ousie,” groet hy terug. Xhosa ken hy nie, hoewel sy pa dit goed praat en sy ma ook ’n bietjie.

Sy is in by die agterdeur en hy kyk na sy hande en voete. Dit is pikswart van die steenkoolstof, selfs sy voorarms en sy bene onderlangs is swart. Hy vra die ousie om vir hom warm water uit die stoof se tenkie in ’n skottel te tap en dit in die badkamer op die vloer neer te sit, anders besmeer hy alles as hy dit self doen. Die onderkant van sy voete vee hy so goed moontlik af aan die gras langs die trappie buite die deur.

Dan is die water gereed. Hy loop badkamer toe, maak die deur agter hom toe en trek hom uit. Sy vuil klere gooi hy in die wasgoedmandjie. Hy sien sy skraal, lenige seunsliggaam in die lang spiel teen die muur. Sy gesig en nek, voorarms en bene is bruingebrand, maar sy bolyf, boude en bobene is spierwit. Hy en sy maats het maande laas gaan swem in die diep gat by ’n boog in die riviertjie. Dit is buitendien maar net op die warmste dae in Desember en Januarie wat hulle daar gaan inspring. Die grootmense waarsku daarteen, daar kan glo siektes in die water wees. Maar daar is geen swembad in die dorp nie. Hy was hom vinnig, want dit is nog bra koel. Dan droog hy hom af, gooi die water in die bad wat hy een keer uitspoel en vee die rooigeverfde sementvloer met ’n ander hemp af wat hy tussen die wasgoed gekry het. Hy draai die handdoek om sy onderlyf en hardloop vinnig na sy kamertjie langs die kombuis, waar hy hom gou aantrek. Dan weer na die warm kombuis toe, waar hy ’n rukkie op ’n stoel sit. Sy ma is nou elders in die huis besig, help Martie seker om aan te trek. Toe sy terugkom vra hy haar wat hy volgende moet doen.

“Luister, jong,” en sy maak haar o toe en lig haar wenkbroue, soos hy weet sy maak as die saak ietwat sensitief maar tog grappig ook is, “gaan koop vir Oupa ’n stuk pruimtwak by die winkel hier agter, so ses duim. En kry sommer ook vier onse van daai Katriewa-tabak. Hy hou dit vir die tuinjong, dan gee hy hom ’n bietjie as hy klaar gewerk het, as ’n ekstratjie. Hier is vyf sjielings[3] , dit is meer as genoeg, maar Oupa het nie nou kleiner nie.”

Katriewa-tabak is soos die swartes dit noem, dink hy. Nou noem hulle dit ook maar so. Hy ken die tabak al lankal, dit is ’n goedkoop soort, sy oom verkoop dit ook in sy winkeltjie op die plaas. Eers onlangs het hy op die sak agter die toonbank gesien daarop staan Kat River Tobacco Co. T het hy eers besef wat hulle s met hulle Xhosa-aksent.

Dit is al byna nege-uur en die winkel sal reeds oop wees. Hy kan by die agterdeur uitstap, maar hy wil eers kyk of sy pa al wakker is. Hy stap na die kamer toe. Sy pa slaap nog en hy loop deur die voorhuis en uit by die deur. Buite op die sypaadjie draai hy na links. Hulle huis is naby die hoek en oorkant die straat is ook ’n winkel, waar hulle gewoonlik kruideniersware koop. Sakke meel, moerkoffie en tee in die fabrieksverpakking, maar suiker word afgeweeg, tensy jy ’n groot sak koop. Die balanseerskaal staan op die toonbank, aan die een kant is die langwerpige bak waarin die klerk die suiker skep met ’n spesiale grafie. Aan die ander kant van die skaal word gewiggies gesit, afhangende van hoeveel suiker jy wil h. Dan gooi die klerk die suiker uit die skaalbak in ’n bruinpapiersak wat hy vooraf op die toonbank staangemaak het.

Die winkel verkoop ook klere en skoene. Mansbroeke, baadjies en suits, netjies verpak in plat bokse en toegevou in ’n sagte, dun, wit papier. Die bokse met skoene en mansklere is in die rakke agter die toonbank gepak en gemerk, die klerk weet presies waar om te kyk as mense iets soek. Hy wonder skielik of hulle vroueklere ook het, van die goed in die prentjies? Hy het dit nog nie gesien nie, hulle steek dit seker weg.

Maar hy is natuurlik nie na hierdie winkel op pad nie. Hy gaan links om die hoek, reguit af in die straat, in die derde blok van hier af is die winkel waarheen hy gaan. As jy na hom toe aankom, sien jy op die oop stuk grond langs en agter die winkel skaapvelle l in die son. Dit is altyd bestrooi met ’n baie growwe soort sout. Daar staan daar ook ’n skaal langs die gebou. Die winkel koop ook bene, wat hulle daarmee maak weet hy nie. Die winkel bedien veral die swart bevolking en dit is oor naweke taamlik besig wanneer boere hul werkers inbring dorp toe vir hulle inkopies. Mense uit die Transkei kom ook, vrouens met doeke om hulle koppe en lang rokke wat tot op hulle enkels hang, gemaak van ’n growwerige, blou en grys materiaal. Daar is natuurlik ander kleure ook. Van die vrouens dra babas op hul re. Party van die mans het komberse om hulle gedraai. Die mans en sommige van die vroue ook, rook langsteelpype. Die winkel het rolle van die rokmateriaal en verkoop ook komberse, olielampe, kerse, paraffien wat uit blikke gepomp word met ’n handpompie, tabak, lekkers en ’n magdom ander goed. Hy self koop ook partykeer hier toffies, twee vir ’n pennie. Of van die klein bont lekkertjies in ’n kardoes. Die kardoes is ’n stuk koerantpapier wat soos ’n tregter gedraai word. Onder word die dun punt omgevou en die lekkers word bo ingegooi, dan word die bokant ingevou om die lekkers toe te maak.

As die swart mense hulle inkopies klaar gedoen het, vra hulle ’n pasella, ’n ekstratjie op die koop toe, ’n geskenkie. Dan kry hulle gewoonlik van die lekkertjies in die kardoes, maar sommige is nie daarmee tevrede nie en vra iets anders, soos ’n bietjie tabak. Die winkel se kaal houtvloere is gewoonlik wit van die stof en word ’n paar keer op ’n warm dag natgespat met water. ’n Werker loop deur die winkel met ’n bloekomtak en ’n emmer water, dan doop hy die takkie in die water en spat die vloer nat. Dit is om te keer dat die stof opslaan en die materiale en ander goedere bederf, s sy pa.

Hy kry sy inkopies gou afgehandel en stap huis toe. Die strate is taamlik besig, meer mense en motors is te sien. Dit is natuurlik boere wat inkom vir die skou mre, seker ook mense van ander dorpe. Daar is net twee hotelle op die dorp, maar sommiges van hulle bly seker oor by familie. Van die boere het hul eie huise op die dorp. Die boere ry meesal met groot motors, Plymouths met die groot vlerke agter, die Chevrolet Biscaynes en die Ford Fairlanes, of met bakkies as hulle goedere moet inbring of wegneem plaas toe. Maar hy is trots op sy pa se klein motortjie, hy gee nie om as die plaasseuns by die skool spog met hul pa’s se groot motors en praat van die trekkers waarmee hulle op die plase rondry nie. Die plaasseuns kan omtrent al almal bestuur, selfs al is hulle maar so oud soos hy, want op die plaas kan hulle ry sonder ’n lisensie. Hy kan nog nie bestuur nie, sy pa s hy sal hom eers leer as hy so sestien jaar oud is.

Hy sien sy vriend John ’n entjie voor hom loop en roep na hom. John draai om, sien hom en staan hom dan en inwag. Hulle groet mekaar en stap saam verder. John en sy familie van een ouer broer en sy ouers woon net ’n paar huise van hulle af.

“Gaan julle mre skou toe?” vra Pietie.

“Ja,” antwoord hy. “My pa gaan ’n speech maak vir die boere.”

John is ’n Engelse seun en is op kosskool op Queenstown, maar hy praat goed Afrikaans. Pietie sien hom net met skoolvakansies. Hoewel Engels een van sy beste vakke op skool is, praat Pietie nie eintlik die taal nie, want buite die klaskamer hoor hy dit byna nooit. Hy sukkel om die woorde reg uit te spreek en tegelyk die “grammar” te onthou. Sy tong moet nog geoefen word daarvoor, s sy tante. Saterdagaande is die prente in die stadsaal natuurlik meesal Engels, maar in die cowboy-prente praat hulle so snaaks dat hy min verstaan van wat ges word. Hy verstaan wel die skietery en die vuisslanery goed, maar van al die vryery hou hy nie. Al die vroumense in die prente veroorsaak net moeilikheid vir die cowboys, voel hy. Dan moet die cowboys hulle altyd red as hulle onnosel dinge gedoen het.

“Waaroor gaan jou pa praat?”

“Ag, hy gaan sommer vir die boere vertel hoe om hulle diere op te pas.”

Pietie voel effens jaloers dat sy pa nie ook ’n toespraak gaan maak nie.

“My ma maak goed vir die uitstallings,” kan hy darem s.

Sy pa ken John se pa, Peter Rudman, wat ook ’n agent is. Hy verkoop goed aan die boere, hy weet nie eintlik wat nie, maar hy meen dit het te doen met medisyne vir die diere en sulke goed. En hy gee die boere glo raad. Sy pa hou nie eintlik van oom Peter nie, hy is nog altyd teen die Engelse. In die oorlog het sy pa die Duitsers se part gevat. En hy vertel nog steeds partykeer vir hulle hoe die Engelse die Boere uitgemoor het. Sy ma s met die laaste oorlog het hulle sy pa amper opgesluit oor sy praatjies. Hulle het sy gewere weggevat en hy kon dit eers n die oorlog weer terugkry. Destyds het hulle in die Transkei gebly, sy pa het op ’n bosbouplantasie gewerk naby Umtata. En dis juis waar hy wat Pietie is gebore is, in Umtata.

Voor John se huis staan hulle ’n paar minute en gesels voor hy alleen verder loop.

“Tot siens, sien jou mre by die skou,” groet hy John toe hy wegloop.

Sy pa se motor staan nog steeds onder die boom. Hy sien egter niemand in die voorhuis toe hy instap nie. Sy pa is ook nie meer in die slaapkamer nie. Deur die slaapkamervenster sien hy sy oupa en die tuinjong in die agterplaas. Sy oupa beduie met sy hande en vertel seker vir die tuinjong wat om te doen. Hy moet seker net die werf skoonhou, want in die winter kan hy niks hier plant nie, dit word te koud en sneeu selfs partykeer. Die grond agter die huis is ook maar nie baie goed nie, te kleierig, s sy oupa, hy sukkel hom vrek met die groentetjies. Letta en Martie is ook in die agterplaas, hulle sit eenkant op ’n kol gras en speel met hulle poppe en teestelletjie. Hy loop kombuis toe en merk in die verbygaan dat tant Martha in haar kamer besig is met die naaimasjien. Maar sy pa sien hy nrens nie. In die kombuis is net sy ma, die ousie en Emily.

“Ma, waar is Pa dan?” vra hy dadelik toe hy haar sien.

“Hy het net gou gebad, toe is hy weg saam met oom Jock Ferreira. Oom Jock het ’n hele klomp mense se name wat hy en jou pa moet gaan sien. Hy sal seker eers laat vanaand terug wees.”

Oom Jock werf vir sy pa klante teen betaling.

Sy kan die teleurstelling op sy gesig sien: “Toemaar,” troos sy, “mre gaan ons saam met jou pa skou toe en hy sal die hele naweek hier wees.”

Sy pa ry ontsaglik baie rond en bring gewoonlik net naweke tuis deur. Met skoolvakansies sien hy hom meer dikwels, veral as hy saam met hom uitry na die plase toe, maar deesdae vra sy pa hom nie meer om saam met hom te gaan nie.

“Gaan sit maar die goedjies en die kleingeld in Oupa se kamer, dan kom jy weer hiernatoe. Ek het nog net een werkie vir jou, dan kan jy maar na jou maats toe gaan. Ek sal nie vandag kan kook nie, jy moet maar vir ons polonie gaan koop by die kafee vir toebroodjies. Emily sal die toebroodjies maak, sy kook ook ’n paar eiers.”

Sy oupa slaap in die stoepkamer en hy loop deur die sitkamer soontoe. Hy hou van die reuk van die kamer met die tabakgeur van sy oupa se pyp en die wit pepermente in die kassie voor die bed. Gewoonlik neem hy een daarvan as hy in die kamer kom, sy oupa gee nie om nie en gee soms self vir hom daarvan. Maar nou voel hy ietwat terneergedruk en merk skaars die aangename geure op.

Hy het die geld by sy ma gekry en stap na die kafee. Dit is weer links af in die straat, maar hierdie keer stap hy regaf, tot by die winkel op die volgende hoek, waar hy regs moet draai, op in die hoofstraat.

Hy voel nog terneergedruk en stap nou stadiger, terwyl hy kyk na die mense in die omgewing van die strate en sypaadjies. Oorkant sien hy die boer met die mak skaap wat hom oral volg, ingaan by die poskantoor, skaap en al. By die volgende hoek, voor die winkel, staan die snaakse man met die stuurwiel. Hy loop gereeld met die stuurwiel in die strate rond en maak of hy ’n motor bestuur. Sy pa s hulle moet nie vir hom lag nie, hy kan dit nie help nie, hy is nie reg wys nie. Maar hy voel nogtans skrikkerig en stap gou by die man verby en oor die straat, sodat hy aan die ander kant van die hoofstraat kan oploop. Die kafee sit buitendien aan daardie kant van die straat. Nou stap hy verby die rugbyveld wat hier in die middel van die dorp is, onder ’n ry eikebome deur. Die sportgronde het ’n plantheining reg rondom, wat partykeer vol rooi bessies is. As daar rugby gespeel word, staan die motors reg rondom die veld geparkeer en word daar toeters geblaas as ’n drie gedruk word. Mense sit selfs hier in die bome op die sypaadjie as dit ’n belangrike wedstryd is en daar nie meer plek binne is nie.

Van hier kan hy die bultjie sien waar die pad afkom die dorp in van Indwe se kant af,[4] oor die sloot.’n Pienk Chev Biscayne, met die groot vlerke, kom deur die dorp gery in ’n stofwolk. Hy ken die motor, dit is sy maat Andr van Rensburg se pa se motor. Hulle boer naby Ugie en kom seker van Queenstown af, waar hulle vir familie gaan kuier het. Andr sou verlede jaar saam met ’n groep mans op perde om die skougronde gery het, toe hardloop sy jong perd weg met hom. Dit het teenaan die geparkeerde motors tot stilstand gekom en Andr het daar afgeval, maar darem nie seergekry nie. Toe die motor by hom verbykom, sien hy Andr en sy ouer suster is alleen by hulle pa in die motor. Hulle ma is die vorige jaar dood. Hy waai, maar hulle sien hom nie en hy volg die motor soos dit deur die dorp ry, oor die bruggie waar die swart vrouens altyd wasgoed doen op die klippe in die rivier, dan verby die kragstasie links en om die lokasie aan die regterkant, waar dit om die draai uit sig verdwyn.

Op skool is Andr sy beste maat en tydens skoolvakansies mis hy hom. Dit is Andr wat hom die koshuisgebedjie geleer het wat nou weer by hom opkom:

“Segen vader, segen sop,
segen elke wurmkop,
toegedraai in ’n ertjiedop
in Elliot se paphuissop.”

Hy voel effens jaloers om sy vriend saam met sy pa te sien, hy wens hy kon meer saam met sy eie pa rondry. Op di klein dorpie is daar min vermaak en al wat hy en sy maats het om te doen, veral gedurende vakansies, is om rond te loop. Daarom ken hulle feitlik elke straat, elke klip en bos in en om die dorp. Hulle is dikwels verveeld, daarom ook is dit vir hom ’n groot vreugde as sy pa tuiskom. Saam met hom kan hulle dalk in die berge in ry om te gaan hengel vir geelvis, of vir forel op sy oom se plaas anderkant Ugie. Maar dit lyk of sy pa al minder tyd het om saam met hom deur te bring, dink hy nou weer. Hy het seker te veel werk, hy moet geld verdien om hulle almal van kos en klere te voorsien.

Twee swart seuntjies van omtrent dieselfde grootte as hy kom van die teenoorgestelde kant af aangeloop. Die een stoot ’n draadkarretjie.

“Mre,” groet hy toe hulle by hom kom en gaan staan.

“Molo,” groet hulle terug en s nog iets anders daarby wat hy nie verstaan nie.

Hulle staan nou mekaar en aankyk, weet nie wat om te s nie. Hy buk af na die karretjie en bekyk dit.

“Waar kry jy die oulike karretjie?” vra hy, maar hulle s niks en kyk hom net aan.

Dan kom hy maar weer regop, groet tot siens en stap aan. Hulle verstaan nie eintlik mekaar se tale nie. Dit is darem eenvoudig genoeg om molo te s. Eintlik is hy maar skrikkerig vir hulle. Die afgelope Desembervakansie het hy en John in die riviertjie gaan visvang, klein blink vissies so groot soos ’n man se middelvinger. Hulle noem die vissies ghielemientjies. Hy gebruik sommer ’n boomtak, ’n stuk garedraad, kurkprop en gebuigde kopspeld. John het darem ’n regte visstokkie. Hulle gebruik erdwurms vir aas. Partykeer vang jy ’n platanna, ander kere darem ’n paar vissies. Eendag het hy juis drie vissies kort na mekaar gevang, toe vier swart seuntjies wat daar naby gevang het, na hulle toe kom om by dieselfde plek in te gooi. Hulle het hom verdring en byna van sy hurke afgestoot waar hy gesit het, toe stoot hy terug en stamp die seuntjie naaste aan hom. Daar breek toe ’n geveg uit tussen hom en die seuntjie. Hy het gedink hy is groter en sterker as die swartetjie, maar di was sterk en so taai soos ’n ratel en kort voor lank l die swart kind bo-op hom en byt hom aan die kant van sy voorkop. Toe hou hy maar op baklei. John het net staan en kyk en niks gedoen nie, anders het die ander swart kinders ook ingespring. Dit was ’n hopelose besigheid, as hulle mekaar se tale kon praat, sou daar dalk nie ’n bakleiery gewees het nie. Hy het nog nie sy pa hiervan vertel nie, want hy is skaam dat hy verloor het en het nog nie die regte kans gehad nie.

By die kafee klim hy op die ho stoep en hy kan van hier af die “Boeregarage” op die hoek sien ’n entjie verder af aan die oorkant van die straat. Trekkers en implemente staan op die sypaadjie en in die straat, daar is ’n hele paar van die grys klein Ferguson-trekkers. Hulle lyk maklik om te bestuur en hy wens hy kry die kans om met een te ry, maar hy sal moet wag totdat sy pa hom geleer het. Dit is nog so lank voor hy sestien word!

Hy word nou haastig, hy wil terugkom by die huis om sy pa se kar te was, dan gaan hy na Gawie toe. Gawie is al sestien en sy held, hy bewonder hom. Hy speel rugby vir die skool se eerstespan en is ook goed in atletiek, veral hoogspring en die myl. Hulle loop dikwels saam rond, met Gawie se twee jonger broers, Bertie en Jannie, wat ook altyd by is. Hulle is twaalf en dertien jaar oud. Hulle ander maat is Fanie Olivier, net so oud soos Gawie en in dieselfde klas.

Hy stap vinnig terug van die kafee af. By die huis gekom, gee hy die pakkie polonie vir Emily en gaan dadelik weer uit met ’n emmer water en lappe om die motor te was. Daarna sit hy ’n rukkie in die motor, maar hy het nie eintlik vandag lus daarvoor nie en hy gaan bre die emmer en lappe en stap dadelik na Gawie-hulle se huis. Dit is regs op teen die hoogtetjie, verby die hospitaaltjie op die hoek en dan links op teen ’n steil opdraande. Hulle bly net aan die ander kant van die bult, ’n paar huise af in die straat.

Gawie en sy twee broertjies sit buite op die sypaadjie. Fanie is ook daar.

“Jis, outjie,” s Gawie toe hy hom sien. “Ek het gednk jy sal kom.”

“Jis,” groet hy terug. “Ons gaan mre skou toe saam met my ma en pa,” vertel Pietie sommer dadelik, hy is nou weer opgewonde daaroor.

“Aag, die ou skou. Dis elke jaar dieselfde. Ons het vanmre vroeg gaan kyk, daar is net diere en ’n klomp plaasgoed. Hulle wou ons nie in die saal toelaat nie, maar deur die vensters kon ek sien daar is nie veel nie.”

“Hulle is nog nie reg met alles nie, hulle sal eers vanmiddag klaarmaak,” antwoord Pietie hom, ’n bietjie afgehaal.

“Nee wat, ek wens eerder die sirkus wil weer kom, maar hulle stel seker nie meer belang in di ou klein dorpie nie. En die bioscope is net Saterdagaande. Mens kan in elk geval nie lekker vry op die stadsaal se opvou-houtstoele nie.”

Pietie kan sien waaroor Gawie weer vandag wil praat. Hy wens Gawie wil nie so aangaan oor meisies nie, dit laat hom skaam en ongemaklik voel. Maar daar is nie vanmiddag keer aan hom nie. Twee meisies stap aan die oorkant van die straat verby, Gawie fluit vir hulle en waai. Hulle waai terug en giggel, kyk dan skaam anderpad.

“Hel, ek sal laaik om hulle tiete te voel,” spreek Gawie sy diepste begeerte uit.

Sy twee broertjies lag, giggel byna.

“Maar daar is ook nie ’n plek om te gaan vry in di dorp nie. Tensy jy na haar huis toe gaan, maar dan moet jy by haar pa en ma verbykom. Outjie, sal jou pa my nie sy kar leen nie?”

Gawie se pa, Gert Bekker, het nie ’n motor nie, net ’n ouerige motorfiets. Hy werk op die paaie, hulle is nou juis weer besig met die Ugie-pad naby Xukadrif.

“Nee man, moenie laf wees nie. Hy wil dit nie eers vir my broer leen as hy met die langvakansie huis toe kom nie en hy is al sewentien.”

“Ek sal maar vanaand weer daar gaan kuier, maar haar ma laaik my nie eintlik nie, sy is altyd by ons,” sug Gawie, maar hy s nie wie die meisie is nie. Pietie wil ook nie vra nie. Miskien weet Fanie.

“Sy vertrou jou natuurlik nie, en ek neem haar ook nie kwalik nie,” is egter al wat Fanie s.

Die gesprek swaai darem nou in ’n ander rigting, hulle gesels oor die Sputniks wat laas jaar opgestuur is, oor rugby, oor die skool en die simpel en kwaai onderwysers.

Dit is later al eenuur en Gawie se ma roep haar kinders in om te kom eet. Pietie en Fanie kry darem elkeen ’n toebroodjie. N ete gaan sit hulle weer buite en gesels. ’n Rukkie later besluit hulle egter om na die bos te stap bokant die skool. Die bos van denne- en bloekombome strek van wes na oos op ’n heuwel agter die skool, wat begin naby die Barkley-pad, tot naby die dorpsdam. Daar loop ’n paadjie deur die bosse. Dit begin anderkant die laerskool en kronkel na regs deur die bos en oor die oop vlakte bokant die heuweltjie, bokant die riviertjie en die dorpsdam verby, in die rigting van die berge ’n paar myl verder. Hulle het vroer baie cowboys and crooks of oorlogspeletjies in die bos gespeel, maar stel nie meer belang in di kinderspeletjies nie. Deesdae loop hulle sommer net rond, gaan swem dan natuurlik ook op warm dae in die rivier, of sit sommer net op ’n rots in die bos en gesels. Daar is twee rotse naby mekaar, dikwels daag hulle mekaar uit om van die een na die ander te spring. Tussen die twee rotse is ’n opening wat vir die klein seuns na ’n afgrond lyk, maar dit is seker nie meer as tien voet[5] diep nie. Sover het nog nie een van hulle die sprong gewaag nie.

Hulle loop nou weer met die steil pad op en anderkant af, soos Pietie gekom het, maar nou moet hulle reguit hou, verby die hor- en laerskool, links op met die paadjie na die bos. Naby die horskool, aan die ander kant van die straat, is die gronde wat vir die vak Landbou vir standerdsesse gebruik word. Daar stap weer ’n paar meisies langs die gronde aan, in dieselfde rigting as hulle. Gawie fluit en waai. Die meisies kyk om en waai terug, maar stap dan weer aan. Nou begin hy weer praat oor meisies, ietwat grof en begin later kliphard ’n Italiaanse liedjie sing. Maar Gawie gebruik growwe Afrikaanse woorde wat nie in die liedjie voorkom nie en Pietie voel benoud. Hoewel hy soms wil lag, is hy bang iemand hoor Gawie, dan is hulle in die moeilikheid. Die besadigde Fanie probeer hom ook stilmaak, maar daar is nie salf aan hom te smeer nie. Gelukkig was die meisies ’n hele ent voor hulle en het hulle al regs om die volgende hoek gegaan, buite sig.

Uiteindelik sit hulle op die rots in die bos en gesels. Hulle het eers regdeur gestap en af na die riviertjie en ’n ruk daar rondgedwaal, toe gaan kyk waar mense by die dam visvang, maar hulle is nou hier en sit en klets. Die son begin later sak, maar hulle sit nog, nie haastig om huis toe te gaan nie. Dan sien hulle twee groot seuns aangeloop kom uit die rigting van die gelykte bo-op die bult, waar hulle self vroer was. Pietie ken hulle, dit is Ben en Willem Greeff, twee groot manne, al agtien en sewentien jaar oud en hulle al twee sit nou vir die tweede jaar in standerd agt. Hulle knou partykeer die kleiner seuns af. Sy pa s hulle behoort uit die skool gehaal te word, hulle sal tog nie verder kom nie, hy wil nog met hulle pa daaroor praat, hulle kan hom op die plaas help met die boerdery. Hulle bly in die skoolkoshuis en hulle pa sal hulle seker die naweek eers kom haal, as hy inkom vir die skou. Hulle moes al terug gewees het in die koshuis, maar dit lyk nie of hulle bekommerd is daaroor nie. Dalk het hulle n die koppetellery uitgeglip.

Die twee kom staan onder die rots, hande in die sakke en praat met hulle daar bo.

“Jis, julle peesters, wat maak julle hier?” vra Ben.

“Ons soek girls,” antwoord Gawie.

“Julle sal mos niks hier kry nie, maar ek kan jou vertel waar jy ’n lekker naai kan kry,” spog Willem.

“Sies, jy praat vieslik!” Pietie is byna verskrik dat hy dit kon waag om hulle so aan te spreek, maar hy hou nie van hulle nie. Hy het geriefshalwe nou vergeet dat Gawie ook maar baie grof praat.

“Fok jou, outjie, ek klap jou bo van daai klip af,” en hy lyk of hy dit regtig wil doen.

“En laat ek jou iets vertel,” gaan hy nog vererg voort, “ons sien baie keer jou pa se kar daar by Sannie van Deventer se huis staan, tot lt in die nag, dan is haar man nie daar nie. Ons het sy kar nou juis weer daar gesien van hier bo af,” en hy beduie met sy kop in die rigting waaruit hulle gekom het.

Tom van Deventer werk op die treine en is dikwels weg van die huis af. Hulle huis is naby die rivier en nie ver van die koshuis af nie. Hulle is albei nog jonk, in die vroe dertigs en het nog nie kinders nie.

Pietie is verbaas dat sy pa nou onskuldig in die ding in gesleep word en antwoord uitdagend: “Ag, jy lieg, man!”

“Wat weet jy in elk geval, outjie? Het jy al ooit aan ’n meisie se koek gevat?”

“Ja, baie!” lieg hy astrant.

Sy maats lag kliphard, die twee lummels gluur hom aan.

“Aag, Ben, kom ons waai, di laaities weet niks,” en Pietie is verlig toe hulle wegdraai en loop.

Hulle sit nog ’n ruk daar, al word dit nou donker. Dit was ’n warm dag en dit is nog nie koud nie. Pietie voel nog verslae en verle, maar Gawie trek sy aandag. Hy vertel dat hy nou smoorverlief is op ’n meisie, maar hy wil nie s wie dit is nie. Vir ’n oomblik wonder Pietie of dit nie dalk sy suster Emily is nie, want hoekom is Gawie so geheimsinnig? Dan klim hulle af van die rots en begin stadig aanstap huis toe. Die volmaan skyn nou al helder. Pietie is nog steeds nuuskierig om te weet wie die meisie is op wie Gawie nou so danig verlief is. Hy weier eers nog om te s, maar dan willig hy in om Pietie alleen te s en roep hom eenkant. Hulle is al uit die bos uit en staan onder ’n bloekomboom aan die rand. Gawie vat sy mes en in die lig van die maan krap hy ’n groot hart uit op die wit stam van die boom. In die hart krap hy met die mes uit: G.B. loves T.P, maar hy wil steeds nie s waarvoor die T.P. staan nie. Pietie vervies hom, maar dan begin Gawie ernstig met hom praat:

“Luister, outjie, ek s nie jou pa doen iets verkeerd nie, maar ek het ook al sy kar daar by die Van Deventers gesien as oom Tom nie daar is nie. Hou maar jou o en ore oop. Daardie twee maatjies praat dalk die waarheid.”

“Ag nee, Gawie, man, my pa sal nooit so iets doen nie, my ma -” Maar sy gedagtes verstar, dit is asof sy kinderverstand die betekenis daarvan nie verstaan het nie, en dit nou eers tot hom begin deurdring. Hy weet nie eintlik wat om te s nie.

“Wel, onthou net, ek het niks ges nie, dis nie eintlik my besigheid nie,” en Gawie begin aanstap.

Die ander het nou by hulle aangesluit en die groepie seuns stap stil in die maanlig huis toe. Pietie kyk voor hom op die grond terwyl hy loop. Nee, man, dit is nie so nie, flits dit telkens deur sy gedagtes om te s, maar hy kry dit nie uit nie. Waar hulle na regs draai, gaan hy reguit aan en s hy sal solangs loop huis toe. Toe hulle uit sig is, gaan hy egter links om die volgende blok en stap na die Van Deventers se huis toe, hy weet waar hulle bly.

Die huis staan eenkant naby die rivier, onder ’n paar bloekoms. Hy staan eers ’n rukkie en rondkyk en wil omdraai om huis toe te loop, maar dan sien hy ’n motor onder die donker skaduwee van die verste boom. Hy sien van hier af net die blink van die maan op die agterste buffer en ruite en stap nader. Dit is sy pa se motor! Hy draai om na die huis. Dit is donker voor, net aan die sykant regs van hom, aan die binnekant van die groot erf wat teen die bultjie op strek tot by die bosse, brand ’n lig. Die motorhuis is aan sy linkerkant, teen die huis. Die deur is toe. Die oom se motor is seker binne, dink hy; my pa praat seker met hulle by die kombuistafel, en vertel hulle van die polisse.

Maar die onrustigheid groei in hom. Hy het nou by die ysterhekkie ingestap en staan voor die trappies van die stoep wat voorlangs oor die breedte van die huis strek. Sy pa sal dalk vies wees om gesteur te word as hy sy werk doen, dink hy. Maar hy wil weet! Hy besluit om om die huis te stap na die venster waar die lig uitskyn. Hy weet hy mag dit nie doen nie, maar hy wil nogtans inkyk, as hy sien hulle is besig met assuransiesake sal hy stilletjies wegloop.

By die venster gaan hy staan. Die gordyne is nie heeltemal toegetrek nie en as hy op sy tone staan kan hy net mooi inloer. Op ’n kas sien hy ’n elektriese verwarmer en eers daarna sien hy twee figure op die dubbelbed. Die kas met die verwarmer staan by die voetenent van die bed. Hy kan nie goed sien wie dit in die bed is nie en moet na die kant beweeg om skuins na links in te kyk na die bokant van die bed. Dan besef hy met ’n skok dit is sy pa! Sy pa en ’n vrou l in die bed! Hulle l op hul rue, hul bolywe is kaal, die komberse bedek net hul onderlywe! Sy hart klop nou wild, sy gedagtes is verward, hy staar net ’n paar oomblikke lank en draai dan om om weg te hardloop. By die hekkie stamp hy sy tone teen die ysterpaal, maar hy steur hom skaars aan die pyn. Hy hardloop om die hoek, op in die straat, huis toe. Die gedagtes jaag deur sy kop, hy sien beswaarlik die dinge om hom raak, hardloop byna teen ’n ou oom vas wat met sy kierie verbystap. ’n Paar blokke verder kom hy effens tot bedaring en begin loop. Sy asem jaag en sy emosies is deurmekaar, vir ’n oomblik dink hy aan die vrou se kaal borste wat hy gesien het en wil hy lag. Maar hy besef met ’n skok dit is verkeerd en onderdruk die lag. Sy pa, flits dit deur sy gedagtes! En sy ma, sy arme ma, sy weet nie eens nie!

Die huis is helder verlig toe hy daar kom. Hy stap by die voordeur in. Sy oupa sit in ’n leunstoel en koerant lees, eenkant sit Emily en Letta en dambord speel by ’n tafeltjie.

Martie slaap seker al, tant Martha sit maar meesal saans in haar kamer en luister na die stories, hy kan die radio hoor.

Sy oupa kyk op van die koerant af. “Waar loop jy so laat rond, mannetjie?” vra hy.

Maar hy antwoord nie en loop vinnig deur die sitkamer en draai regs af na die kombuis, waar hy weet sy ma sal wees. Sy is byna altyd daar, besig om te kook en te bak. In die kombuisdeur gaan hy staan en leun met sy rug teen die kosyn, sy hande agter sy rug. Sy kop hang en hy s niks, staan sommer maar net en afkyk. Toe hy ingekom het, het hy gesien sy is besig om deeg te knie in ’n wit erdeskottel. Wanneer sy klaar is, sal sy dit toemaak in ’n wit doek en ’n kombers wat vir daardie doel aangehou word. Sodat dit oornag rys, en mreoggend vroeg bak sy dit sodra die stoof warm genoeg is. Sy staan met haar regtersy na hom en werk, voor die tafeltjie in die hoek. Dan kyk sy na hom en vra: “Waar was jy, jong? Ek was bekommerd. Jou pa het ook weer gery en is nog nie hier nie; hy kuier seker saam met vriende by die hotel.”

Hy voel dat sy hart weer bons, hy wil begin huil, maar onderdruk dit. Hy probeer normaal klink, terwyl die deurmekaar emosies nog deur hom spoel: “Ek was by Gawie, Ma,” kry hy dit reg om te s.

“En hoekom lyk jy so vaal? Het die groot seuns jou weer geboelie?” Soms stoei hulle kamma en kry hy seer as die groter seuns te rof is.

“Nee, Ma,” stotter hy byna en moet weer die trane onderdruk wat in hom opwel.

“Nou ja, gaan was jou. Kyk net hoe lyk jou voete!” en sy lag. “Dan kom eet jy jou kos sommer hier in die kombuis. Dit is hier bo in die stoof in die warmkas. Dan gaan l jy maar, jy lyk vir my nie gesond nie, dalk kry jy die griep.”

“Ek wil nie eet nie, Ma.”

“Aarde, maar jy mt siek wees! Gaan was dan maar en gaan l, ek sal netnou kom kyk.”

“Ja, Ma.” Hy stap badkamer toe, verlig om weg te kom, hy is bang sy kom iets agter, sy ken hom te goed. Daar is gelukkig nog ’n bietjie warm water in die geiser en hy was hom vinnig. Dan stap hy na sy kamer en verklee hom en spring dadelik in die bed. Hy kan dit nie meer inhou nie en begin huil, maar smoor dit met die kussing. ’n Rukkie l hy so en toe hy sy ma hoor aangestap kom, maak hy of hy slaap. Sy staan ’n rukkie voor die bed en dan hoor hy haar saggies uitgaan. Sy skakel die lig af en maak die deur toe.

Hy draai op sy rug en l ’n ruk in die donker en staar. Die gebeure van die dag maal weer deur sy gedagtes. Hy hoor nie vanaand die sagte doef-doef van die kragstasie se enjin wat hom gewoonlik saans aan die slaap sus nie. Sy pa! Hulle was reg! En Gawie weet ook. En wat van sy arme ma, wat gaan van haar word? Sy moet liewer nie uitvind nie, hy moet niks s nie. Mre moet hy saam met hulle skou toe gaan, maar hy het nie meer lus nie. Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie, besef sy jong verstand. Hy raak eers laat aan die slaap, ’n onrustige slaap met vreemde drome vol angs en soms erotiese beelde, alles deurmekaar. Eenkeer word hy wakker terwyl hy kliphard huil, hy verlang skielik intens na sy een ouer suster, hy het gedroom sy is dood. Hy sit ’n rukkie regop, maar l gou weer en draai op sy sy. Alles is nou verkeerd, dit sal nooit weer dieselfde wees nie, dink hy weer voor hy vir die tweede keer aan die slaap raak.


[1] Hierdie verhaal speel af op Elliot in die laat vyftigerjare.

Elliot is in die Noordoos-Kaap en l noord en oos van Queenstown, oor Dordrecht en Indwe. Van Elliot af kan ’n mens verder noordoos reis oor Ugie en Maclear en uiteindelik tot in Natal. Queenstown is op die hoofpad tussen Oos-Londen en die Vrystaat. Elliot l in ’n kom, met die berge net ’n paar kilometer buite die dorp sigbaar, in die noorde en noordooste.

Die verhaal en al die karakters daarin is denkbeeldig.

Weens die groot aantal jare wat verloop het sedert ek laas in Elliot was, kan ek nie met sekerheid s of my beskrywing van die dorp en omgewing heeltemal akkuraat is nie.

[2] ’n Sikspens (sixpence) is ses pennies. Met die omskakeling na die desimale stelsel destyds het dit vyf sent geword.

[3] ’n Sjieling is twaalf pennies. Met die oorskakeling het vyf sjielings vyftig sent geword, wat vandag min werd is, maar destyds kon jy baie met vyf sjielings koop.

[4] Sover ek kan onthou, het die pad destyds oor Cala geloop na Indwe. Ons het soms oor Cala en Lady Frere gery na Queenstown, dit is die kortste pad. Na Aliwal-Noord toe ry ’n mens Indwe-Dordrecht-Jamestown. Hoop hierdie aanwysings is reg.

[5] Ongeveer drie meter.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.