NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Die koning se hoed

Johan Nieuwoudt

Hoe verlang ek nie nou na my oupa nie. Hy was daar met my geboorte en ek was by hom met sy dood.

Maar hierdie storie is nie oor my oupa nie. Dit is 'n storie oor die koning se hoed.

Ek is sewe jaar oud. Ons kuier op my oupa se plaas, Kikidroë. Dis nie 'n Franse naam nie, maar getuig van 'n windpomp wat swoeg om water te trek en dan sy nood bekla: "kikidroë, kikidroë ..."

Ons is klaar met die middagmaal. My pa en ma en ouma dut. Net ek en Oupa sit op die stoep.

"Kom ek en jy stap rivier toe, dan sny ek vir jou 'n perd," nooi Oupa my uit.

"Hoe kan 'n mens 'n perd sny?" wil ek weet.

"Kom saam en jy sal sien," antwoord hy my.

Opgewonde spring ek al om Oupa terwyl ons aanstap rivier toe. Daar haal hy sy ou knipmes uit. Op die mes se hef pryk die gesigte van Paul Kruger en ander helde. Hy maak sy mes oop en sny 'n stewige wilgerlat vir my af. Dan stroop hy die lat en sny kom korter. "Hier's jou perd my koning."

Ek spring op my perd en begin opgewonde al in die rondte hardloop. "Ek's 'n koning, ek's 'n koning en ek ry op my perd," skree ek laggend en wild.

Na 'n tyd hou ek skielik op hardloop en vra vir Oupa: "Maar Oupa, as ek 'n koning is, waar is my kroon?"

Oupa bly 'n rukkie stil, dan antoord hy my: "Pietman, dis beter as 'n koning 'n hoed dra. 'n Kroon beskerm jou nie teen die bloedige son nie. Daarvan word jy net mal."

Dis nou baie jare later en ek kan steeds nie ophou streef na my kroon nie. Ek is nou hier by Harvard Universiteit en ek weet dat as ek terug is in Suid-Afrika, sal die akademiese kroon myne wees.

Op een van my uitstappies by Harvard Square hoor ek 'n vreemde gesang. Ek stap nader en sien kaalvoet mense met oranje jurke wat ritmies al in die rondte skuifel terwyl hulle hipnoties chant: "Hari Krishna, Hari Krishna, Hari Rama, Hari Krishna." Hulle koppe is kaal geskeer, behalwe vir 'n lang vlegsel hare wat ritmies swaai op maat van die dreunsang.

Daardie nag slaap ek niks. Ook nie die volgende twee weke nie. Al wat deur my kop maal, is "Hari Krishna, Hari Krishna, Hari Rama, Hari Krishna ..." Toe weet ek: ek is die koning, ek is Hari Krishna. Maar toe ek die mense hiervan vertel, sluit hulle my toe in McCleans-hospitaal, waar ek verdwaas my akademiese kroon verfrommel.

Dis nou sewe jaar later. Vandag is my laaste dag in Weskoppies-hospitaal. Ek loop na die rooi hoofgebou toe en klim met die trappe op tot bo in die ou kloktoring. Daar kyk ek uit oor die reusedennebome na die Magaliesberge toe.

Ek voel baie tevrede. My opleiding as kliniese sielkundige is afgehandel. Dan dink ek: 'n kliniese sielkundige is ook op 'n manier 'n koning. Terwyl hierdie gedagte in my maal, hoor ek 'n snaakse ritseling deur die dennebome. Dit word duideliker: "Hari Krishna, Hari Krishna, Hari Krishna, Hari Rama, Hari Krishna."

Dan hoor ek ook iets anders. Eers saggies, maar later al hoe duideliker. Dis my oupa se stem, en hy sê: "Dra liewers 'n hoed, my kind, dra liewers 'n hoed ... Dit sal jou beskerm teen die bloedige son."

En dis na hierdie stem wat ek luister ...


Johan Nieuwoudt
Ek's op die plaas Oorskot (Boshoff distrik) in die Vrystaat gebore. Daarna het ek draaie gemaak by Krugersdorp, Maraisburg en oplaas Pretoria waar ek nou nog woon. Ek het by Stellenbosch, UP en Unisa geswot.
Vir baie jare al hou ek my doenig met die sielkunde. Noudat aftrede om die draai is, gaan ek probeer om stories te skryf ...
  Johan Nieuwoudt

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.