NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Hierdie gruverhaalreeks is moontlik gemaak deur Party Tricks

Skrik vir niks?

Die laaste gesproke woord was "een"

Coenie Kukkuk

Tydlyn … tot en met 17 Oktober 2005 uit Time van dieselfde datum; daarna ... wel?

1918 - Die voëlgriepvirus muteer en word aangesteek van mens tot mens.

1919 - Op die ou end sterf 100 miljoen mense wêreldwyd.

1957 - Die virus muteer weer eens en word van voël na mens oorgedra - twee miljoen dood in Asië.

1968 - Dieselfde gebeur as in 1957, en kom van Hongkong - een miljoen sterf.

1997 - Die H5N1-virus word geïdentifiseer en versprei vir die eerste keer van voël na mens.

2003 - 150 miljoen voëls word gedood in Suidoos-Asië en 60 mense sterf.

2004 - H5N1 word orals in Asië by mense gediagnoseer en honderde gaan dood.

2005 - H5N1 dood voëls vir die eerste keer in Europa. Daar word vasgestel dat H5N1 vier keer dodeliker is as SARS en steeds word sterker mutasies uitgewys. Die virus het nog nie van mens na mens versprei nie.

2005 - Okt 17 - Time publiseer 'n artikel waarin die mees vooraanstaande wetenskaplike op die gebied van virusse in Sjina, dr Guan, sê: "If a pandemic occurs, no matter how developed this world is, it would suddenly shut down … And I know it's coming."

2006 - Jan - Die eerste bewys word opgeteken dat H5N1 van mens tot mens versprei het - honderde sterf in Viëtnam, Tibet, Hongkong en elders.

2006 - Feb - Hospitale loop oor oral in Asië. Die VSA roep 'n noodtoestand uit en verbied alle vlugte van enige Asiatiese land, en word gevolg deur die Europese Unie en Australië.

2006 - Maart - Die meeste Asiatiese lande, asook Rusland en lande in die Midde-Ooste, verklaar dat 'n pandemie hulle getref het en honderdduisende mense is siek en sterwend. Die eerste sterftes in Afrika, VSA, Europa en Australië vind plaas.

2006 - Mei - Suid-Amerika rapporteer die eerste sterftes. Infrastruktuur in Asië is oorweldig en berigte stroom in van dooies oral op straat. Australië maak alle mans tussen 18 en 35 dienspligtig en stasioneer soldate regoor die Noord- en Ooskus en dreig om enige verdere onwettige bote en skepe van Asië af te kelder. Suid-Afrika, Madagaskar en Kenia doen dieselfde, net minder georganiseerd. Indië sê dat hulle nie meer hulle bevolking kan keer om te vlug nie.

2006 - Julie - Die VSA rapporteer meer as 100 000 dooies, en word kort daarna gevolg deur Europa. Alle oorgrensmigrasie word verbied deur 90 persent van die lede van die Verenigde Nasies. Die ekonomie gaan in resessie op vier vastelande. Australië rapporteer muitery onder soldate wat weier om meer Asiate op die strande dood te skiet. Nege bevelvoerders word deur hulle eie manne gedood en honderde soldate pleeg selfmoord.

2006 - Sept - Die VSA stuur vliegtuie oor die meeste Asiatiese lande en rapporteer hele gemeenskappe en kleiner dorpe waar geen teken van lewe of beweging gesien word nie. Berigte uit Asië word al hoe meer sporadies en radio- en TV-stasies gaan van die lug af. Indonesië, Viëtnam en Indië laat weet dat meer as die helfte van hulle bevolkings sterwend of reeds dood is. Die parlemente of kabinette vergader nie, aangesien meer as die helfte reeds dood is. Daar bestaan geen orde nie, en meer as twintig lande in die gebied smeek om hulp van die Weste, wat geweier word aangesien daar geen hulp beskikbaar is nie. Die VSA bombardeer die eerste skepe op pad na Hawaii vanaf Japan en ander onbekende bestemmings.

2006 - Des - Dringende videokonferensies word tussen die regerings van die Weste en die oorblywende regeringsamptenare van die Ooste gehou, behalwe Sjina, waarin daar slegs mondeling ooreengekom word dat oorlog nie verklaar sal word indien een land vlugtelinge van 'n ander dood nie. Sjina dreig om oorlog teen alle lede van die Europese Unie te verklaar as verdere aanvalle plaasvind op Sjinese burgerlikes wat Italië, Albanië en ander lande per skip en land probeer binnekom. Die VSA dreig om Sjina aan te val.

2007 - Feb - Sjina loods 'n atoombomaanval op Rome en wis die stad uit. Vier en twintig uur later val drie atoomkernkoppe op Beijing. Twee is van die VSA, die derde is nie geïdentifiseer nie. Wêreldwyd vlug miljoene mense na die platteland, in woestyne in en skuil op veraf eilande. Die meeste kom nie ver nie en kom om aan H5N1.

2007 - Julie - Totale chaos heers wêreldwyd. Geen TV-stasies saai meer uit nie. Alle foonverbindings per land, see of lug is onderbreek. Mense weet slegs wat in hulle onmiddellike omgewing aangaan. En daar sterf mense net - dis al wat gebeur, tot in die reënwoude, woestyne en mees afgeleë plekke op aarde waar H5N1 deur vlugtelinge, migrerende voëls en ander diere versprei word.

2007 - Des - 'n Man wat drie jaar weggekruip het vir vervolging aan die Skedelkus in Namibië, besluit om terug te keer na die beskawing nadat hy vir vier maande geen lewende siel gewaar het nie, en 'n onophoudelike hoes ontwikkel het. Op pad na Windhoek tref hy net geraamtes van mense en diere aan. Hy ruik Windhoek voordat hy dit sien. Hy kan skaars loop toe hy die buitewyke binnekom. Orals tref hy handgedrukte pamflette aan. Uiteindelik lees hy een. Daar staan: "Die meeste mense op aarde uitgewis deur H5N1. As jy dié nog kan lees, is jy van die laastes oor. Red jouself, vind ander mense en red die mensdom." Die man kan nie meer loop nie. Hy stort roggelend inmekaar en prewel: "Wat de hel is Ha Vyf En Een?" En sterf.



Coenie Kukkuk
Relatief jonk (36), bietjie van 'n Jong Turk en oproerig. Tuksstudent, regsman van beroep en amateur joernalis vir The Closet koerant. Lief vir nuus en trivia, en om sosiale kommentaar te lewer. Enkellopend uit eie keuse, met twee viervoetkinders. Woon in Lynnwoodrif, Pretoria.
  Coenie Kukkuk



LitNet: 01 November 2005

Maak 'n draai by Party Tricks

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.