NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Braam van der Vyver
Braam van der Vyver is die kommunikasiehoof van die Wes-Kaapse regering. Hy is die skrywer van ’n roman Stywe arm, ’n pantomime Aspoestertjie en agt toneelstukke. Een van sy kortverhale is ook opgeneem in Vonkfiksie.
  Braam van der Vyver

Langstraatnagte

Braam van der Vyver

Suna strip vir sakgeld by Georgette’s. Dis in Langstraat reg in die middel van die nagdistrik. Maar Suna is nie ’n hoer nie. Al smeek die manne hoopvol so, en al laat sy hulle toe om haar kousband vol frommelnote te prop.

Bedags recycle sy geld in Bellville as teller nommer vier met twee maroengebloesde tepels as liplekker reklame vir Bobaasdiens.

Billboy is Suna se kêrel. Stiptelik om halftwaalf kom haal hy haar by die toonbank wat lankal reeds pisglad is van al die gestorte Klippies en Cappies.

“Daai toonbank is ’n skating rink,” kla Suna.

“As hulle so aanhou vat ek jou Lily’s toe,” hou Billboy sy lyf manager.

Op sy 750 ry Billboy eers langdraai oor De Waal Drive om vir Suna goed op te warm. By die flat kry hy warm liefde en koue pasteie van Pie World. Vyf en sewentig soorte om van te kies. En ’n hele boek vol vreemde Oosterse posisies.

Die volgende dag is Suna terug by haar geldhospitaal. Daar bedel terminaal-oortrokke pasiënte geld by wulpse Bobaasverpleegsters terwyl rentekoerse teen hulle skaamharige onderlywe afsypel.

Daar waar Suna aandeliks op die toonbank fetter, styg drankverkope naeltjiehoogte terwyl statusbewuste professionele persone ego-orgasmes uitruil en heimlik bly wonder oor lang verlore minnaresse. Suna wikkel nuwe begeertes by hulle los en dink aan Saterdae wanneer sy by die inligtingstoonbank tjekrekeninge en spaarrekeninge en bankgelde en transmissierekeninge voor haar beauty sleep verduidelik.

En terwyl haar kousband ywerig voortkollekteer, word haar beige bostukkie eenhandig losgewikkel sodat sy haar naellange tepelklepels uitdagend op die kermende gehoor kan rig, net om dan weer die dobberende vytjies agter ’n tuisgemaakte gaasgordyntjie toe te dek. Later as hulle nog meer punterig is, smeer sy hulle met baba-olie.

“Die bestuurder sal u nou-nou sien, meneer. Sit gerus. Ek kry net gou u lêer met die rooi vlaggie wat daarop dui dat u ses maande agterstallig is.” Sorry pêl, geen koffie of tee vir jou nie. Hierdie is ’n bank, nie ’n voedingskema nie.

Terwyl die manne halfgedrinkte kastele weer vol kwyl, peul Dave se volnoot regterhand teen haar diepbruin serpentynbeen op. “Hundred and five rand and that’s my final offer.”

Sy grinnik vir die uitsmyter as sy die kort rooi kleefbroekie ongeërg van haar afskil en die manne ten aanskoue van die pienk Pep Stores pantietjie begin gil of WP nou net weer die Curriebeker gewen het.

Die klam Kaapse koue styg onkeerbaar in haar lieste op terwyl die manne in die voorste gestoeltes Meksikaans nader golf, om beter te kan sien my kind. Haar geoefende oog sien die gryper betyds en sy trap na links af om nog ’n harige arm te ontwyk . “You’re frozen,” herinner Madonna luidrugtig net voor die uitsmyter die ongewensde bewonderaar na die agterste gestoeltes wegruk.

Eers toe sy die beat weer herwin het, buig sy oopketel in die rigting van die ou met die swart dye-kop en die geel baadjie. Seker die pick six gewen, dink sy toe hy nog ’n duur noot uitvroetel.

“’n Goeie beleggingsportefeulje moet ook vir kontant voorsiening maak, meneer Snyganz..” Sy sien hy twyfel. As u sien die kliënt twyfel, gaan sien dadelik die bestuurder. Moet hom onder geen omstandighede toelaat om die transaksie te gaan oordink nie en onthou dames: borsies uit en boudjies in, veral met die wegstapslag.

Sy klim uit die pantietjie uit en skop dit tot agter die dennehouttoonbank waar dit veilig in ’n plas brandewyn en Coke te lande kom. Nou heers daar pandemonium. Die volk cheer en hyg en kwyl dat jy dit tot anderkant die berg kan hoor. Sy terg vir nog drie minute totdat hulle blus uit is.

Nou net ’n paar verbeeldinglose flashes dan kan sy die pad vat, die musiek lankal ’n bysaak. Net dié wat kontant gestoot het, kry weer ’n kyk.

Buite in die koue flits ’n outoteller Geen fondse beskikbaar aan nog ’n bedroë rekeninghouer terwyl potensiële beleggers langsaan in die klub se kleedkamer tattoo’s vergelyk en beenhare skeer.

Skielik stop die musiek en sy begin haar goed bymekaar te maak. Haar gesigsuitdrukking verleeg en sy skarrel uit die pad van haar fan club. ’n Duisend vesoeke vir privaat vertonings bly in die lug hang. So ook ’n huweliksaansoek en ’n trip na Mauritius.

Die koue aandlug klap haar suidoos voordat sy die valhelm wat Billboy in haar hand stop kop toe kan vat.

“Hulle was weer lekker vulgar vanaand,” grom hy.

“Hulle was maar soos gewoonlik,” paai Suna. Dis eers toe sy die bike se revs aan haar onderlyf voel, dat sy weer soos ’n mens begin voel. Sy kyk af na die Kaapse liggies en sug en wonder vir die soveelste keer hoekom regte lekkerkry dan net vir die armes bedoel is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.