NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Ettienne van Lille
Sedert 1962 (jaar van geboorte) is Ettienne van Lille getoë in die noordelike voorstede en die Universiteit van Stellenbosch. Die bou van gedigte is sy eerste liefde en hy debuteer êrens in 2001 met Chemiese Glimlagte (Contentlot).

Laaste opdrag


Ettienne van Lille

Luitenant John Thibault dwing die magtige F15-vegvliegtuig se swart neus in die rigting van die Libiese stad, Breqa. Opdrag: primêre teiken — ’n kamp waar fundamentele Islamietiese terroriste opgelei word om terreur oor die wêreld te saai. Hulle hoofteikens is Amerikaanse instellings en installasies, veral in Afrika en Europa. Amerika self sal ook nie hul optrede van klinies beplande terreurdade vryspring nie.

“Niks mag bly staan nie. Dit is Amerika se mense, ons vroue kinders en mans, júlle vroue en kinders, wat gedood en onherkenbaar vermink kan word in hierdie lafaards se sogenaamde fokken heilige oorlog,” het kolonel Ronald W. Remington hulle pep talk afgesluit. “Moenie aan hierdie bliksems ’n duim toegee nie!”

“Wetter!” ’n Vroeë waarskuwingslig blits rooi, die F15-vegvliegtuig se kajuit vol. Grond-tot-lugmissiel. Op vieruur! Reeds afgevuur! Swenk, swenk! skree John se kop vir hom terwyl die sweet in riviere onder sy arms afloop en sy vliegpak daar donker vlek. Nie goeie sweet nie, dink hy. Hierdie is van skytbanggeit. “Fok!”

Teen byna die spoed van klank reageer die F15 verskriklik traag op John se dringende spastiese rukke aan die nou erg stram stuurstok.

Bo die Libiese woestyn, in ’n duisend woedende stukke, detoneer die kragtige SA 2-missiel en dring honderde witwarm stukke metaal die stuurboordvlerk en die gedeelte net onder die kajuit, binne. Hidroliese pype word afgeruk en elektroniese kabels onthoof.

Dit is asof die F15 ’n beroerteaanval gekry het. Verlam aan die eenkant. Kruppel. Dit beteken dat hierdie missie nou geaborteer moet word.


Sy het my verraai. Die fokken bitch het my waaragtig verraai, verneuk. Ek het haar nog net goed behandel. Jissis!

Hoekom nou?

Juis nou?

Trane, sweet en angs brand in John se oë. Daar is ’n dik droë salpeterlaag in sy mond …

Blou en rooi noodligte skep ’n makabere ligkarnaval in die halfdonker sitkamer van John Thibault se huis.

“Jy sê sy het aan die slaap geraak terwyl sy lê en lees het?” sug Inspekteur Smit die vraag uit. Dit is die een en twintigste keer hierdie week wat hy vroegoggend al na ’n misdaadtoneel uitgeroep word. Seker ook die nege en veertigste beker koffie wat staan en koud word in die ons-lief-pappa-beker met die groot rooi hart. En in hierdie flippen Nuwe Suid-Afrika het opfok deesdae die reël geword.

“Ja,” kom dit kortaf van John.

Hy ploeg voort met onwillige woorddonkies. “Sy het so teen negeuur gaan lê.”

Hy bly staan terwyl hy met die polisiebeamte gesels. Dit is seker sy tien jaar in die onderwys wat hom laat voel, dat as hy staan, luister mense beter.

Hierdie geondervraey in sy sitkamer maak hom nou in elk geval gatvol. Is hý dan nou die aangeklaagde?

“… En ja, as sy ’n hoofpyn het, dan sit sy gewoonlik die groot blou kontinentale kussing oor haar gesig. Blykbaar maak die donker en die effense gewig van die kussing die hoofpyn beter.”

Maar my gewig op haar irriteer haar net deesdae.


Dit is ’n vaal vroegsomer Dinsdag. Johan kom net van ’n krieketoefening af en dink aan die arme adolessente donners wat hy moet leer krieket speel by die skool. Die ongelooflike futiliteit daarvan. Die deurklokkie lui.

“Meneer Thibault, middag,” en die man gaan voort sonder om asem te skep of te vra hoe dit gaan, “die oorsaak van u vrou se dood was waarskynlik versmoring. ’n Fratsongeluk.” Die staatspatoloog gaan verder: “… Maar die polisie sal u waarskynlik nog vir ’n dag of twee aan verdere ondervraging blootstel.” Hy kliek sy bic-pen terug, nadat hy vinnig ’n aantekening gemaak het op die staatslêer, en plaas dit terug in sy ligblou Woolworths-hemp. “… Ek persoonlik vermoed geen misdaad nie en het dit ook so gerapporteer.”

’n Donderdagaand. So halfsewe. Die deurklokkie lui vinnig. “Meneer Thibault, aangenaam, ek is speurder-konstabel Morné Black,” stel die jong seunsgesig homself voor. Seker ’n boorling van Goodwood, dink John refleksief.

Adidas naskeer. Stone-washed jeans en ’n Queenspark T-hemp. Appelkooskleurig. “Ek moet meneer ongelukkig weer pla, maar nog net so twee vragies dan maak ons hierdie sakie toe.”

John herhaal sy antwoorde van die vorige ondervragingsessie meganies. “Nee, ek het nie ’n alibi nie en ja, ek was tuis en soos ek reeds gesê het wat in die fokken slaapkamer gebeur het, weet ek nie. Ek was in die studeerkamer besig om ’n flight simulator game op die PC te speel. Die game se naam is F15 Strike Eagle.” John brei ongevraagd verder uit oor die speletjie.

“So ’n mens kan ook van jou beste missions save?” vra die jong speurder belangstellend.

“Ja, ek save gewoonlik my beste missions.” John is nou opgewonde, die gesprek is meer informeel. Hulle is nou in elk geval besig met ’n onderwerp waaroor hy byna fanaties is. Nog effens meer fanaties en hy kan seker gesertifiseer word, het sy oorlede vrou altyd opgemerk.

Op die aand van sy vrou se dood het hy een van sy beste missions ooit gevlieg. Dit was net daardie een klein mishap tydens die laaste mission, so twintig kilometer van Breqa af. Hy moes uitskiet, maar het nog steeds ’n baie goeie score gekry.

“Gee meneer om as ek die game op my PC copy?”vra die bekeerde simuleerder-dissipel in die aangesig van sy kitsmeester.

“Sure” Gaan en leer my seun, dink Johan trots.


Teetyd.

’n Vrydagoggend. Daar is ’n houterige klop aan die staatsdienskantoordeur van Inspekteur Smit se kantoor. Speurderkonstabel Morné Black sypel die kantoor binne. Sy moeë en rooi oë rus ’n kort tydjie op die koffiebeker van die inspekteur. Sy oë ontmoet die inspekteur s’n êrens in die middel van die kantoor.

“Moeg, Black?” vra Smit.

“Ja, ek was omtrent die heelnag besig met ’n flight simulater game wat ek by Thibault gekry het.” Hy gaan voort en kyk vir ’n oomblik na John se lêer op die inspekteur se tafel. Die blou uit-mandjie. Case closed. Op een handtekening na. Die bevelvoerder s’n.

“Baas, hierdie Thibault is fantasties as dit kom by flight simulators, maar nou wonder ek net. Op een van die missions wat hy op die aand van sy vrou se dood gevlieg het, vlieg hy om die een of ander duistere rede vir agtien minute lank dood-flippen-reguit, sonder om enige iets met die plane te doen. Hulle het hom ook toe afgeskiet, anders het hy ’n moerse score gehad.”

“Baas ... hoe lank vat dit vir ’n mens om iemand te versmoor?”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.