Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Dis ‘n gespartel om aandag in kunssee – “Het enigiemand nog ‘n idee?”

Jaco Botha

Met altesame 194 produksies en uitstallings by die fees spook die nagenoeg 1 000 kunstenaars nogal vir ‘n billike snyseltjie toeskouerkoek.

Teen Dinsdag was daar reeds 86 000 kaartjies verkoop en daar word geraam dat ongeveer R151 miljoen tydens die fees van hande sal verwissel. Feesgangers spandeer ongeveer R1 500 per persoon. Krit het gaan uitvind hoe vervaardigers en kunstenaars te werk gaan om seker te maak dat hulle in hierdie kunsmassa raakgesien en ook ondersteun word.

‘n Produksie soos Groet die Grotman is ‘n stuk wat al met groot sukses deur Suid-Afrika getoer het. Ná ‘n uitstekende mediaveldtog trek die vertoning oral vol sale.

Wanneer jy as joernalis met die vervaardiger van Grotman, Frans Swart, te doen kry, dan verstaan jy ook hoekom die stuk so vriendelik deur die media behandel word. Met klein touches soos ‘n vinnige kom-dagsê by die nuuskantoor, ‘n joviale glimlag en ‘n dankiesê-e-pos ná blootstelling in die koerant het hy die goeie gesindheid van menige joernalis al gewen. Dit beteken nie dat joernaliste minder krities na sulke stukke sal kyk nie, maar dalk tog ‘n vriendeliker invalshoek sal probeer vind - gawe mense verdien tog meer geduld en blootstelling.

Behalwe vir Grotman, sê Susan Samuel, redakteur van Krit, het die produksiespan van die verhoogstuk Some Mothers’ Sons reeds voor die fees al vir haar persvrystellings en foto’s gestuur.

“Tydens die fees gaan dinge redelik dol en voorafbeplanning speel ‘n sterk rol om te sorg dat produksies op die mees geleë tyd in hul speelvak blootstelling kry,” sê sy.

Ander stukke waar bemarkers hulself goed van hul taak gekwyt het, sluit Mark Sampson se komedie Missing links en die musiek-extravaganza, 4Werke, met sangers Jannie Moolman, Karla du Plessis, Hugo en Sunette Bridges, in.

“Daar is so ‘n magdom vertonings dat ons gewoon nie by almal kan uitkom nie,” verduidelik Samuel. “Dan doen kunstenaars hulself ‘n groot guns deur ons ‘n bietjie meer in te lig oor waarmee hulle besig is.” ‘n Mens moet ook natuurlik versigtig wees om te hard te druk vir ‘n paar sentimeter koerantruimte. Volgens Samuel help dit ook nie om Krit se drumpel deur te trap en die redaksie daagliks met persvrystellings te bestook of ‘n oorlas van jouself te maak nie.

“Sommige shows het reeds die publiek se ondersteuning en word vroeg uitverkoop. Dit gaan dan niks help om ons te boelie om iets te plaas nie. Ons probeer eerder fokus op die onbekende elemente, die onvoorspelbare aspekte van die fees.”

Van boelie gepraat, Ouboet, of Frank Opperman, wat hierdie jaar in Meneer de Beer te sien is, het amper sy eie wors verbrand deur verlede jaar met ‘n videokamera by Krit se kantore op te daag en te vra hoekom die koerant niks oor hom geskryf het nie. Baie lede van die redaksie het dit as emosionele afpersing eerder as ‘n grap ervaar en wou vanjaar vir Meneer de Beer ‘n geen-blootstelling-les leer. Joernaliste is mos maar sensitiewe mense. In ‘n pittige SMS aan Krit waarin Francois Toerien sy eie show as “’n vars bries” beskryf, het hy ook die oorwerkte redaksie se sin vir humor getoets en een of twee het gewonder of dit nie bloot “blatante selfbemarking” is nie.

Die vreemde ding rondom die fees en bemarking is dat soveel skeppende mense met so min innoverende bemarkingsidees vorendag kon kom. Dis maar net posters, nog posters en pamflette. In Johannes Kerkorrel se deadpan woorde: “Het enige iemand nog ‘n idee?”


LitNet: 6 April 2006

Wil jy reageer op hierdie berig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.