Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Omamie stuur jou op vér reise

Jaco Botha

 

Friends of the Malts
Spesiale geleenthede
Onderwysgebou
R25

In die “Friends of the Malts”-lesing wat daagliks by die Onderwysgebou (oorkant die Absa-burgersentrum) aangebied word, leer jy dat “omamie” ‘n Japannese woord is wat die volledige proe van iets nuut beskryf.

Dit is natuurlik ‘n belangrike konsep in die proe van wyn en in hierdie geval whisky - die verskillende smaaksensasies en gewaarwordinge wat deur die mond tot in die keel beweeg.

Met behulp van ‘n Powerpoint-voorlegging word ‘n sestal van ons stadig maar seker in die geskiedenis, samestelling en geheimenisse van verskillende whiskys teruggelei.

Die klas, aangebied deur Chris Koch, verloop aanvanklik eers ‘nbietjie stram en my mond water behoorlik terwyl ek na die verskillende skakerings goud in die glasies kyk en aan plaasmuseums en bemarkingsvergaderings dink.

“Skud jou glasie só en kyk hoe ná lê die druppelbene aan mekaar,” verduidelik ons mentor. Ons word vertel hoe die “bene” van die whisky die gehalte daarvan kan aandui.

Soos ‘n preutse meisie - hoe nader die bene aan mekaar, hoe suiwerder die voggies. Wanneer ons uiteindelik toegelaat word om die eerste glasie te lig en daaraan te ruik, is ek al behoorlik lus vir steek - dopstreek of messteek.

Die eerste whisky waaraan ons proe, is Glenkinchie. “Almal se monde is anders en ons ervaringe mag uniek wees,” temper Koch uit die staanspoor enige buitensporige verwagtinge.

Met die Glenkinchie is almal egter basies op dieselfde bladsy. Die whisky het so ‘n katjiepieringblom-eerstesmaak en dan voer die omami jou mee in ‘n skerp, vurige sonsondergang: tot in die stil, koue peet van die nag. Lekker.

Nou volg Clynelish en stil met die vredige smaak van see, skulpe, en strandhuise my groot lus. Die lesing word sommer dadelik ook al lekkerder.

Talisker laat my dink aan koek (vrugtekoek) terwyl Gragganmore my laat wegglip in gedagtes van seperige stortbaddens in swierige hotelkamers; die swaaiende lywe van fietse nimfe op disco-dansbane.

“Hierdie was dan die vroulike whiskys,” vertel Kaptein Koch ons verder, “en nou beweeg ons aan na die twee manlike whiskys wat op die Isle of Skye gedistilleer word.”

Ag, wat de f-, dink ek en vat sommer ‘n behoorlike sluk van die rokerige Coal Ila. Met uiterste selfbeheersing keer ek myself om nie die drank in my buurtannie (wat tydens die lesing nogals mooi geword het) se oorskulp te spoeg nie.

Die smaak lê êrens tussen dryfhout en nat hond en ek is nog nie dronk genoeg om rêrig van so ‘n smaak te hou nie. Die omami van die grys dood! Met die laaste glasie Dalwhinnie probeer ek die Lochness Hond uit my mond uit spoel en, dankie tog, hierdie outjie is minder harig en troos met die warm windstiltes van ‘n Kersfees op Koekenaap.

Die les is afgesluit en vyf vreemdelinge is binne ‘n halfuur omgetooi tot heerlike, kletsende pelle. Ek het geleer dat die totale waarde van whisky in Skotland op enige gegewe oomblik twee maal meer as al die goud in die Bank van Engeland werd is.

‘n Ander waardevolle les is dat seksuele oriëntasie ook by whisky van krag is.

Teen R25 vir 5 tots prima Scotch, is dit ook ‘n bargain!





LitNet: 3 April 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.