Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bemagtigingskursus op 2006 Absa KKNK skep toekomsgeleentheid

Terwyl duisende feesgangers vanjaar se Absa KKNK van 1 tot 8 April gaan opfees, sal daar ‘n groep van ongeveer 20 mense uit die groter Oudtshoorn-gebied wees wat hulleself gaan bemagtig om kunstebestuurders en -administrateurs van die toekoms te word.

Artéma, die Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus), bied tydens die fees ‘n kursus in Kuns- en Kultuurbestuur op gemeenskapsvlak aan om mense uit die plaaslike omgewing op te lei en te bemagtig om hulle eie kunste-omgewing beter te kan bestuur.

Hierdie kursus vind plaas vanaf Woensdag 5 tot Vrydag 7 April 2006 in die komiteekamer van die munisipale kantore. Dit word aangebied in samewerking met die Absa KKNK, die ATKV en Naspers as borge. Die mense wat hierdie kursus bywoon, kom vanuit Brighton, Bonguletu, Deyselsdorp en Oudtshoorn self.

Tydens hierdie driedagkursus sal die kursusgangers opleiding ontvang in soveel moontlik fasette van kunstebestuur. Dit sluit onder andere in projekbestuur in die kunste, bemarking, finansiële bestuur, etiek in die kunste, besigheidsgereedskap van die kunste, fondswerwing en strategiese beplanning in die kunste.

Die kursusgangers ontvang na afloop van die kursus ‘n universiteitsertifikaat vir die bywoning daarvan. Die sertifikaatoorhandigingsplegtigheid vind Vrydag 7 April om 16:45 op die ATKV-verhoog plaas.

Dit is reeds die derde keer dat hierdie kursus op Oudtshoorn aangebied word. Die kursus is ook reeds die afgelope vyf jaar suksesvol tydens Aardklop aangebied.

Artéma is besig om die kunste-omgewing in Suid-Afrika met dryfkrag te bemagtig. In die eerste twee bestaansjare van hierdie instituut is daar reeds 24 kursusse aangebied, waarin meer as 440 mense opgelei is.

Artéma is ‘n eerste van sy soort in Suid-Afrika. Dit het ten doel om mense betrokke by die bestuurskant van die kunste op te lei en te bemagtig om die breë kunste-omgewing beter te kan bestuur. Die instituut se opleidingsfokus is van gemeenskapsvlak af opwaarts in die kunste- en kultuurstrukture van ons land.

Die instituut beplan ook ‘n groot verskeidenheid kursusse vir die toekoms: kunstebestuur (gevorderd), bemarking in die kunste, teaterbestuur, produksiebestuur en arbeidsverhoudinge in die kunste is van die kursusse wat reeds ontwikkel word.

Toerisme en die kunste- en kultuuromgewing raak al hoe meer vervleg en interafhanklik. Artéma is daarom reeds besig om ‘n kursus op hierdie terrein te ontwikkel.

Artéma beplan ook om in die toekoms gereelde werkseminare, seminare en meesterklasse oor spesifieke onderwerpe en knelpunte in die kunste- en kultuuromgewing aan te bied.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Chris de Bruyn by (018) 299 2850, besoek die instituut se webruimte by http://artema.puk.ac.za, of skakel Justine Nofal, Absa KKNK-kantoor, tel (044) 203 8600, sel 082 449 2195.




LitNet: 24 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.