Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Illse Roos van Egoli-faam in kabaret by Absa KKNK te sien

Die bekende aktrise Illse Roos is by vanjaar se Absa KKNK vir die eerste keer in jare weer terug op die verhoog met ‘n kabaretvertoning, Blou Kafee.

Die sirkel is voltooi ... Hoewel mense haar onthou vir haar rol in Egoli, was Illse se wegspringblokke in die industrie jare gelede eintlik kabaret. Haar eerste professionele vertoning was immers ‘n uitvoering van Brecht.

“Ek het nou die volle pad gestap. Ek het eers gesing, toe was ek ‘n aktrise en nou doen ek weer kabaret,” vertel die donkerkop vanuit haar huis in Risidale, Johannesburg.

Vreemd genoeg, dit is ook die heel eerste keer dat Illse op ‘n verhoog by die Absa KKNK te sien gaan wees. “En dis vir my ‘n groot hoogtepunt! Terwyl ek by Egoli was, was daar eenvoudig net nooit tyd nie en sedertdien was ek kliphard besig om ma te wees vir my twee seunskinders.”

Die ontstaan van Blou Kafee is eintlik drieledig: Ná die groot sukses van M-Net se gewilde reeks Amalia (waarin Illse die titelrol vertolk het) is daar besluit om ‘n tweede reeks te maak. Die skrywer van die reeks, Chris Barnard, het in dieselfde tyd wat hy aan Amalia 2 begin werk het, ‘n liedjie van Illse oor die radio gehoor en het onmiddellik besluit om Illse in die tweede reeks van Amalia meer aan die musikale kant te betrek.

Chris het altesaam sewe lirieke spesiaal vir dié reeks en vir Illse geskryf. En nou kan nege van die liedjies wat sy in dié reeks sing ook in haar kabaret gehoor word. Nadat die liedjies vir die reeks geskryf is, het Illse die immergewilde sangeres Laurika Rauch gevra om dit na liedjieskrywers te stuur om die musiek vir die lirieke te toonset.

En só het die musiek in Amalia 2 ontstaan, maar dit was ook deel van die bestuiwingsproses vir die kabaretvertoning Blou Kafee én Illse se debuutalbum met dieselfde titel.

Terwyl groot name in die musiekbedryf soos Mynie Grové, Chris Torr, Gian Groen, MD Greyling en Emile Minnie verantwoordelik was vir die musiek, het Laurika die musiekregie vir die KKNK-vertoning behartig. “Die vertoning het glad nie ‘n geweldige dieperliggende boodskap van tagtig bladsye lank nie,” glimlag Illse. “Dit is bloot ‘n storie oor die pad wat jy loop met die liefde in die lewe ...”

En behalwe dat Illse geskiedenis maak met haar debuutalbum én haar eerste vertoning by die fees, was dit ook die heel eerste keer dat die skrywer Chris Barnard sy hand aan lirieke gewaag het.

Saam met haar in dié kabaret is die pianis André Kempen en Gian Groen op kitaar te sien. “Hierdie was een van die grootste en lekkerste projekte waaraan ek nog gewerk het. Laurika het soveel ekstra myle gestap vir hierdie projek en Katinka Heyns was net so nou betrokke by alles. Dit was ‘n geweldige kollektiewe proses,” sê Illse.

Of sy weer terug is in die mark en meer gereeld op die verhoog of selfs die kassie gesien gaan word? “My eerste prioriteit is steeds my man en my kinders. Hierdie was ‘n heerlike uitdaging en ek het nog altyd gedroom van my eie solo-album. Ek is in die wonderlike posisie om selektief te kan wees met die werk wat ek doen. Ek is nog nie weer volstoom terug in die bedryf nie maar as daar ‘n lekker uitdaging op my pad kom, sal ek dit nie net blindelings van die hand wys nie,” sê sy.

Optredes by Die Burger Laerskool Noordsaal, Oudtshoorn.
3 Apr. 19:00, 4 Apr. 19:00, 5 Apr. 13:00, 6 Apr. 19:00, 7 Apr. 16:00
Kaartjie- en verblyfbesprekings: www.kknk.co.za




LitNet: 16 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.