Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaansweek 2006 in die Paarl: 'n Feesviering van alles wat lekker is in Afrikaans

Persvrystelling

Die Afrikaanse Taalmuseum en ander organisasies in die Paarl span vanjaar weer saam om ’n interessante en uiteenlopende program aan te bied vir Afrikaansweek (13 tot 19 Augustus). Die fees sluit vanjaar onderwerpe in soos kontreistories, humor in die uitsaai- en toneelwese, die bevordering van Afrikaans, en die erfenis van N.P. van Wyk Louw.

Bekende skrywers en sprekers soos Philip de Vos, Joey de Koker, Christo van der Rheede, Willem Fransman, Gideon Joubert en Sussie Kotzé tree tydens vanjaar se fees op.

Die fees open op Sondag 13 Augustus met ’n spesiale Afrikaanse kerkdiens deur ds Carel van Wyk in die Suider-Paarl NG Kerk.

Die Afrikaanse Skrywersvereniging bied op Maandag 14 Augustus ’n voorleesaand aan met die tema ’n Aand met die grotes by die Taalmuseum. Jonger digters wat deur ander bekende digters beïnvloed is, sal uit hul werke voorlees. N.P van Wyk Louw se ryk literêre erfenis sal ook tydens ’n gesellige byeenkoms op Dinsdag 15 Augustus herdenk word.

Vrydagaand kuier die veelsydige Philip de Vos by die 55+ Sop-en-broodaand van die NG Gemeente Agter-Paarl. Kontreistories is ’n skrywersprogram met Gideon Joubert, Willem Kotzé, Abraham Brink en Sussie Kotzé wat op Saterdag 19 Augustus by die Taalmuseum plaasvind. Dié program sluit ook ’n sangoptrede deur Belia Lourens en ’n Sandveldete in.

Die Paarl se eie geliefde aktrise, Joey de Koker, gesels op Woensdag 16 Augustus oor humor in die uitsaai- en toneelwese. Paarl Museum en die Dameskring bied op Donderdagoggend ’n spesiale Vroueoggend ter ere van Vrouemaand aan, met inspirerende praatjies deur dinamiese vrouens van die Drakensteinvallei, soos Sylvia le Cordeur en Muriel Ndzuzo. ’n Gratis begeleide toer deur Paarl Museum se uitstallings oor die dorp se geskiedenis vorm deel van hierdie spesiale oggend.

Twee lesings rondom die bevordering van Afrikaans word Dinsdagoggend by die Hugenote-Gedenkskool gegee in samewerking met die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en die Afrikaanse Taalmuseum. Die sprekers is Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die SBA, en Isabeau Botha van die Taalmuseum.

By die Taalmuseum self word daar vanjaar tydens Afrikaansweek weer spesiale opvoedkundige programme vir graad 6- en 7-leerders aangebied, waarvoor studente van die Universiteit van Stellenbosch se Dramadepartement spesiaal ’n interaktiewe toneelstuk rondom die GRA geskep het. Op Maandag 14 Augustus vind ’n funksie plaas waartydens trommels vol splinternuwe boeke aan ’n aantal skole oorhandig word as deel van ’n projek in samewerking met Biblionef en die Vriende van Afrikaans.

Die derde Marie Luttig-Gedenklesing word vanjaar ook tydens Afrikaansweek deur prof. Elize Botha by die Hugenote-Gedenkskool gehou.

Klik hier vir die volledige program

LitNet: 1 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.