ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Lanternfees in Taiwan

Liezel van Beek

‘n Sterk wind en ‘n hardnekkige lantern het onlangs groot konsternasie in Taiwan veroorsaak toe ‘n brand op een van die aanloopbane van die internasionale lughawe uitgebreek het. En so is die eeue oue legende van die lanternfees amper weer volbring.

Lanternfees word al vir eeue lank jaarliks gevier om die eerste volmaan van die nuwe Sjinese jaar aan te kondig. Dit is ‘n skouspelagtige gebeurtenis wat almal strate toe dwing om óf deel te neem aan die talle tradisionele draakdanse, vuurwerkvertonings en lanternuitstallings óf om vanaf die sypaadjie tussen die skares saam te drom om die gedoente te aanskou.

Volgens die legende het die Groot Hemelkeiser eenmaal so kwaad geword toe hy agterkom dat die dorpsmense sy gunstelinggans geslag het dat hy besluit het om die hele dorp met ‘n vuurdoop te verwoes. Gelukkig het ‘n goedhartige feetjie hiervan te hore gekom en die inwoners vroegtydig gewaarsku. Die feetjie het toe beveel dat elkeen in die dorp ‘n lantern moet aansteek op die gegewe dag. Vanuit die hemel het dit gelyk asof die hele dorp alreeds aan die brand is, en die keiser was tevrede dat die dorpsmense hulle verdiende loon gekry het.

Deesdae is die aansteek van lanterns steeds gewild en dit het selfs tot ‘n kunsvorm ontwikkel. Indrukwekkende kleurryke lanterns in die vorm van diere word orals saam met die tradisionele rooi papierlanterns uitgestal. In die noorde van Sjina word lanterns selfs van blokke ys gemaak! Op die aand van die lanternfees is die lug ook vol reuse vlieënde wenslanterns waarop jy jou wens kan skryf voordat dit op dieselfde manier as ‘n lugballon hemel toe sweef, waarna dit uiteindelik honderde meter hoog bo die aarde uitbrand.

Ongelukkig word nie almal se wens om die lotery te wen ewe goed in die hemel aanvaar nie, en sommige van dié lanterns tref weer die aarde voordat dit heeltemal uitgebrand het. Tesame met al die vuurwerkongelukke het die brandweer in Taiwan hierdie jaar ‘n ekstra besige tyd gehad nadat so ‘n wenslantern ‘n grasveld langs ‘n aanloopbaan by Chiang Kai-shek Internasionale Lughawe in vlamme laat opgaan het. Owerhede sê dat die lantern waarskynlik verskeie kilometer ver van sy oorsprong gesweef het omdat daar ‘n sterk wind gewaai het. Na ‘n aanvanklike gesukkel om die brand te blus, kon vlugte gelukkig spoedig hervat word.





LitNet: 21 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.