ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

’n Londense leksikon
(nie in alfabetiese volgorde nie)


Naomi Meyer

Die KWV UKkasie 2003 het Suid-Afrikaners in Londen vanjaar weer in mekaar se arms ingedryf.

Die woorde wat hier onder omskryf word, is voor en tydens hierdie Kunstefees (met dank en apologie) saamgestel uit blootstelling aan Suid-Afrikaners in die buiteland. Hulle woon in die groter Londen: in Leyton, Reading, die Docklands en South Harrow. Hulle is nie “tipies” Suid-Afrikaans nie. (Daar bestáán waarskynlik nie ’n “tipiese” Suid-Afrikaner nie.)

  • Afrikaans
    Die taal wat jy praat, behalwe wanneer jy hoor dat daar ander Suid-Afrikaners saam met jou op die tube ry.

  • Ambivalensie
    Jou gevoel teenoor Suid-Afrika, mede-Suid-Afrikaners en Londen as blyplek.

  • Apatie
    Jou (ander se) gevoel oor wat in Suid-Afrika aangaan. Jy woon nou in ’n parallelle werklikheid en partykeer voel dit nie eens of Suid-Afrika bestaan nie.

  • Stella
    Die bier wat jy drink. Baie daarvan.

  • Dos
    Dit wat die mense doen wat tydelik en kosteloos saam met jou in die huis bly. Hulle slaap op rusbanke, vloere, in sitkamers, kombuise en enige oop gat wat die ander tien (betalende) huismaats nie okkupeer nie.

  • Pomme
    Die ouens wat irriterend genoeg op al jou vakansiefoto’s opduik. Wanneer jy vir ’n vakansie na enige plek met son gaan (Ibiza, Mallorka, trouens enige eiland), is daar ook Britte met wit bolywe wat probeer om die girls in die geselskap op te chat. Niemand hou regtig van hulle nie, maar partykeer kry hulle nogal wat hulle wil hê.

  • Heathrow Bug
    Daai kiem wat maak dat almal soveel gewig optel wanneer hulle Engeland toe kom. Vergeet die Stella. Dis die klimaat.

  • Slapper
    Meisies val in een van die volgende kategorieë (in stygende volgorde van “los wees”): slet, hoer en slapper.

  • E
    Daardie substans wat in Suid-Afrika nog laas R80 gekos het (okay, dit was in 2001). In Engeland kos dit so drie pond. ’n Mens kry pille met ’n hoër suiwerheidsgraad, maar die goedkopes het ten minste die nodige effek.

  • Kruispad
    ’n Geestelike geleentheid wat die Suid-Afrikaanse gemeente by King’s Cross op Woensdagaande hou. Daar’s praise en worship, ’n praatjie, interaktiewe besprekings en eetgoed na die tyd.

  • Tube
    ’n Logiese deel van die lewe. Iets om oor te kla as dit jou te stadig bring waar jy wil wees.

  • Lugreëling
    Iets wat nie in Engeland bestaan nie. Vyf dae se warm weer op die Koningin se eiland regverdig dit nie (maar mens wonder op die klewerige tube hoeveel vyf dae daar in ’n jaar is).

  • Shortlist
    Die gesogte beroepe in Londen. Alles waarvoor ’n mens permitte gaan kry sonder om ’n paspoort ’n paar keer te “verloor” sodat jy weer die land kan binnekom.

  • Museums
    Daardie plekke in Londen wat ’n mens vir jou ouers gaan wys wanneer hulle kom kuier. Jy’t by jou vriende gehoor die British Museum het nou ’n stunning ingangsportaal en dat die Tate Modern so ’n mooi uitsig oor die Teems bied.

  • Toekoms
    Dít wat gebeur wanneer jou vakansiepermit verval, óf wanneer jy kies om te gaan settle in Suid-Afrika, óf wanneer jy uiteindelik in Engeland aanpas. Iets waaraan jy kies om nie te dink nie.

  • Pride/Soho
    Jy’t gehoor daar’s gay bashing in Londen, maar dis ook die stad waar jy die meeste op jou gemak jou seksualiteit op straat kan uitleef. As jy uit die kas wil klim, klim uit in Londen.

  • Son
    Iets waarin jy kies om te sit, nes die Britte. Koelte is vir die arme mense by die huis wat niks gewoond is nie.

  • Rauch
    Iemand wat jou grensloos sentimenteel maak. ’n Vrou wat jou laat voel jy sit op die grasperk voor die Blue Peter by Bloubergstrand.

  • Zoid
    Iemand wie se houding die bloed binne jou laat beweeg. Dis net jammer sy het by UKkasie opgetree, want jy het besluit om dit te boikot want jy’s “nie die UKkasie-tipe nie”.

  • Die rand
    Die geldeenheid wat heeltyd verstewig wanneer jy jou ponde oorstuur Suid-Afrika toe.

  • Die pond
    Jou geld. Daardie vet munt waarvan jy so moeilik gaan afskeid neem.

  • Die res van die wêreld (behalwe Londen)
    Plekke wat jy nou kan bekostig om heen te reis. Behalwe as jy hierdie maand te veel uitgehang het by die Three Black Crows of die Springbok Pub.

  • Rugby
    ’n Sport wat jou span meestal verloor. Een van die min goed wat jou nog laat huil.

  • UKkasie
    ’n Plek waar jy kan dronk word saam met jou vriende, sodat julle shows kan ontwrig vir ander mense wat al heel jaar daarna uitsien om sekere kunstenaars te sien optree.

    boontoe / to the top

    ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.