ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Terminaal 5, Johannesburg Internasionaal

Louise Engelbrecht

Terminaal - siekte, afskeid, dood. Eindpunt, bestemming. In my geval, 'n vertrekpunt, 'n begin.

Ek wag saam met 'n magdom ander mense vir die grondwaardin om die teken te gee dat ons kan naderstaan, gereed om in die maag van die groot silwer Airbus met sy geweldige vlerkspan te verdwyn, en om ver anderkant die wye blou Indiese Oseaan uitgespoeg te word soos 'n Jona op droë grond.

Die gedagtes wat ek al twee maande, nee, eintlik twee jaar lank onderdruk en bestuur met argumente en Internet-soektogte na nuwe inligting ter wille van die aanneemplek, wil-wil deurbreek: ek verlaat my land, die hele kaboedel, om heel waarskynlik nie weer terug te kom nie, behalwe as 'n gas in ander mense se huise. Sal my siel dit ooit oorleef?

Korreksie. Ek verlaat 'n land, die een waar ek gesoog, grootgeword en mens geword het, dié verlaat ek vir een wat ek nog nooit gesien of geruik het nie. Gelofteland, bedoelde land, geknelde land verlaat ek vir promised land?

Mense verhuis al eeue lank oor grense heen: Ellis Island, Botany Bay, Kaapstad. En lank voor dit ook. En neem met hulle saam hul kennis, taal, gewoontes, smake en geure, om hul merk te gaan laat op hul nuwe aanneemland. Of dié se boesem altyd so warm is, is te betwyfel, maar sy maak darem met verdrag plek vir die menigtes nadat sy hulle so ietwat gelouter het.

Wat 'n voorreg is dit nie om óór te kan begin nie. Om jou ou gewoontes, maniere, werkswyses en vooroordele van jou lyf te skud en vars, nee kaal, anderkant uit te stap en oor te begin nie.

En hoekom nie - jy het kennis en lewenservaring, en al het jy nie 'n sent op jou naam nie, stap jy oor 'n nuwe drempel met nuwe geleenthede.

Survivor wees, dis wat ons is, dié van ons wat flotsam en jetsam op die oewers van ander kontinente, met al ons vratte en skaafplekke, maar ook met 'n nuwe veerkrag van die voet om die eise van die nuwe land die hoof te bied.

En eise is daar talle - kry 'n werk, kry 'n blyplek, kry wiele, kry 'n skool, kry kos, kry, kry, kry. Kry eintlik 'n nuwe pad, want daar is nie meer 'n oue nie. Leer hoe werk dit by die werk, die skool, die koopplekke, die polisie (hopelik laaste op die lys), die council, die bank.

En leer om verder te kyk as 'n suburbia-bestaan. Om die nuwe vryheid van beweging en die ekstra kopruimte te gebruik, want dit in die eerste plek hoekom jy gekom het. Besef dat jy die voorreg het van twee kontinente se insig en dat niks, niks jou denke inperk, behalwe jyself nie.

Terminaal 5 - wedergeboorte.



LitNet: 29 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.