Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs beantwoord vrae oor Nederlandse burgerskap en skrywervisums

Vraag:

My man het ‘n Nederlandse paspoort. Ons het egter nie enige bande daar nie en wil eerder ‘n paar jaar in Engeland gaan werk om werksondervinding oorsee op te doen. Sal sy Nederlandse burgerskap ons as gesin daartoe in staat kan stel om soontoe te verhuis?

Antwoord:

Ja, enige burger van ‘n Europese Unie-land kan verblyf in die VK opneem ingevolge die EU-ooreenkoms en is ook geregtig om hul familie saam te bring. Familie sluit in ‘n eggenoot, kinders onder die ouderdom van 21 jaar en enige ander familielede wat deel is van dieselfde huishouding en afhanklik is van die EU-burger.

Julle sal vir jou en jou kinders moet aansoek doen vir ‘n EU-Familiepermit voor julle vertrek na Engeland.

Jy sal ook geregtig wees om in die VK te werk, sonder enige werksbeperkings.



Vraag:

Ek is in my vroeë veertigs, het al ’n paar boeke gepubliseer in Suid-Afrika en wil my ’n paar maande tot ’n jaar op die Engelse platteland gaan vestig onderwyl ek klaar skryf aan my volgende boek. Ek is selfwerksaam. Sal dit enigsins moontlik wees om ’n visum te verkry vir dié doel? Sal my vrou my kan vergesel as afhanklike?

Antwoord:

Ja, daar is inderdaad ’n kategorie in die Britse immigrasie-wetgewing wat skrywers toelaat om hul professie in die VK te beoefen.

Om te kwalifiseer vir die kategorie moet jy jou buite die VK gevestig het as skrywer en primêr betrokke gewees het in die produksie van oorspronklike werk wat gepubliseer is (uitsluitende koerante en tydskrifte). Jy mag verder, onder andere, nie van plan wees om te werk nie, behalwe vir die werk wat deel is van jou self-indiensname. Jy moet ook kan bewys dat jy vir die afgelope jaar jouself en enige afhanklikes met jou eie bronne onderhou, sonder om te werk in ‘n professie buite die omskrywing van “skrywer”.

Jou vrou sal jou kan vergesel as afhanklike in die kategorie en sy sal in die VK mag werk, sonder enige werksbeperkings.

Dit is ‘n redelik gekompliseerde kategorie en ek sou sterk aanbeveel dat jy met een van ons prokureurs in verbinding tree sou jy besluit om aansoek te doen in dié kategorie.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com




LitNet: 26 Julie 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.