Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs beantwoord vrae oor kwalifikasie vir 'n Britse studentevisum en EEA-familievisums

Vraag:

My broer werk in Engeland - hy is daar op 'n tweejaar-werksvakansie. Hy het so 'n rukkie terug 'n Spaanse meisie ontmoet en is vasbeslote om met haar te trou. Blykbaar wil hulle hulle permanent in Engeland vestig. Gaan dit inderdaad vir hom moontlik wees in terme van permitte ens?

Antwoord:

Jou broer sal na sy huwelik met die Spaanse dame geregtig wees om aansoek te doen vir ‘n EEA-familievisum. Die visum word uitgereik vir ‘n tydperk van vyf jaar, op voorwaarde dat hy gedurende dié tydperk steeds met haar getroud bly en dat hy en sy in die VK woonagtig moet wees. Hy sal tydens dié tydperk aan geen werksbeperkings onderhewig wees nie. Na verstryking van die vyf jaar sal hy kan aansoek doen vir permanente verblyf. Na ‘n verdere 12 maande op hierdie status sal hy ook kan aansoek doen vir Britse burgerskap.

Vraag:

Ek is in my dertigs en te oud om te kwalifiseer vir die tweejaar-werksvakansie, maar wil vreeslik graag in Brittanje gaan werkservaring opdoen en sommer reis ook. Ek glo nie ek sal vir enige van die ander tipes visums kwalifiseer nie, aangesien my werkservaring baie beperk is en ek geen naskoolse opleiding het nie. Ek is egter tans besig om deur middel van afstandsonderrig te studeer en het gewonder of dit my sal kan kwalifiseer vir 'n Britse studentevisum?

Antwoord:

Ongelukkig laat afstandsonderrig ’n mens nie kwalifiseer vir ’n Britse studentevisum nie. Die immigrasiereëls hieroor meld baie duidelik dat iemand ingeskryf moet wees vir ’n kursus wat minstens 15 ure per week se georganiseerde dagstudie aan ‘n Britse opvoedkundige instansie in die VK behels. Die Britse owerhede erken nie afstandsonderrig as georganiseerde dagstudie nie. Die instansie moet verder ook geregistreer wees by die Britse Department for Education and Skills, en op die Register for Education and Training Providers verskyn.

Jy moet egter nie moed verloor nie – daar is heelwat kolleges in Brittanje waar jy kan inskryf wat jou wel sal kan kwalifiseer vir ’n studentevisum – kontak gerus ons kantoor vir die besonderhede van betroubare instansies.

Met ’n studentevisum sal jy ook 20 ure per week mag werk, sowel as voltyds tydens vakansietye.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 13 Junie 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.