Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywerswerkswinkels by die US, Stellenbosch

Persverklaring

Die Departement Afrikaans en Nederlands van die US bied vanjaar by geleentheid van die Versindaba op Stellenbosch twee poësiewerkswinkels aan vir studente en lede van die publiek.  Die doel met ons jaarlikse werkswinkels is om aan aspirantskrywers die geleentheid te bied om hul talente te slyp onder leiding van 'n gevestigde skrywer of 'n kundige uit die skryf- en uitgewersprofessie.

Oor die jare heen het daar herhaalde versoeke tot die Departement gekom om so 'n diens te lewer.  Met die hulp van skenkings deur die uitgewers Human & Rousseau en Tafelberg het dit in 1999 moontlik geword om 'n eerste reeks Skrywerswerkswinkels aan te bied.  Verdere skenkings deur 'n anonieme borg en Het Jan Marais Nationale Fonds het daartoe bygedra dat die projek 'n jaarlikse instelling geword het by die Departement.  Die Hoof­organiseerder is dr Ronel Foster;  me Marni Viviers is die assistent.

Program
Vanjaar se aanbieders is Marius Crous en Ronel de Goede (Foster);  Heilna du Plooy sal 'n praatjie lewer.   Dit is die eerste maal dat ons ons werkswinkels tydens Protea se Versindaba aanbied, en wel op Vrydag 8 September, van 8:00 tot 16:00.   Die inskrywingsgeld vir die publiek en skoliere sluit 'n kaartjie vir Vrydagaand se Versindaba-program in die HB Thom-teater in.   Boonop sal enkele van ons deelnemers genooi word om Saterdag tussen 10:00 en 11:20 uit hul eie werk by die Versindaba voor te lees.   Vir die res van die naweek kan u self Versindaba-kaartjies koop by Protea - skakel (021) 882-9100, stuur 'n e-pos na ls.proteaboek@mweb.co.za of besoek
www.proteaboekhuis.co.za.

Die Poësiewerkswinkel-program is saamgestel om sowel studente as lede van die publiek te akkommodeer.  Naas die werksessies word daar ook gewoonlik lesings (praatjies) aangebied.   Ten einde reg te laat geskied aan die werkswinkelformaat en effektiewe interaksie te verseker, word getalle beperk.

Werkswinkels
Twee poësiewerkswinkels word op Vrydag 8 September aangebied:

  • 'n "Beginner"-werkswinkel vir diegene wat nog nooit 'n werkswinkel bygewoon het nie.   Die aanbieder is Ronel de Goede (Foster).
  • 'n "Intermediêre" werkswinkel vir diegene wat wel al 'n werkswinkel bygewoon het of wie se werk volgens die oordeel van die Reëlingskomitee opname in hierdie groep regverdig.   Die aanbieder is Marius Crous.

Inskrywingsfooie

  • R275 vir die publiek en skoliere (sluit 'n kaartjie vir Vrydagaand se Versindaba-program in)
  • R150 vir studente (slegs werkswinkel)
  • R25 afslag vir publiek en skoliere wat reeds twee of meer Skrywerswerkswinkels by die US bygewoon het

Die inskrywingsfooi sluit aantekeninge in (boekies met manuskripte, notas, ens), sowel as tee/koffie en ligte verversings.

Tyd en plek
Vrydag 8 September, vanaf 8:00 tot 16:00.   Die werkswinkels vind in Stellenbosch plaas, by die Dept. Afrikaans en Nederlands, kamer 693, sesde vlak, Lettere en Wysbegeerte, Gebou A (hoek van Andringa-, Merriman- en Ryneveldstraat - laat weet indien ons vir u 'n kaart moet faks).
Akkommodasie:  Toerismekantoor: Tel. (021) 883 3584 of 883 9633 of faks 883 8017 of e-pos eikestad@iafrica.com;  www.istellenbosch.org.za.   Vervoer vanaf die lughawe kan gereël word.

Doelstellings
Ons onderneem nie om binne enkele ure van iemand 'n beroemde skrywer te maak nie.  Wat ons wel probeer doen, is om sluimerende talente wakker te maak en om kreatiewe en kritiese denke te help ontwikkel.  Daarvoor verskaf ons 'n ruimte vir die bespreking van aspirantskrywers se werk binne groepsverband.  (Individuele konsultasie kan ongelukkig nie plaasvind nie, want dit sou die fooie onvermydelik verhoog.)  Verder word werkswinkelgangers blootgestel aan die skryfwerk van gevestigde én opkomende skrywers ten einde hul leeservaring te verruim.  Slaggate waarin maklik getrap word, word uitgewys.  Inligting oor publikasie­moontlikhede en manuskripversorging word verskaf.

Vergunnings
Werkwinkelgangers wat reeds twee of meer werkwinkels by die US bygewoon het, kom in aanmerking vir korting.   Vir studente en lede van die publiek wat uit die histories benadeelde gemeenskappe kom, kan eenmalig bystandsreëlings getref word, afhangend van beskikbare fondse.   (Die Afrikaanse Skrywersvereniging identifiseer potensiële werkswinkelgangers.)  Derdejaar- en Honneurs­studente in die Kreatiewe Skryfkunde kan inskryf teen R100.  Werkswinkelgangers wat finansiële bystand ontvang, sal ongelukkig geen Versindaba-kaartjies vir Vrydagaand kry nie.

Aanbieders
Marius Crous se debuutbundel, Brief uit die kolonies (2003), is met die Univ Johannesburg-prys vir Skeppende Skryfwerk bekroon.   'n Tweede bundel verskyn vanjaar.   Dr Crous is werksaam by die Parlement in Kaapstad.
Ronel De Goede (Foster) se Skoop.  'n Woordverwerking­speletjie vir die beginner (1993) is met die Eugène Marais-prys bekroon.   Saam met Louise Viljoen was sy verantwoordelik vir die saamstel van Poskaarte.   Beelde van die Afrikaanse poësie sedert 1960.   Dr Foster is senior lektor aan die Dept Afr & Ndl aan die Univ Stellenbosch.
Heilna du Plooy het twee digbundels gepubliseer:  Die donker is nooit leeg nie (1997) en In die landskap ingelyf (2003).   Prof du Plooy is hoogleraar aan die Dept Afr & Ndl van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit.


LitNet: 8 Augustus 2006

to the top / boontoe

Send us your comments. Write to webvoet@litnet.co.za and join our interactive opinion page! The letters page can be found here

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.