Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SAVI-Toekenning vir Voortreflike Vertaling 2006 - Oproep om Nominasies

Persverklaring

Die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut het op sy algemene jaarvergadering in Junie 2000 die gesogte SAVI-toekenning vir Voortreflike Vertaling ingestel – ’n toekenning vir vertalings in die amptelike tale van die land. Dis die eerste toekenning van dié aard in Suid-Afrika en is bedoel om die publikasie te bevorder van vertaalde werke wat oorspronklik in een van die inheemse tale van die land geskryf is.

Die toekenning word elke drie jaar gedoen om min of meer saam te val met Internasionale Vertalersdag (ook as Sint Hiëronimusdag bekend), wat elke jaar op 30 September gevier word. Die eerste toekenning is in 2000 op die Aardklop-kunstefees in Potchefstroom aan Leon de Kock oorhandig vir sy vertaling in Engels van Marlene van Niekerk se Afrikaanse roman Triomf. Die wenner van die tweede toekenning was Antjie Krog vir haar vertaling in Afrikaans van gedigte uit verskeie plaaslike Afrika-tale in die bundel Met woorde soos met kerse.

Vertalings kan in vyf kategorieë ingeskryf word. ’n Wenner word in elke kategorie aangewys en die algehele wenner word uit die wenners in die verskillende kategorieë gekies. Die kategoriewenners kry elkeen ’n merietesertifikaat en ’n kontantprys van R2 000. Die algehele wenner ontvang ’n wisseltrofee en ’n bykomende kontantprys. Die pryse word deur SAVI se ontwikkelingsfonds ondersteun.

Die taalklousule in die Grondwet maak dit vir almal wat met taalsake gemoeid is, ’n uitdaging om die gebruik van al die tale van die land te bevorder, en veral om die inheemse tale wat voorheen gemarginaliseer is, te ontwikkel. SAVI glo dat taalpraktisyns wat vertalings in of uit dié tale doen, ’n beslissende rol speel om die ontwikkeling van die inheemse tale te bevorder. SAVI het reeds in 1993 besluit om strategieë te implementeer om die gebruik en ontwikkeling van die inheemse tale te fasiliteer.

Die doelstellings van die SAVI-toekenning vir Voortreflike Vertaling is om:

1. die vertaling van fiksie en niefiksie in en/of uit die amptelike tale asook die publikasie daarvan te bevorder;
2. die gehalte van sodanige vertalings te verbeter;
3. veeltaligheid te bevorder, veral wat die gebruik en ontwikkeling van die inheemse tale betref;
4. kruis-kulturele begrip aan te moedig; en
5. openbare bewustheid te kweek van die verenigende rol wat vertalers in Suid-Afrika vervul.

Die Vertalersinstituut vra nou graag nominasies vir die toekenning wat in September 2006 oorhandig sal word. 'n Afskrif van die reëls ten opsigte van die toekenning is hierby aangeheg. Nominasievorms kan by die kantoorbestuurder van SAVI verkry word. Kontak asseblief vir Marion Boers by (011) 803 2681 of publications@translators.org.za.

Nominasies vir vanjaar se SAVI-toekenning vir Voortreflike Vertaling sluit op 30 Mei 2006.

Indien u enige verdere inligting verlang, kan u met Marion Boers in aanraking kom by (011) 803 2681 of publications@translators.org.za.




LitNet: 18 Mei 2006

to the top / boontoe

Send us your comments. Write to webvoet@litnet.co.za and join our interactive opinion page! The letters page can be found here.

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.