Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jy is die kind in my se hero

Sonia Cabano

is 'n voormalige model, bekende sjef op kykNET en deesdae 'n kookwater-joernalis wat vir verskeie publikasies skryf.
  Sonia Cobano

Beste ou Grote

Jy weet natuurlik ek het 'n groot sagte plekkie vir jou. Is dit die feit dat jy so uit jou maag uit lag vir ons van daar bo af, of is dit net maar dat my knieë altyd swik voor ouer mans wat alles al gesien en gedoen het, die soet en suur van die lewe beproef het, die dik en dun deurgesien het, en nog steeds 'n onwrikbare lewenslus behou? Dalk is dit die elfie-lyfies wat rondom jou dans wat jou so hups laat voel.

Die vonkel in jou oë laat my altyd dink jy's eintlik maar net 'n groot kind, 'n ondeunde vabond met die sleutel tot 'n groot towerkas vol van die lekkerste speelgoed.

My soort mens, met ander woorde. Een wat weet dat plesierigheid en feesvier die strik rondom die pasella van die lewe is.

Dit was 'n vol jaar. Ek het nie alles gekry wat ek wou hê nie, maar wat ek wel ontvang het, was onverwags en heeltemal betowerend. Soms, in oomblikke van stilte, pak ek een vir een die kosbare ervaringe uit en beskou hulle aandagtig. Kyk hoe blink dié een, en hierdie een!

Aaah. En die beste van alles lê in die wonderlike woorde wat rondom ons geval het, soos 'n sagte namiddagreën op 'n Hoëveld-aand ... Hierdie afgelope tyd was een van praat, prontuit, uit die hart. Uit alle oorde. Ek voel ons is op koers, Ou Grote, op pad êrens heen.

Ons het ver gekom hierdie jaar - jy, en ek, vandat ek laas vir jou geskryf het. Jy het weliswaar nog 'n lang reis van polkadraai en swier en swaai voor jou eerdat jy oplaas gaan tuiskom, waar jy seer sekerlik op die hande gedra sal word deur Missis Krismis. Ek hoop sy ontvang jou met 'n stywe whiskey en bak vol tuisgebakte koekies. Want jy verdien dit. Jy is die kind in my se hero.

Jy luister mos so goed na wat ons vra, en oordeelkundig deel jy uit. So kom ek b'lo' jou: volgende Krismis, as jy pootuit is, kom kuier jy by my en kry alles wat JY graag wil hê. Stuur solank die lysie.

Groete

Sonia Cabano

 
LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.