Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Die hele Stellenbosch moet rock ‘n roll”

Erns Grundling

‘n Brief in vanoggend se Die Burger deur Nic Barrow, inisieerder en stigter-voorsitter van die KKNK, opper ‘n paar interessante gedagtes oor ‘n moontlike “nuwe” kunstefees.

In sy brief getiteld “Hou nuwe fees in Eikestad” stel Barrow voor dat Stellenbosch in die toekoms gasheer moet speel vir ‘n “werklik nasionale kunstefees”.

Ek wil dit egter verder neem: Wat van ‘n fees met al ons eie kulture, maar ook Afrika-kulture en selfs ‘n fees met werklik internasionale deelname. As die Skotte dit kan doen, kan ons sekerlik ook.

Volgens Barrow is Stellenbosch die perfekte dorp vir so ‘n fees, veral weens die gevestigde infrastruktuur en ekonomiese hupstoot wat dit vir die Wes-Kaap kan beteken.

Hy stel voor die fees moet jaarliks in die Julie-skoolvakansie ná die Grahamstad-fees aangebied word.

Ek het hom vanoggend gebel en hy het ‘n paar gedagtes oor die moontlikheid van so ‘n fees gedeel.

Hy meen daar is beslis plek vir Afrikaans in so ‘n fees, maar dis allermins eksklusief.

“Ja, Afrikaans moet ongetwyfeld ‘n stewige staanplek kry, dis ononderhandelbaar. Maar ons moenie dupliseer wat reeds by ander feeste is nie. Die fees moet totaal Suid-Afrikaans wees, en ook ruimte skep vir lande in Afrika en Europa en ander wêrelddele. En die hele Stellenbosch moet kan rock ‘n roll!”

Hy meen Stellenbosch is beslis die aangewese plek en dat so ‘n fees nooit in ‘n stadsomgewing sal kan werk nie.

“Stellenbosch is 30 km van ‘n internasionale lughawe. Daar is ook oorgenoeg verblyf- en kuierplekke. Ek voorsien wel ‘n paar probleme met verkeersknopings. Maar dit help nie jy hou so ‘n fees in ‘n stad nie. Kyk maar na Kaapstad as voorbeeld. As ‘n toneelstuk in die Baxter speel, weet niemand in Seepunt daarvan nie.”

Barrow wil graag kyk na invloedryke mense soos biskop Tutu, Antjie Krog en André P Brink om betrokke te raak by die gesprek. Hy stel dit egter duidelik dat hy nie wil hê politici moet inmeng in die fees nie.

“Daar is nie plek vir bekrompe, klein mensies van enige taal of kultuur nie.”

Hy reken groot maatskappye sal beslis die potensiaal van so ‘n fees raaksien.

Ons nooi LitNet-lesers uit om aan die gesprek deel te neem:

  • Is daar plek vir nog ‘n fees?
  • Kan julle aan ‘n gepaste naam vir so ‘n fees dink?
  • Is Stellenbosch die regte plek?
  • Is ons ander feeste nie “werklik nasionaal” nie?
  • Is ‘n samekoms van “ons eie kulture, maar ook Afrika-kulture en selfs … werklik internasionale deelname” haalbaar, veral ekonomies?
  • En wat kwaliteit betref?

    Stuur julle menings na webvoet@litnet.co.za.



    LitNet: 2 Junie 2005

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.