Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Maar bowenal tyd, tyd, tyd

Kleinboer

is 'n bekroonde romanskrywer wat die Afrikaanse letterkunde in rep en roer gehad het met sy debuut, Kontrei.
  Kleinboer

Liewe Vader Krismis

2004 het soos 'n sneltrein verbygeswiep; ek het nog nie eens die aftershave oopgemaak wat jy my laas Kersfees gegee het nie. Die vernaamste rede is dat ek vir elf maande van hierdie jaar baard gedra het. Gewoonlik skeer ek my baard ná die winter af, maar as daar 'n krisis in my lewe is hou ek die baard selfs deur die somer (omdat ek agter die baard wil skuil en kou, myself nie te duidelik in die spieël wil sien nie, gedagtes wil maal). Hierdie jaar het ek dit nie afgeskeer toe die lente kom nie.

Krisis in my lewe? Ja, so 'n konstante lae-graadse krisis: ek kry nie genoeg tyd nie. Ek wil werk aan 'n volgende boek, maar my stapel notas word net al hoe meer chaoties, ek kry nie kans om dit in my laptop in te tik en stadig te omvorm tot 'n manuskrip nie. Dis my werk as teks-skawer by 'n tydskrif wat so slurp aan my tyd. En naweke? Daar's noodgedwonge die pub lunch wat elke Saterdagoggend elfuur met 'n Bloody Mary afskop, en dan gewoonlik TV-sport (rugby, krieket, selfs sokker) in die kroeg wat die Saterdagmiddag in beslag neem. In die aand meestal 'n braai tuis in die agterplaas, en dan kom mens nie naby die laptop met jou vetterige vingers en dowwe kop nie.

Sondae? Ek nurse 'n babelasie en maak myself wys ek moet maar rus, een dag is in elk geval te kort om iets sinvols in te tik. En dan's dit weer Maandag en die werk se worsmasjien trek my in.

So, Vader Krismis, ek vra vir een of ander meevallertjie wat my in staat sal stel om vir ses of nege maande tuis te sit, werkloos, sodat ek aan die manuskrip kan werk. Ek wil tyd koop en dit dan benut, 'n lekker lang stuk ononderbroke tyd.

Aangesien ek nou aan die kla is: ek's deesdae (of deesnagte) steeds so slapeloos soos Andries Bezuidenhout. Daar's steeds 'n hond wat blaf, sonder rede en soms vir 'n halfuur aaneen, op in die straat waar ek woon. Ek weet jy's nie God nie, Kersvader, maar laat 'n klein vliegtuigie tog presies op daai erf val op Oukersaand!

Geskenke vir my vriende? Ek weet nie wat hulle nodig het nie; dit lyk of hulle alles het. Wolfman se ou kitaar is perfek soos dit is; Sarel Sambok het reeds soliede kristalglase vir die whisky op sy balkon; Koos Kombuis het reeds 'n goeie PC by die huis ... maar hy skryf nie meer geselsbriewe nie, hy't dalk net so min tyd soos ek. En my Hollandse vriend Bas lyk so tevrede en vervul met sy kaalgeskeerde kop en gesig en sy twee oorringe en vier tatoeëermerke en die Audioslave CD wat hy ophemel.

Geskenke vir my vyand? Tronkstraf vir die Nigeriër met die naam Freedom wat Kontrei oorleef het en steeds by my spook en soms aan my voordeur kom hamer en skree "Shoot me! I want to die for Lungi!" wanneer ek die .357 Magnum op hom rig. Laaskeer moes ek 'n skoot in die tuin skiet om hom te verjaag. Gaatjie in die groot bobbejaanpaal-kaktus wat groen sap lek.

Openbare figure? Daar is sprake dat Dr Nkosazana Dlamini Zuma, ons minister van buitelandse sake, deur President Mbeki met die hand geleer word om sy opvolger te wees. Vir haar, Vader Krismis, moet jy asseblief 'n elokusie-kursus stuur. Sy ken Engels reeds goed en kan haarself uitdruk, ja, en al is haar aksent effe kru, kan dit tog nie verhelp word nie (ons Boere praat ook nie mooi Engels nie). Dis net dat Zuma geleer moet word om die klem op die regte plekke te plaas, haar ritme laat veel te wense oor. Toe sy onlangs gevra is vir kommentaar oor Suid-Afrikaners wat sekuriteitswerk in Irak gaan verrig, en of ons regering nie 'n stokkie daarvoor behoort te steek nie, was haar antwoord: "No, this is a free cóúntry" in plaas van "No, this is a fréé country". Dis soos om kóntrei in plaas van kontréí te sê, nie aanvaarbaar nie. So, 'n elokusie-kursus vir Dr Nkosazana Dlamini Zuma, asseblief.

Maar bowenal tyd, tyd, tyd. 'n Tamaai tydoeëermerk. Dankie by voorbaat.

Kleinboer

 
LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.