Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie kêns KKNK gaan met kaartjieverkope uit sy nate bars!

Erns Grundling

Klik hier vir die program

Alle paaie lei blykbaar hierdie Paasnaweek na Oudtshoorn vir die 11de Klein Karoo Nasionale Kunstefees, wat blyk om met flink kaartjieverkope uit sy nate te bars.

Op 18 Februarie, die dag wat kaartjieverkope geopen het, het daar binne die eerste paar uur reeds meer as 1 miljoen rand se kaartjies landwyd by Computicket verkoop.

Einde verlede week het die totale aantal kaartjieverkope reeds op 86 123 gestaan, wat 52,2% van die mikpunt ten opsigte van Computicket-kaartjies is. Die mikpunt vir vanjaar se Computicket-kaartjies is 165 000 (saam met die informele verhoë: 200 000). Daar dui reeds ‘n styging van ongeveer 3,5% te wees met verlede jaar se kaartjieverkope op dieselfde tyd.

Die 10 produksies wat op hierdie stadium die meeste kaartjies verkoop het is:

Twaalfde nag
Sewe Wonders - 'n Afskop
Laurika en Amanda in Plakboek
Haaks
Sussie rafel nou uit
Goema
Faan se Trein
Dowwe Dolla: 'n plaasmeisie van Pniel
Wywe, weduwees en woede
Op die vrou af

Die 10 produksies wat in terme van die persentasie kaartjies verkoop die beste vaar is:

Dowwe Dolla: 'n plaasmeisie van Pniel
AKA Pelle: 'n Stemfonie
Juanita du Plessis
Haaks
Op die vrou af
Sussie rafel nou uit
DNA Strings
Magda mag ma menopause hê
Laurika en Amanda in Plakboek
Afrikiti

Volgens Jenny Fourie, finansiële bestuurder by die KKNK, word groot deurverkope as gevolg van die Paasnaweek verwag. “As die weervoorspellings reg is, gaan ons 'n droë week hê met fantastiese weer vir die opelugkonserte. Ons groot reën word glo eers vanaf Meimaand verwag,” het sy gesê.

Die amptelike KKNK 2005-feesgids is vir die eerste keer vanjaar saam met INSIG se Maart-uitgawe versprei.

Die Maart-uitgawe van INSIG het in sommige plekke, (veral Oudsthoorn) binne ure uitverkoop. "Ons moes behoorlik bontstaan om plekke so ver verwyder soos Klerksdorp, Bloemfontein, Nelspruit, Vereeniging en George van ekstra tydskrifte te voorsien," vertel Elmari Rautenbach, redakteur van INSIG. "Dit is gelukkig 'n baie lekker probleem om te hanteer! Die samewerking is duidelik voordelig vir beide partye en die kontrak is reeds vasgemaak met die KKNK-bestuur vir die volgende twee jaar," het sy gesê.

Die KKNK vind van 25 Maart tot 2 April plaas op Oudtshoorn. Bespreek by Computicket.



LitNet: 24 Maart 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.