Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

LitNet se Groot Kunstefeeste- en Teaterindaba!

SA 2014: Heupvuur vir Program 13

Erns Grundling

Frederik Van Zyl Slabbert (direkteur: IDASA, politieke analis en sakeman) en Bobby Godsell (uitvoerende hoof: AngloGold Ashanti) is twee van die gaste in eerskomende Sondag se SA 2014, wat om 20:00 op kykNET uitgesaai word. Die aanbieder van die program is JP Landman en die onderwerp van bespreking "Visie".

Frederik Van Zyl Slabbert Bobby Godsell

LitNet het hulle met drie vrae oor visie gepeper:

1. Kan mens van 'n gemeenskaplike visie vir Suid-Afrikaners praat sonder om te verval in veralgemenings en polities korrekte stellings? Hoe sal so 'n visie lyk?

VZS: Ons het beweeg van wetlik-voorgeskrewe identiteit na 'n debat oor 'n nuwe, verbeelde identiteit. Hierin word die debat in 'n mate gerig deur die waardes vervat in die Grondwet. Uiteraard kan mens maklik verval in polities korrekte gemeenplase, maar dit is besig om los te raak en heelwat nuwe insigte kom na vore. Stadig maar seker kom 'n nuwe, gedeelde visie oor die "nuwe Suid-Afrika" tot stand.

BG: Daar is wel voorbeelde van nasies wat dit reggekry het om uit groot rasse-, volks-, taal- en kulturele diversiteit 'n sterk gemeenskaplike identiteit te laat ontstaan. Die Verenigde State het dit byvoorbeeld reggekry. Suid-Afrikaners het minstens die volgende gemeen:

  • Ons is deel van Afrika en dit verheug ons.
  • Ons wil 'n "wen-nasie" word wat globaal mededingend is.
  • Ons is 'n veelrassige samelewing en wil so bly.
  • Uit bitter konflik het ons 'n vreedsame, demokratiese politiek laat ontstaan en ons wil dit verdedig en versterk.
  • Ons soek 'n moderne samelewing met dienste wat werk, 'n regering wat dien, 'n privaat sektor wat produkte en dienste van gehalte teen mededingende pryse lewer.
  • Ons is Afrikane, veelrassig, demokraties en globaal mededingend.

    2. Hoe het ons visie as 'n nasie oor die afgelope tien jaar verander?

    VZS: Ons het beweeg van 'n verpligte verskeidenheid na 'n vrywillige verskeidenheid. Uit die aard van die saak is daar nie dieselfde wetlike sekerheid oor wie iemand volgens die wet is nie. Die nuwe debat is baie meer vloeibaar en onbepaalbaar.

    BG: Ons het geleer dat die afskaffing van apartheid nie die einde van 'n reis is nie, maar eerder die begin van 'n heel ander reis is. Dit gaan oor die bou van 'n veelrassige, demokratiese samelewing en 'n ekonomie wat werk.

    3. Wat is jou persoonlike visie as Suid-Afrikaner vir die volgende 10 jaar?

    VZS: Ons gaan nog lank soek vir die wonderformule van eenheid in verskeidenheid. Mag hierdie debat nooit ophou nie.

    BG: Om 'n aktiewe burger te wees in 'n land wat die leidende rol gaan speel in die bloeityd van ons vasteland, Afrika.



    LitNet: 25 September 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.