Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

LitNet se Groot Kunstefeeste- en Teaterindaba!

SA 2014: Heupvuur vir Program 12

Erns Grundling

Martie Meiring (Joernalis, rubriekskrywer, feesdirekteur), Deon Opperman (bekroonde dramaturg en akteur) en Andries Oliphant (Voorsitter: Netwerk vir die Uitvoerende Kunste in Suid-Afrika) is dit gaste in eerskomende Sondag se SA 2014, wat om 20:00 op kykNET uitgesaai word. Die aanbieder van die program is JP Landman en die onderwerp van bespreking is Kuns.

LitNet het hulle met 'n handvol vrae oor die kunste gepeper:

Martie Meiring Deon Opperman Andries Oliphant

1. Het Suid-Afrikaners se belewenis van kuns en teater oor die afgelope 10 jaar verander?

MM: Ja. Die toetrede van die ander rassegroepe het 'n wyer publiek saamgebring. Die toename in kompetisies en goeie pryse het geweldig gehelp as aansporing. Die kunstefeeste het 'n groter bewuswording van die kunste meegebring.

Maar die vervlakking bly 'n probleem - of is dit self nie dalk 'n aansporing om die verskil te probeer tref en te handhaaf tussen werklike kuns en blote vermaaklikheid nie? Waar die vorige bedeling eintlik 'n soort nasionalistiese "kuns" aangemoedig het, veral in drama (ook deur die destydse owerheidsbegunstiging van die kunste in die wit-Afrikaner-hegemonie), kry ons vandag 'n nuwe "identiteit"-neiging wat broodnoodsaaklik is vir die kunste.

Eienaardig het die digters van die vorige bedeling (behalwe Watermeyer) nie in die nasionalistiese slaggat verval nie, maar in die afgelope tien jaar hoor ons minder van ons digters (is dit oor die uitgewers wat bang geraak het?). Wat verstommend is, is die groot opbloei in goeie musiek. Wat ewe verstommend is, is dat die konsertgehore nog nie werklik blootgestel word aan die uitstekende komponiste wat Suid-Afrika lewer nie. Hierdie genre is stellig die belangrikste bydrae tot goeie kuns in Suid-Afrika.

DO: Ja.

a) Baie meer demokraties. Tien jaar gelede was daar streeksrade, en het 'n klein groepie mense besluit wat met daardie massiewe teaters gebeur; kon ek byvoorbeeld nie die Staatsteater Opera maklik huur nie. Nou kan ek.

b) Tien jaar gelede was daar die Standard Bank National Arts Festival. Klaar. Nou's daar 'n hele fees "circuit".

c) Tien jaar gelede was daar ooglopende "issues" en was dit dus maklik vir kunstenaars om daaróór en daartéén te skryf en te skep. Nou is die "issues" meer subtiel, en word die kaf van die koring geskei.

d) Tien jaar gelede was dit maklik vir blanke kunstenaars om staatsondersteuning te kry, nou's dit moeilik, en moet kunstenaars soos entrepreneurs dink ... al wil hulle nie.

e) Tien jaar gelede was blankes meer ekonomies bevoorreg as nou, en dus het hulle meer rande gehad om op "self-actualisation" uit te gee. Nou moet kunstenaars slim woeker vir die verbruiker se rande.

AO: Voor 1994, eenvoudig gestel, was daar drie strominge: protes, staatsondersteunde en kommersiële vorms van die uitvoerende kunste. Met politieke en beleidsveranderinge het die eerste twee tradisies doodgeloop.

Die klem val nou op die kommersiële en op feeste, grootliks geborg deur die privaatsektor. Die werk is gemoeid met die effekte van sosiale veranderinge op individue en groepe terwyl verborge aspekte van die verlede oopgevlek word. Daar is ook 'n opbloei in neo-Afrika musiekteater en dans.

2. Watter temas behoort 'n jong dramaturg vandag aan te pak?

MM: Jong dramaturge, soos alle dramaturge, moet hul omgewings verken, en dit beteken nie die enge groep nie. Innovering is uiters belangrik in die siening van die "human condition".

Suid-Afrika het eintlik nog nie eers begin om sy eie problematiek en eienaardighede (sy andersheid van die res van die wêreld) te ontgin nie. Mense, dws gehore, raak móég vir geykte temas: ras, vigs, armoede, politiek - "moeg" omdat dit op 'n moeë manier aangebied word.

Maar SA is 'n laboratorium van verskille wat versoen, verdra of aanvaar moet word - en onder hierdie kombers moet die menslike toestand ondersoek word. Dit beteken nie dat joligheid, uit-die-wansheid, en blote uitgelatenheid nie ook ondersoek en aangebied word nie. Ons het juis 'n droewe tekort aan goeie satire, goeie komedie ook.

DO: Mens kan nie vir iemand voorsê waaroor hulle moet tob en peins nie. Maar my standpunt is, soos nog altyd, dat die dramaturg met temas moet werk wat vir hom/haar belangrik is, maar op so 'n manier verwerk dat dit relevant en toeganklik is vir 'n gehoor.

AO: Alles onder die son, die maan en in die donker. Dis ongerade om temas voor te skryf.

3. Wat behoort die regering se rol te wees by die bevordering van kuns en teater?

MM: Die regering moet eenvoudig die kunste op twee vlakke bevorder: (i) gee geld vir al drie regeringsvlakke en (ii) bring kuns terug in die onderwys in - en bly verder tjoepstil.

Staatsinmenging in die kunste kan fataal word. Ek beskou die afgelope tien jaar se afskeep van die kunste deur die owerheid as institusionele kriminaliteit. In sy wese word kreatiwiteit gestuit deur kunste-onderrig uit skole te geneem het; ook dat die twee befondsingkanale, die National Arts Council en die Lotery, so haglik onderpresteer in die uitvoering van pligte.

Daarom is die regering die kunste skatpligtig om ernstig te kyk na die begroting vir die kunste. Dr Pallo Jordan mag wel die messias vir die kunste wees, maar soos ek reeds voorheen gesê het, hy het nog nie op die water begin loop nie. Laat ons dan sien of hy wel kan.

DO: Om so ver as moontlik hulle hande daarvan af te hou. Eerstens vertrou ek regerings hoegenaamd nie, en as hulle inmeng (kyk maar na die huidige NAC of die ou streeksrade), is daar altyd ideologiese dryfvere wat indring. Ek glo ook glad nie in subsidies nie, aangesien dit die markbalans versteur, soos minimumlone die markbalans versteur en werkloosheid veroorsaak. Ek is 'n groot ondersteuner van Van Wyk Louw se "vrye bloedsomloop van idees", en net so glo ek sterk aan die vrye bloedsomloop van die ope mark ... hetsy die kunstemark of ander markte.

AO: Die regering moet 'n beleidsraamwerk skep waar beide professionalisering en gemeenskapsontwikkeling bevorder word. Fondse vir nuwe werk en eksperimentering is nodig.

4. Wat dink jy hou die toekoms in vir al die kunstefeeste wat deesdae regoor die land plaasvind?

MM: Dis 'n goeie ding. Nou moet kunstefeeste die bokke van die skape (die kaf van die koring?) skei. Die toekoms van enige fees hang af van sy wil om te oorleef, sy doelwit, sy bestuur van administrasie en sy toekomsgerigtheid.

Kunstefeeste sal die mark ondersoek en ontgin; sal oorleef of val op besigheidsgrondslag, of minagting van sy eie identiteitsvoorskrif, of deur blote gemaklikheid en gebrek aan kennis van die veranderende omgewing.

DO: Raait. Hierdie is 'n besigheidsvraag, en dus moet ek nou in Engels praat, want my besigheidswoordeskat is beter in Engels.

A simple Discounted Cash Flow model applied to any of the festivals will show that:

a) given the fact that festivals can at best grow revenues at the rate of inflation, and

b) their future free cash flows (if any) are being discounted at the cost of capital, which is generally higher than inflation, it follows that

c) their days are numbered.

Primary reasons for this inevitable death are that the festivals are time-bound, geographically limited and fixed in size - ie generate cash flows for a very limited period of each year, are geographically limited to say Grahamstown, Oudtshoorn or Potch, and reach market saturation very quickly in the towns/markets to which they are bound. Consequently they are unable to develop strategic growth plans to access new revenues and generate growth through the penetration of new markets, growth that will compensate for the impact of the evermore severe discount factor that erodes the present value of their future cash flows.

As a result, the festivals will come to rely more and more on bigger and bigger subsidies to compensate for the fact that their cash flows, while growing nominally, are in fact diminishing in real terms. Consequence: take a look at what happened to the Grahamstown Festival after Standard Bank withdrew its large sponsorship ... a frantic scurry to find new benefactors without which it cannot survive. While the rest of the business world is seeking global markets to support growth, the festivals are blissfully sitting on one small, shrinking, parochial, subsidised moleheap and wondering why, going forward, the view is not improving.

AO: Sommige feeste sal groei, sommige sal kwyn en dalk verdwyn: nuwes sal bykom. Die wat oorleef sal werk uit diverse, plaaslike en ander kulture aanbied.

5. Hoe sal kuns en teater in Suid-Afrika daar uitsien in die jaar 2014?

MM: Miskien nie veel anders as nou nie. Kuns ontwikkel op onstuitbare kreatiwiteit en sal altyd sy omgewing weerspieël.

Wat ek graag self sou wou sien, is dat 'n Suid-Afrikaanse eie-heid ontwikkel sonder dat dit ingeteeld of selfverheerlikend moet wees. Dat meer teaters toegerus word, dat kuns as gewone vak, en veral ook as terapeutiese vak, in skole ingesluit word, dat die verskillende rigtings in kuns in die volle omgang aangemoedig word.

Dat die regering die infrastruktuur lewer vir byvoorbeeld sirkusse, kunsontwikkelingskole, en veral wye toegang tot sulke plekke. Dat kreatiwiteit op die voorgrond geplaas word en meer gebruik maak van filosofiese, sosiologiese en ander kundigheid. En veral dat Suid-Afrika uitvoerprodukte lewer (wat ons werklik reeds in ons ernstiger musiek het).

Bowenal sou ek wou sien dat die waardering vir en van kuns nie beteken dat vermaaklikheid noodwendig kuns is nie. Teen 2014 het ons reeds sulke tegniese uitnemendheid en toertjies bereik, en het verhoë oor sulke ongelooflike toerusting beskik, dat enige skouspel moontlik sal wees.

Maar onthou net, Michel Jarre het lank gewerk aan sy tegniese wonders, en dit het nie oral ingeslaan nie. Uiteindelik, om Marcuse uit verband te ruk, is die boodskap alles.

DO: Sal die mensdom nog hier wees in 2014? Indien wel … solank daar mense op aarde is, sal daar kuns wees, want kuns word gebore uit die mens se poging om sin te maak van sy bestaan. En ons WIL daarvan sin maak, al kry ons dit nooit reg nie.

AO: 'n Groter hibridiese estetika met 'n ekologiese dimensie en 'n tegnologies inslag sal na vore tree. Satire, gemik teen publieke figure, sal ook gehore vind.

LitNet se Groot Kunstefeeste- en Teaterindaba!



LitNet: 17 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.