Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

LitNet se Groot Kunstefeeste- en Teaterindaba!

SA 2014: Heupvuur vir Program 11

Erns Grundling

Johann Rossouw (Redakteur: Die Vrye Afrikaan) en Denis Beckett (skrywer en televisie-aanbieder) is twee van die gaste wat deelgeneem het aan die afgelope Sondag se SA 2014 op kykNET. Die aanbieder van die program was Frederik Van Zyl Slabbert en die onderwerp van bespreking was Suid-Afrikanerskap.

LitNet het hulle met 'n handvol vrae oor Suid-Afrikanerskap gepeper:

Johann Rossouw Denis Beckett

1. Wat is die vernaamste agente vir herdefiniëring: die sogenaamde civil society, regeringspropaganda, kunstenaars, wêreldopinie - kortom, wie gaan "Suid-Afrika" skryf?

JR: Al hierdie rolspelers, hoewel die burgerlike samelewing die een is wat tans die meeste ontbreek en die nodigste is.

DB: Nee, daar is nie 'n agent nie, ook nie finally 'n definisie nie. Jy voel jou definisie, ek voel myne; joune is ietwat deur myne beïnvloed, myne deur joune. Geeneen van ons hoef noodwendig die vaagste benul te hê dat die proses eens aan die gang is nie.

2. As mens kyk na identiteit as 'n veelkantige begrip, wat is die vernaamste merkers van Suid-Afrikaanse identiteit: taal, kleur, 'n spesifieke verlede, 'n spesifieke hoop op die toekoms? Wat nog?

JR: Kleur al hoe minder, behalwe in soverre dit nog vanweë die verlede met kultuur of taal verbind word. Taal en klas is die twee belangrikste merkers, of liewers bepalers.

DB: As jy sê "Ek hoort hier, ek maak die mense myne", dan is jy 'n merker soos enigiemand anders; ek gee nie om of jy gister van die Shanghai-boot afgeklim het ie.

3. Koloniale moondhede het dikwels arbitrêr grense getrek en ons kontinent opgedeel in lande. Is dit nie erg naïef om van almal binne so 'n grens te verwag om 'n onderlinge identiteit te huldig nie?

JR: In 'n land soos Suid-Afrika, gegewe die feit dat 'n redelik sterk tegniese stelsel oor meer as 350 jaar opgerig is - wat bepalend is vir identiteit - is dit nie so vergesog nie, maar dan gegewe behoorlike sensitiwiteit vir die uiteenlopende identiteite wat daar wel bestaan. Pogings om 'n identiteit af te dwing sal nooit in hierdie land werk nie.

DB: Hoegenaamd nie. Kyk maar by 'n buitelandse lughawe waar een ou een kant wat 'n seskleur hoed dra sien 'n ander ou ander kant met 'n seskleur vlaggie.

4. Watter soort nasionalismes lewe in Suid-Afrika en is hulle gevaarlik?

JR: Die belangrikste is die Engelse Afronasionalisme van die huidige elite, en dit is beslis gevaarlik vanweë die betreklik onbeperkte mag wat dit via die staat en die korporasie uitoefen.

DB: Baie. Ek dink nie baie gevaarlik nie. Alle nasionalismes verminder tot die mate dat individue respek en security kry sonder armies. Oor die algemeen, met bumps en lumps, ry ons in die rigting van groter respek en security.

5. Waarom, binne die konteks van globalisering, is landspesifieke identiteit nog van belang?

JR: Globalisering is nie maar net 'n amorfe proses nie - daar is altyd een of ander identiteit wat die botoon voer, en tans is dit dié van Amerikaanse imperiale verbruikerskap. Die afgelope 200 jaar val identiteit saam met land, en dit gaan nie oornag verander nie. Uiteindelik sal gemeenskappe binne lande sterker word, en dit is die voorwaarde vir 'n gesonde globalisering.

DB: Wel, in die Olympics skreeu jy nie juis vir die Ozzies nie. Wat jy wel doen, is skreeu al hoe meer vir die Zims of Mozambicans. Grense word nou dof, in twee sinne. Ons progress van "South Africans" na "Africans", hoofsaaklik om die basiese rede dat ons nie welvaart in ons eie land gaan skep as die bure die muur altyd aanval nie.

6. Hoe gaan "ons" lyk in die jaar 2014?

JR: Baie soos nou, behalwe dat ons baie kwater gaan wees as die huidige elitiste se neokoloniale miskenning van taal- en klasdiversiteit in die naam van Afrika en demokrasie voortgaan soos tans.

DB: Nee, orraait. Kan beter wees of slegter, afhangende van of ons goeie discussions nou hou wat tot goeie beleide lei, veral ten opsigte van vandag se groot foute: (1) transformation, (2) anti-job fallacies, (3) total myopia re the effective role of a wealthy distinct minority binne 'n see van armoede.



LitNet: 17 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.