Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SA 2014: Heupvuur vir Program 1

Erns Grundling

Die gesoute joernalis Martie Meiring en die redakteur van Rapport, Tim du Plessis, is twee van die ateljeegaste in Sondag 4 Julie se eerste aflewering van SA 2014. LitNet wou weet hoe hulle die demokrasie ervaar.

Tim
du Plessis
Martie Meiring

1. In watter opsigte het Suid-Afrika se demokrasie jou verbaas of verras?

Martie Meiring:

Ek was verbaas oor die onderhandelaars se vlak van sofistikasie in 1994; verras deur die vinnige en volhoubare ekonomiese vooruitgang; verras deur die geweldige talent wat skielik uit die voorheen benadeelde gemeenskappe gekom het. Dit is verskriklik om te dink dat hierdie talent nooit onder apartheid benut kon word nie.

Tim du Plessis:

Dalk was die grootste verrassing die gemak waarmee die land se gewone mense hulle deel gemaak het van die demokrasie. Dit geld dié wat voorheen uitgesluit was, wat hul nuutgevonde mag maklik kon misbruik vir wraak en toe-eiening, maar ook dié Suid-Afrikaners wat deel was van die beperkte demokrasie van voorheen, wat op hulle beurt dadelik die legitimiteit van die nuwe bedeling aanvaar het.

2. Hoe het die oorgang tot Suid-Afrika se demokrasie jou persoonlik geraak?

Martie Meiring:

Verligting dat statutêre diskriminasie verby is. Minder skaam voor my swart vriende oor my bevoorregting en hulle verontregting.

Tim du Plessis:

Dit was in elke opsig bevrydend. My verlede as ’n Afrikaanse joernalis is geliasseer onder “Afgehandel” omdat ek glo ek dit op die regte tyd en die regte plek in die oë gekyk het. Dis lekker om ’n demokraat te wees in ’n demokrasie wat groei en verdiep.

3. Wat maak jou bekommerd as jy aan Suid-Afrika dink?

Martie Meiring:

Vigs en hoe dit vroue tref: sterftes, verswakking ens. Ek is ook bekommerd oor Zimbabwe en Suid-Afrika se onmag om werklik op te tree. Korrupsie, misdaad, gebrekkige polisiediens en die feit dat daar nie genoeg status aan onderwys en gesondheidwerkers is nie.

Tim du Plessis:

Ons maak kwalik ’n duik op armoede. Ons onderwysstelsel is onvoldoende en die regering besef nie hoe ernstig die probleem is nie. Die verswakking van die instellings wat ’n ordelike staat en ’n lewenskragtige burgerlike samelewing daarstel.

4. Wat maak jou gelukkig as jy aan Suid-Afrika dink?

Martie Meiring:

Dat rasse vryelik kan verkeer, maar ek is besorg oor die gaping tussen toenemende armoede teenoor toenemende rykdom.

Tim du Plessis:

Welwillendheid op straatvlak wat hardnekkig weier om te wyk voor die politici se iesegrimmigheid. Hope gesonde verstand by Suid-Afrikaners op alle vlakke van die samelewing.

5. Hoe dink jy gaan Afrikaanssprekendes se posisie in die volgende tien jaar verander?

Martie Meiring:

Te oordeel aan die energie wat in Afrikaanse letterkunde ontketen is, die toetrede (en in baie gevalle leiding) van die bruin gemeenskap tot die “taalfamilie” en die groei in kunstefeeste asook die toename in Afrikaanse drama-letterkunde (vgl Baxter en Artscape se nuwe beleid om Afrikaanse stukke aan te bied, en hulle doen goed!) lyk dit vir my Afrikaans gaan goed op dreef bly. Hopelik sal Afrikaanssprekendes toenemend betrokke raak by die veeltalige verskynsel en daardeur ook Afrikaans verryk (neologismes, leenwoorde, uitdrukkings ens). Die toename in Afrikaanse titels in die tydskrifmark is ’n goeie rigtinggewer dat Afrikaans wel sy lesers nie net behou nie, maar ook nuwes bykry. Afrikaans kan ’n leidende rol speel in die ontwikkeling van die ander landstale tot ’n letterkunde en selfs ’n verslagtaal, deur voorbeeld van sy eie ontwikkeling..

Tim du Plessis:

Ons getalle gaan daal. As onttrekking en apatie voortduur, gaan ons invloed verder afneem. Gelukkig is daar ’n nuwe geslag Afrikaanssprekendes wat deurkom wat ’n totaal nuwe karakter en inhoud aan die taalgemeenskap gaan gee.

6. Watter rol kan die televisieprogram SA: 2014 speel om ’n toekomsvisie te bevorder?

Martie Meiring:

Die Sol Plaatje Akademie ondersoek juis die knelpunte, voordele, moontlikhede en gevaartekens op verskeie gebiede. Die TV-program gaan insig kry oor die bydraes van ’n aantal kenners en kundiges oor ’n breë spektrum: ekonomie, ook die twee ekonomieë, menslike kapitaal, armoede: oorsaak en gevolge; kuns en kultuur: invloede, beïnvloeding en die rol van kreatiwiteit; Suid-Afrika se rol in Afrika en Afrika se rol in Suid-Afrika; die kwessie van die afname in bronne: minerale en veral natuurlike bronne soos water; politieke ontwikkeling: demokrasie en hantering van liberale en sosial(istiese)e impak daarop.

Tim du Plessis:

Fokus gee. Help om ’n paar fundamentele kwessies te identifiseer wat ons moet uitsorteer as ons wil vorentoe gaan. Stereotipiese denke op hul kop omkeer. Mense aan die dink sit.



LitNet: 2 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.